{ARGIEF}

Van die reaksies het so gelui:

  • “Dit gaan ‘n impak hê op alles in jou lewe.  Fokus hierop en los eers ander goed waarmee jy besig is.  Dit is hoe belangrik dié reis is.”
  • “By ons groep het daar ‘n soort heilige ontevredenheid oor onbenutte ontmoetings op die voorgrond begin tree.”
  • “Ek het nog nooit só oor mense gedink wat oor my pad kom nie.  Elke kontak raak nou betekenisvol!”

Produkinligting:

Naam: “Die vrou by die put.  Stap saam met Jesus oor grense”

Die verhaal van Jesus en die Samaritaanse vrou in Johannes 4 word benut om oor die beweging oor grense in mense se lewe te besin.

2 Boeke: leiersgids en deelnemersgids

Dit bestaan uit ‘n leiersgids vir groepleiers, asook ‘n deelnemersgids vir groeplede.

6 sessies (6 weke)

Die program strek oor 6 sessies. Daar word van verhale gebruik gemaak, ook uit die groeplede se alledaagse lewe, om baie prakties te besin oor ons begrensdheid. ‘n Nuwe waardering vir God se werking deur ander mense wat jou pad daagliks kruis, word gekweek.

Luisterplan vir gemeentes (2010)

‘n Handleiding vir gemeentes gemik op die beweging oor grense verskyn in November. Die plan sluit  in:

  • 6 sessies met “Die vrou by die put” in bestaande kleingroepe of wyke.
    • Ons stel voor dat u begin met die reeks sessies die eerste week van die 2de kwartaal.
  • Pinksterrreeks vir 2010 oor ‘n beweging oor grense wat volg op die ses weke.
    • Ons stel die reeks preke vroeg in 2010 elektronies beskikbaar aan almal. Daar is nie volgende jaar ‘n ander “amptelike” reeks nie.
  • 6 sessies in Koninkrykstyd.
    • Nuwe, meer diverse,  kleingroepe word saamgestel. Hulle doen weer die 6 sessies van “Die vrou by die put.” Nuwe verhale word dan vertel.
  • Ander luisterprodukte (soos “luister in vergaderings”) word ook ingespan.

Opleiding:

 

Die Seisoen van Luister taakspanlid reël in jou sinode opleiding in die eerste kwartaal van 2010.

Word met nuwe oorgawe deel van die beweging van die evangelie na ander. Daar lê ‘n opwindende tyd voor van groei en nuwe lewe.