{ARGIEF}

alt

Hettie \brittz

Die vroue van Durbanville-Bergsig het vanaf ons laaste terugvoer met so ‘n passie aan die koninkryk van God help bou – dis ‘n voorreg om dit met ons Interaksie Vriendinne te deel.

Boerekosaand

Ons jaarlikse Boerekos aand is laasjaar aangevul met ‘n ontspanne, propvol Vroue-kuieraand op 19 September.  Die aand het afgeskop met ‘n pragvertoning deur Annique, ‘n Afrikaanse sangeres van Bellville, gevolg deur ‘n roerende getuienis van Adri, Annique se Mamma, rondom die pad wat sy met kanker stap.  Daarna het “Get Organised” se Kirstie Sprowson aan die woord gekom met nuttige “tips” vir effektiewe tydsbestuur en hoe om jou huis (en kinderkamers!) te organiseer – voorwaar ‘n openbaring vir menige vrou!  Die aand is afgesluit deur ons eie Catherine Dreyer wat op haar treffende wyse ons inspireer het om as vrou jouself na waarde te skat, want vir God is jy kosbaar:  Psalm 139: 14  “ …U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep”.

alt

Vis op die kole


Ons Vrouekamp was 12-14 April 2013 by Melkbosstrand en Lizette du Piesanie het met ons die tema “My identiteit in God” behandel.  Ons was ongeveer 70 vroue wat die naweek bygewoon het.  Die Here het met elkeen ‘n afspraak gehad.  Sommige van ons het Vrydag by die kamp aangekom met die gevoel van “wat maak ek nou eintlik hier?”; sommige was vasgevang en toegespin met seer en probleme; sommige het net gehoorsaam opgetree omdat ons Here hulle by die kamp wou hê.  Die hoogtepunt van die naweek was Saterdag-aand toe ons almal met ‘n laken wat oor ‘n mooi stel klere gedrapeer was, by die saal moes opdaag en waar ons tydens ‘n seremonie ons “ou klere” moes afgooi en ons “nuwe identiteit in God” simbolies moes aantrek.  Die Gees van God het ons almal se harte daardie aand kom vol maak en ons het besef, ons is soos vlinders!  Ons het uit ‘n kokon gebreek en ons het ‘n nuwe lewe en toekoms in God!  Sondag-oggend was ‘n getuienis-geleentheid en ons het daarna saam Nagmaal gebruik!   Baie van ons kan getuig dat daar ‘n warmte en liefde tussen ons vroue ontstaan het wat ons steeds ervaar wanneer ons mekaar sien en wat ons wil uitdra na ander daarbuite.   Na die naweek het elkeen van ons geweet – God het met elkeen van ons ‘n afspraak gehad!
Met groot verwagting het baie vroue uitgesien na Hettie Brittz se koms na Durbanville-Bergsig. Sy het die Vreesloos Vry seminaar vir ongeveer 450 vroue aangebied op 3-4 Mei 2013. Enige vrou wat wou, kon dit bywoon en saam het ‘n groepie gebid dat die vroue wat kom, daar moes wees en sou wegstap met net die regte woorde wat hulle nodig gehad het.

Alida Vorster (Kommunikasiebeampte Durbanville-Bergsig) het met Hettie Brittz gesels en ‘n kort opsommende artikel oor Hettie se gesprek deel ons graag:

® Vryheid is waarvoor Jesus so duur betaal het. Hy het met bloed betaal vir die vryheid van sonde.

® Hy het met spoeg en skande betaal vir vryheid van skaamte. Hy het met intense lyding betaal vir vryheid van seer en Hy was die enigste een wat kon uitroep, “My God, My God, waarom het U my verlaat?”  Sodat dit nie meer moontlik is vir jou en my om ooit alleen te ly nie.

® Ons vrede en vreugde is aan hierdie vryheid vas.  Ons vrede en ons vreugde is nie aan omstandighede vas nie en daarom kan ons bly,  vry en heel wees ongeag  wat met ons gebeur.

® Al doen die wêreld die ergste denkbare dinge aan ons, is ons weggesteek in Christus.  Hy hou ons gees en ons siel veilig in Sy hand.  Al waaraan die vyand kan vat is ons “lyf” – die tentjie wat Paulus sê opgevou gaan word sodat ons eendag by Jesus kan gaan woon.

® Wanneer ons ophou baklei vir ons goedjies en alles wat tydelik is (selfs ons lyf en ons kinders) dan is ons waarlik vreesloos vry. (Hettie Brittz)