{ARGIEF}

VBO 6 Om opnuut “Ja” te sê vir ons roeping en werk: Helende gesprekke oor die bediening
20-22 Aug, Hartenbos                            
Aanbieder: Coenie Burger

Die doel van dié kursus is om predikante te help om doelgerig verantwoordelikheid te neem vir hul persoonlike groei in die uitleef van hul roeping in die bediening, deur geleentheid te skep vir selfontdekking en groter selfbewussyn.

  • In hierdie kursus kry elke kursusganger geleentheid om bewustelik met sy of haar persoonlike en unieke roepingsverhaal te werk en moontlik tot nuwe selfverstaan of insig te kom. Die kursus is nie ingestel op nuwe inligting of kennis wat oorgedra of aangeleer moet word nie, maar eerder bedoel om reflekterend om te gaan met die individu se persoonlike roeping – God wat ons geroep het, na wie ons geroep is en waarom ons geroep is en waartoe ons geroep is.
  • Daar sal geleentheid wees om te vertel wat in jou lewe tot dusver gebeur het en hoe jy dink om jou lewe en roeping vorentoe uit te leef. Die gesprekke wil geleenthede skep waar elke deelnemer nie net kan reflekteer oor sy of haar roeping nie, maar ook kan nadink oor die volgende vyf tot tien jaar in die uitleef van sy/haar roeping.
Teen die einde van hierdie gesprek behoort elke gespreksdeelnemer:

  • Sy of haar eie roepingsverhaal opnuut te vier;
  • ’n nuwe waardering vir jou eie roeping te beleef;
  • nuut te dink oor Wie jou geroep het en waarom;
  • met nuwe motivering terug te gaan na die mense en gemeente na wie jy geroep is;
  • groter duidelikheid te hê oor hoe Communitas en Ekklesia se kursusse jou kan help om te groei in die uitleef van jou roeping;
  • deel te voel van ’n groep leiers wat dieselfde uitdagings beleef.
  • opnuut bewus te wees van wie jy is as geestelike leier en waarom jy op die spesifieke plek in jou lewe is en om
  • na te dink oor wat jou verhinder om jou roeping optimaal uit te leef.
Boeke aanbeveel

The sense of the call – Marva Dawn
Christ plays in Ten Thousand Places – Eugene Petersen
 

Om in te skryf:
INSKRYWINGSVORM Suid-Kaap