{ARGIEF}


Verskeie kerkgenootskappe doen ‘n beroep op alle landsburgers om Woensdag 14 Februarie 2018 ‘n dag van verootmoediging te maak. Hierdie oproep geniet reeds die steun van die moderature van die NG Kerk in Wes-Kaapland, die VGK Kaapland, die NG Kerk in Oos-Kaapland, die Congregational Kerk, die Presbiteriaanse Kerk en die Evangelical Lutheran Church of Southern Africa (ELCSA).

14 Februarie is Aswoensdag, die begin van die lydenstyd in die kerkjaar.
“Ons bede is dat in die lig van die droogte die hele lydenstyd vir die kerk van Christus ‘n tyd van verootmoediging en gebed sal wees.

Ons versoek gemeentes om op 14 Februarie vanaf 12:00 hulle kerkklokke vir ‘n tyd te lui om sodoende almal in ons gemeenskappe op te roep tot gebed en verootmoediging.
Ons versoek ook gemeentes om deur die loop van hierdie dag in elke gemeenskap ‘n spesiale gebedsbyeenkoms te hou.”

Nelis Janse van Rensburg se skrywe is hier

(Met erkenning aan Vrydagnuus 1/2/2018)