{ARGIEF}

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

Die bedoeling met die gevorderde sertifikaat in Bedieningsvernuwing is om aan leraars wat behoefte daaraan het, ʼn meer inklusiewe en omvattende reeks kursusse aan te bied wat hulle op ʼn veel breër front gaan heroriënteer t.o.v. van die bedieningseise vandag.

Hierdie sertifikaat sal ʼn gesamentlike poging van al drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) wees.
Die kursus bestaan uit nege samehangende blokke wat oor ʼn periode van drie jaar gedoen word – drie blokke per jaar – en wat deelnemers op die belangrikste fasette van die bediening heroriënteer.  Die gedagte is dat daar reeds volgende jaar met die eerste drie blokke begin word.

Die drie blokke vir die komende jaar is:

  Gevorderde Sertifikaat: Jaar 1  
25-27 Maart Kursus 1: Om die tye en geleenthede te verstaan Coenie Burger e.a.
20-22 Mei Kursus 2:  Gemeentelike Ekklesiologie Frederick Marais &, Ian Nell
26-28 Aug  Kursus 3:  Triniteit, Missio Dei en die Plot van die Evangelie Coenie en Marius Nel

Van die temas wat in volgende jare aan die orde gaan kom, is:

  • Spiritualiteit, roeping en bedieningsenergie
  • Leierskap en Bediening (innovasie)
  • Prediking en Liturgie
  • Lering, spiritualiteit en Formasie (Paideia en dissipelskap)
  • Koinonia (Jeug en Familie)
  • Nuwe bedienings? (Fresh Expressions)

Daar kan so ongeveer 20-25 persone per jaar geakkommodeer word, en daarom moet persone wat hiervoor wil inskryf so gou moontlik met die VBO-kantoor kontak maak.
Daar sal binne die volgende maande meer besonderhede beskikbaar gemaak word.