{ARGIEF}

Almal van ons kom op ‘n stadium in jou lewe wanneer jy moet dink aan aftrede, maar ‘n groot aantal mense begin beplan nie vroegtydig daarvoor nie.

Johannes Jordaan is ‘n voormalige finansiёle- en lewenstyl-adviseur, en tans ‘n skrywer wat ‘n boek geskryf het getiteld “Prima Tyd: Geniet jou lewe na 50”.

In sy eie woorde: Dit verskaf praktiese riglyne oor hoe om jou leefstyl in te rig om ‘n gelukkige en vervulde lewe te geniet en jou uiteindelike aftrede vir jou Prima Tyd sal wees (en nie ‘n “wagkamer vir die dood”), soos sommige mense dit ervaar nie.
In hierdie boek skryf hy oor verskeie dinge waaraan aandag gegee moet word voor jou aftrede sowel as in jou aftree-jare, en hoe om te sorg dat jy ‘n kwaliteit-lewe in hierdie lewensfase kan hê. Hy skryf dat die doel van hierdie publikasie hoofsaaklik is om lesers tussen die jare 50 en 60, maar ook jonger mense, te help om voluit te leef in hul Prima Tyd-jare. Juis daarom beveel hy ook aan dat jy hierdie boek eintlik reeds vóór jou Prima jare moet lees, sodat jy vroeg reeds kan begin beplan en dit voorbereid kan binnegaan.
Prima Tyd is ‘n nuttige handleiding met waardevolle inligting en wenke oor finansiële- en nie-finansiёle aspekte, wat jou op reis neem deur 10 hoofstukke (INHOUDSOPGAWE) en jou help kyk na ALLES wat mens moet weet om ‘n gelukkige en vervulde lewe tot in jou oudag te geniet. Van jou belangrikste basiese behoeftes vir ’n gelukkige lewe, die beplanning  van jou begroting, tot die benutting van jou tyd tydens jou aftreejare word besin. Dit begelei jou ook om te kyk na sake soos jou gesondheid, jou geestesgesondheid, jou veiligheid en sekuriteit – selfs ook na hoe om ’n geskikte woonplek te kies – en ten slotte na die beplanning van jou boedel en testament.
Hy doen dit met humor en illustrasies – werklik ‘n boek wat oud én jonk kan geniet en benut.
Om Dr Pieter van Niekerk, teoloog, skrywer en vryskutresensent, se resensie van Prima Tyd in die Kerkbode te lees – kliek hier: KERKBODE RESENSIE Prima Tyd boek 27-5-2015

Hiermee ‘n afslag-aanbod op ‘n besonder nuttige, gebruikers-vriendelike en maklik leesbare boek (ongeveer 150 pp) oor ‘n onderwerp wat vir een en almal op ‘n besondere wyse kan help.Onderstaande 30% AFSLAG-AANBOD is geldig tot einde Oktober 2016:

Prima Tyd Johannes behartig self die verspreiding as skrywer.
Die afslag-prys is R100 per eksemplaar (i.p.v. die kleinhandelprys van R150 per eksemplaar).
Bestel 5 of meer boeke teen R90 per eksemplaar of
10 of meer teen R80 elk (bv vir gemeentelede wat saam bestel en/of geskenke vir familie of vriende).
Prime Time

Die boek is ook in Engels beskikbaar as PRIME TIME – Enjoy you life after 50. Skryf gerus aan Johannes vir meer inligting, of kliek hier om ‘n bestelvorm af te laai: BESTELVORM