{ARGIEF}

2. CLUSTERBYEENKOMS 6 JUNIE 2009 BY VGK HEATHERDALE

Carel van der Merwe berig dat die Vrystaat Cluster op 6 Junie bymekaar gekom het en dat:
1) Veral genoeg tyd gebruik is om die mense geestelik te versterk en vir die Wandel in die Woord.
2) Die gemeentes is kans gegee om agterstallige werk in te haal en daarvan verslag te lewer en op datum te kom vir die Clusterbyeenkoms van 5 September 2009 te Pellissier.
3) Tweeling-gemeentes het die geleentheid gekry om met mekaar te praat
4) Nuwe materiaal is bekend gestel
5) Ander reëlings is getref.

Dit was baie aangenaam en die gemeentes het veral die gasvryheid en omgewing van die VGK Heatherdale ervaar

3. EERSTE CLUSTERBYEENKOMS VAN GAUTENG CLUSTER 3

vir web 01Gideon Kok berig dat die nuwe Cluster 3 in die Gauteng Area van Vrydag 05 Junie tot Saterdag 06 Junie 2009 vir die eerste maal byeengekom het in die skitterende fasiliteite van NG Kempton Hoogland.

vir web 02Die drie fasiliteerders, het om die beurt opgetree oor die tydperk.  Hy sê dat hulle het as aanbieders het die beskikbaarstelling van die lesingmateriaal baie positief ervaar. Die feit dat die gemeentes dit ook nou ter hande het, is net so positief. Verder was dit in die algemeen beskou ‘n baie aangename en leersame byeenkoms. Almal wat betrokke was is vol moed en baie positief huis toe na die byeenkoms.

Hoekom? Wel miskien is dit die feit dat die kwessie van gestuurdheid nou al so lank in die Sinodale streek en omgewing verkondig en gedryf word dat die gemeentes met ’n baie positiewe verwagting opgedaag en deelgeneem het aan die verrigtinge. Ons was veral beïndruk met die VGK Ennerdale se insette. Onder leiding van ds. Wessie Wessels is daardie gemeente gereed vir groot dinge. Maar dit geld ook vir elke ander gemeente wat deelgeneem
het aan die byeenkoms.
vir web 03Ons sien baie uit daarna om die reis verder te stap saam met NG Kempton Hoogland, NG Kinross, NG Brackendal, die VGK Ennerdale, en NG Deo Gloria.

vir web 04Die twee gemeentes NG Randburg en die NH Kerk Brackenhurst sal waarskynlik ook voor of op die tweede byeenkoms deel word van die reis. Van die gemeentes wat aanvanklik aangedui het dat hulle wel gaan inskakel is dit net die VGK Reigerpark en die NG Kerk Edleen wat nou definitief besluit het om weens bepaalde gemeentelike redes, nie nou in te skakel by die reis nie.

Van die opmerkings wat tydens die byeenkoms gemaak was, is die volgende:

Wat is julle verwagtinge vir die reis?
• Enerdale – wil na een jaar hê dat 50% van die lidmate gestuurdes sal  wees
• Brackendal – een hart om een ding te doen om ’n verskil te maak – Die Here wil gee en ons moet dit uitleef.vir web 05
• Kempton Hoogland – Sterker fokus op gestuurdheid – vir al die bedieninge
• Kinross – almal een in Jesus – ’n leefwyse
• Deo Gloria – Ons het mekaar nou lank genoeg warm gebroei

Wat dink julle na vandag is die boodskap van die Here vir ons as Cluster?
“Die Here sê vir ons: gaan!”

 

———————————–
Stuur asseblief hierdie nuus aan na soveel moontlik belangstellendes.

Frederick Marais
jfm@sun.ac.za
SAVGG Projekleier
Communitas Stellenbosch (0)21 808 3265 of 0833801657