{ARGIEF}

Ons is so opgewonde oor die eerste kwartaal!! Die Nuwe Testament ontmoetings het tot heerlike byeenkomste gelei. Ons was ook baie opgewonde om te hoor hoe verskillende skole en kerke die Kix-materiaal gebruik. Enigiemand is welkom om ‘n Kix-groep by ‘n nasorg, gemeenskapsaal of kerk te begin. Die volledige inligting oor hoe om dit te doen en hoe die materiaal werk is ook aanlyn beskikbaar.
Hierdie jaar se projek, “Kix Koester Kinders”, fokus op die ondersteuning van voorskoolse kinders plaaslik asook die werk wat in Malawi in kleuterskole gedoen word. Ons is so opgewonde oor die terugvoer wat ons reeds ontvang van Kix-groepe wat geld insamel – die Kix-kinders is vol entoesiasme om die skryfbehoefte “mini’s” bymekaar te maak!
Kontak gerus die Jeugkantoor vir enige navrae.
e-pos: jeug@sun.ac.za
telefoon: 021 808 9050
[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2017-2de-kwartaal”]