{ARGIEF}

 Doop en Bediening

Ontvang wat vir julle gegee is

 Doop
Het jy vrae rondom die doop?
Ons fokus so dikwels op die verskille tussen kerke oor hierdie saak – maar wat het die verskillende kerke in gemeen rondom die doop?
Kom luister na Coenie Burger en Andries Cilliers wanneer hulle op 5-7 Augustus by Helderberg Gemeente (Somerset-Wes) ‘n kursus oor die doop aanbied: Doop en Bediening: Ontvang wat vir julle gegee is.

Hierdie kursus is bedoel as ʼn opvolg van die Doopkursus wat drie jaar gelede aangebied is. In die vorige kursus is heelwat aandag gegee aan die vrae en probleme rondom die Doop, maar nou gaan die klem eerder val op wat die kerke in gemeen het en hoe ons aan die Doop die regmatige plek wat dit verdien in ons bediening kan gee.
Die hoog-gewaardeerde ekumeniese studie Baptism, Eucahrist and Ministry word as uitgangspunt gebruik, en die fokus gaan val op die vyf betekenisse van die Doop waaroor hulle ekumeniese konsensus by ʼn groot klomp kerke kon kry.
Waar die vorige kursus meer op dogmatiek gefokus het, gaan hierdie een meer aandag gee aan praktiese sake soos geloofsformasie, liturgie en bediening.
Daar sal byvoorbeeld spesifieke aandag gegee word aan:

  • Die bybels-teologiese vrae oor die doop.
  • Die BEM-studie en die bevindings van die studie.
  • Hoe ons aan die Doop ʼn regmatige plek in ons gemeentes en bedienings kan gee.
  • Spesifieke praktiese programme (bv. ʼn 40-dae-kursus) en liturgiese riglyne.

Ons is ook baie opgewonde om te kan bevestig dat hulle boek oor die Doop

 Ontvang wat vir jou gegee is  

  – Hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef

by die kursus beskikbaar sal wees – vars uit die oond!
… So ook die 40 dae-program met dieselfde titel …
… ASOOK die Bybelstudiegids hiervan!

 OntvangWat_Gegee_Is#24FC78F

Daar is nog plek beskikbaar as jy wil inskryf vir hierdie lekker praktiese en baie sinvolle kursus – kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: VBO 20 Doop en bediening
Die sperdatum is Donderdag 31 Julie – maak gou,  as jy sloer gaan jy dalk nie plek kry nie …