{ARGIEF}

Gedurende die oggend van dag 3 van die Winterskool het die fokus geval op die kwessie van ‘verander die Wêreld’. Kan die kerk ‘n rol hierin speel? En hoe kan ons dan hierdie rol defineer?
Dr Coenie Burger was die hoofspreker van hierdie oggend. Hy het verduidelik dat die tema vir hierdie jaar se Winterskool, nl. Om die Wêreld te verander (“Changing the world”) afkomstig is van ‘n boek wat geskryf is deur James Davison Hunter.  Hierdie boek is in 2014  in ‘n kleiner groep bespreek, en daar is gevoel dat die vraagstukke wat hier na vore kom op ‘n baie breër front bespreek moet word. Dr Burger het in sy toespraak aan die hand van Hunter se verrassende ontleding van die situasie in die VSA gaan kyk hoe dit van toepassing gemaak kan word op die kerke van SA.
Die hele toespraak, asook die van die meeste ander sprekers, sal later op hierdie webblad verskyn – hou die spasie dop!

20150604_113251 20150604_113808

20150604_121613 20150604_121944

20150604_114030