{ARGIEF}

Padkaart na kategese  vir die volgende generasie!

 

Die geloofsvorming raamwerk, die nuutste navorsing en kontekstuele nadenke bied ‘n padkaart om kategese te herontwerp vir die volgende generasie!
Hierdie kursus word aangebied deur die Taakspan vir Jeug en Familie Bediening olv Anriëtte de Ridder 
en vind plaas op 30-31 Januarie by Communitas, Stellenbosch.

Tydens die kursus gaan julle kyk na die teologiese raamwerk vir geloofsvorming en hoe kategese steeds ʼn belangrike deel daarvan vorm.
Ons gaan ook saam dink oor hoe kategese in ʼn nuwe konteks en generasie ʼn nuwe vorm aanneem – die nuutste navorsing gee vir ons perspektief oor hoe ons vars uitdrukking aan antieke beginsels kan gee.
Verskillende kontekstuele benaderings (byvoorbeeld stad, platteland, klein, medium en makro gemeentes) sal ook aandag geniet.

Die Kategese taakspan van die Algemene Sinode se boekie “Geloofsvorming herontwerp” beskryf 12 bakens vir geloofsvorming wat as subtemas vir die gesprekke sal dien. Daar sal ook deurgaans saam gesoek word na “best practices” wat jou gemeente kan help om effektiewe geloofsvorming te fasiliteer.

Julle gaan dus saam na die volgende aspekte kyk:

  • Teologiese grondbeginsels en Bybelse perspektief vir geloofsvorming
  • Die uitdagings vir kategese en geloofsvorming vandag
  • Leidrade wat die nuutste navorsing vir ons gee
  • Kategese as deel van ʼn groter jeugbediening-strategie
  • Kontekstuele toepassing
  • Nadenke oor belydenisaflegging
  • Die proses van dissipelskap en mentorskap
  • Kategese materiaal keuse
  • Ouers se betrokkenheid en rol
Om in te skryf:
Vul die inskrywingsvorm in wat jy hier kan kry: VBO1- Kategese vir die Volgende Generasie
en epos dit dan na Wilma
Doen dit asb vóór 24 Januarie!!