{ARGIEF}

Kom ons help verander die wêreld

“Ons het baie stories van hoop gehoor… Ek het hier ‘n eenheid in Christus ervaar… Dit was ons 4de Winterskool – ek het hierdie jaar meer energie ervaar, meer passie en meer hoop as ooit tevore. Júlle het my geïnspireer, my hoop gegee vir hierdie land. Glo jy dat jy, en jou gemeente en gemeenskap, draers van hoop kan wees? Ek glo dit!” So het dr Danie O’Kennedy gesê in sy samevattende opmerkings aan die einde van die Winterskool.
Hy het verder opgemerk dat hy verskeie aanbieders hoor praat het van “post-apartheid South Africa” en dat hy hoop dat ons in die toekoms ‘n Winterskool gaan hê waar ons die woorde “post-corruption South Africa, post-violent South Africa, post-racism South Africa, post-poverty South Africa” sal kan gebruik. “Ek en jy is die kerk, en God kán die kerk gebruik as getroue dissipels én verantwoordelike landsburgers; om agente van verandering te wees in hierdie pragtige land.”
Om die verskillende aanbieders se aanbiedings te lees en af te laai, kliek gerus op die titels wat in die volgende weke hier onder gelaai sal word soos die kantoor dit ontvang.
Prof Pityana: CHANGING THE WORLD: FAITHFUL DISCIPLESHIP AND RESPONSIBLE CITIZENSHIP
CW Burger: To change the world – what the churches can do. A conversation with James Davison Hunter_4June2015
Anita Cloete_Theological vision of Youth and Youth ministry
Prof E Mouton_Handout
Prof E Mouton_Eph 5 Household code_FIN
Stan du Plessis_Challenging inequalities in South Africa_Winter school 2015
J Punt_Faithful Discipleship_Responsible Citizenship_Bible_Jun2015_F
Prof  Louis Jonker se aanbieding is in PPT-formaat, en is ‘n groot lêer (30MB) weens foto’s en ‘n geanimeerde kaart wat daarin ingebed is. Hy het dit egter op Dropbox gelaai, en jy kan dit aflaai by hierdie skakel: https://dl.dropboxusercontent.com/u/91954418/Responsible%20citizenship%20and%20faithful%20discipleship%20in%20OT.pptx
Hier is ook die samevatting aan die einde van die 3 dae, soos gesien deur Dr Danie O’Kennedy: IMPRESSIONS OF WINTER SCHOOL 2015