Nuwe plugins

Written by Chris van Wyk on . Posted in Webtuiste kursus, WordPress

Webtuistes kan nooit staties bly nie.  Naas die skep van nuwe inhoud, is eksperimentering met plugins ‘n uitstekende “tweede beste” manier om die funksionaliteit van jou webtuiste te verhoog.  Wees voorbereid vir ‘n langerige proses, veral om die beste te kies uit die verskeidenheid opsies beskikbaar.
Hier is 10 van die nuwe plugins waarmee ek gewerk het vandag:
Google XML Sitemaps Die plugin skep ‘n XML file wat deur soekenjins gebruik word om jou webtuiste te indekseer.
Page in Widget Gebruik om ‘n hele bladsy in ‘n widget te wys.
Recent Posts with Excerpts Hiermee kan jy jou nuutste bydraes wys met ‘n kort uittreksel.
Related posts Werk met tags en wys verwante bydraes net op dié bladsye waar daar sulke bydraes is.
User Switching Gebruik om kommentaar in e-posse aan jou, namens die gebruiker op die webtuiste te plaas.
Visitor Maps and Who’s Online Besoekerskaart met verskeie funksies om gebruikerspatrone te volg.
Wizzart – Recent Comments Hiermee kan jy die  nuutste kommentaar wys met ‘n kort uittreksel.
WordPress Firewall 2 Monitor verkeer na die webtuiste toe om ongemagtigde pogings tot toegang te identifiseer en die meeste daarvan te stop.
WordPress SEO by Yoast Die beste SEO by WordPress.
WP Forum Server ‘n Plugin om ‘n forum op jou webtuiste te begin.


Kyk gerus ook na die volledige lys van  plugins wat ek gebruik.

Stellenbosch kursus

Written by Chris van Wyk on . Posted in Webtuiste kursus

Die aantal gemeentes wat Communitas se aanbod gebruik om hulle eie webtuistes te huisves, groei steeds. Hier is die skakels na die nuutste toevoegings na die onlangse VBO kursus in Interaktiewe Webtuistes wat in Stellenbosch gehou is:

Ek is tans besig om die volgende aanbieding(s) te beplan en wil graag die belangstelling toets.  Skryf aan Divine om jou naam op ‘n waglys te plaas vir die volgende kursus (waarskynlik April in Stellenbosch).  Sinodes is ook welkom om vir my te kontak vir kursusse op ander plekke in die land.

Benewens ‘n hele paar opmerkings wat gaan help om die kursus beter te maak, is hier ‘n paar van die waarderende opmerkings:

  • “Interessant en baie stimulerend.”
  • “Wonderlike aanbieder.”
  • “Opgewonde oor nuwe moontlikhede.”
  • “Gee vir my die vermoë om beter te kommunikeer.”
  • “Ek voel bemagtig met nuwe tools vir gemeentewerk.”
  • “Die moontlikhede vir ’n ons webtuiste is uitgelig en ek is opgewonde om te begin werk!”
  • “Ons het ’n website!  Dis goed om te weet ons kan nou die basiese dinge doen,  Nou vir verder leer!!”
  • “Besef hoe kragtig die program kan wees.  Maak my opgewonde oor die ontwikkeling van ons webblad.”
  • “Het beslis meer vaardighede aangeleer.”
  • “Dit het my ontsettend baie gehelp.  Ek het absoluut niks van webtuistes en die ontwikkeling daarvan geweet nie en voel nou positief en sal met selfvertroue soekend op WordPress speel om ons webtuiste interessant en so bruikbaar as moontlik te maak.”
  • “Baie dankie, die kursus is baie goed aangebied en jou geduld en sensitiwiteit om ons te help is gr8.”
  • “Ongelooflik baie beteken.  Net te veel om op te noem.  WordPress is net ongelooflik kragtig teenoor by Joomla!  ’n Nuwe wêreld in webontwikkeling het oopgegaan.”
  • “Op geestelike vlak is dit net weereens wonderlik om God se teenwoordigheid te ervaar.  Jou fasilitering is puik.”
  • “Voorafopgestelde webtuiste is fantasties.”
  • “Baie goed dat elke gebruiker sy webtuiste kan aanpas soos die kursus vorder.”
  • “Wye veld van inligting op goeie manier deurgegee.”
  • “Maak nuwe deure oop vir kommunikasie.”
  • “Dankie vir jou geduld, helder verstand, en uitsonderlike vermoëns.”
  • “Baie opgewonde oor moontlikhede vir die toekomstige ontwikkeling van ons webwerf.”
  • “Ek voel bemagtig.  Ek is opgewonde oor die potensiaal wat dit inhou.”
  • “Dit is een van die mees sinvolle toerusting sessies wat ek al bygewoon het.”
  • “Hier gaan ’n wêreld oop.”
  • “Dit is ’n MOET vir elke gemeente in die eeu waarin ons leef.”

Vinnig en liggewig

Doelmatige ontwerp wat maklik administreer en opdateer.

Mobiele opsie ingesluit

Spesiaal ontwerp vir selfone met Retina ondersteuning.

Nuutste web tegnologie

Volledig gebou in HTML5, CSS3, PHP 5.2+ en jQuery.

Wegspring installasie

Hierdie installasie word verder ontwikkel in die kursus.