{ARGIEF}

LIDMAATPREDIKER

SERTIFIKAATKURSUS

Die Lidmaatpredikerkursus lei mense wat geen teologiese opleiding ontvang het nie, op om in hulle gemeentes hulle predikante by te staan en aan te vul in prediking.
Die kursus verskaf basiese opleiding in:

  • • Die aard en wese van prediking in ‘n gemeentekonteks (Ekklesiologie)
  • • Die vermoë om Bybeltekste uit te lê met die oog op prediking (Hermeneutiek)
  • • Die aanleer van ‘n kommunikasiemodel vir prediking (Homiletiek)

Duur van die Kursus
Die kursus strek tans oor ‘n tydperk van ses maande en bestaan uit die volgende komponente:

  • • Kontaksessie 1 (Ekklesiologie en Hermeneutiek)
  • • Kontaksessie 2 (Homiletiek)
  • • Werkopdrag 1 (Hermeneutiek) – drie maande na die eerste Kontaksessie
  • • Werkopdrag 2 (Preekraamwerk) – drie maande na die tweede kontaksessie
  • • Werkopdrag 3 (Proefpreekverslag) – na afloop van die proefpreek in ‘n gemeente

Na afloop van die kursus word ‘n Sertifikaat van Voltooiing uitgereik wat verklaar dat die kursus suksesvol deurloop is.
Mentorskap
Elke student se tuisgemeente se predikant tree op as mentor. Studente mag egter ook ‘n ander predikant versoek om as mentor op te tree. Studente moet by inskrywing reeds ‘n verhouding met die mentorpredikant hê, want hierdie persoon gaan die student begelei tydens die aanleer van hermeneutiese vaardighede, asook die lewer van die proefpreek.
Elke student word geleer dat hulle ‘n bepaalde (enkel)-bedieningsfunksie in hulle gemeentes verrig, naamlik prediking. Dit is dus nie ‘n onafhanklike bediening nie, maar geskied op uitnodiging en onder toesig van die gemeentepredikant.
Die mentorpredikant evalueer die proefpreek se gehalte saam met ‘n luistergroep wat evaluasievorms invul en gee aan ons verslag oor die student se vermoë tot kommunikasie, eksegese, ens.
Die program behels 2 kontaksessies:
Kontaksessie 1 – 16 tot 17 Februarie 2018 by die NG Kerk, Brackenfell-Wes  (Janiestr 4, Brackenfell).
Vrydagaand 16:00 tot 21:00 en Saterdag 09:00 tot 17:00
‘n Middagete word voorsien.
Kontaksessie 2 – Die datum vir die tweede sessie word by die eerste kontaksessie bepaal, en vind op ‘n Saterdag plaas van 09:00 tot 17:00;
‘n Middagete word ook voorsien.

Om in te skryf, of vir navrae en meer inligting oor die inrigting van die kursus, kontak gerus die kursusleier :
Dr Guillaume Smit – ghsmit@telkomsa.net (Selno: 083 306 1561)