{ARGIEF}

ʼn Eties Relasionele benadering  (kontekstueel) 

as gerigtheid in huweliks-, gesins- en verhoudingpastoraat

Die mens voor jou… terminaal; sterwend;  dwelmafhanklik; ontrou; vrolik; bedrywig… het ʼn konteks. Hy/sy is die kind van ʼn ma en ʼn pa en hulle van ʼn ma en ʼn pa. Binne hierdie netwerk van verhoudinge word boodskappe aangegee soos ʼn aflosstokkie wat generasies lank kan duur en mense beïnvloed. Hoe daarmee gemaak?
Kom ontdek saam ʼn openbarende aanpak in die pastoraat aan mense… enkel of in verhoudinge

Hierdie kursus is geskoei op die werk van die Hongaarse psigiater Ivan Boszormenyi-Nagy en deelnemers word begelei in die verstaan van die ‘grootboek’ van krediete en debiete en die fyn spel in die dampkring van lojaliteit tussen gee en neem van mekaar. Dit het ten doel die bewusmaking dat elke mens nie uit die lug val nie maar deel is van ʼn netwerk van relasies deur generasies heen in die verlede maar ook generasies wat kom.

Hierdie sertifikaatkursus wat plaasvind as drie modules van 3 dae elk, word aangebied vir

  • leraars maar ook
  • lidmate met ʼn belangstelling in die pastoraat of
  • dienswerkers betrokke met pastoraat in gemeentes

Dit is nie net ʼn inleidende kursus in hierdie benadering nie, maar ook ʼn inoefening deur gesprekke en gevallestudies wat deelnemers in staat stel om dit in hul pastorale bediening te benut. Begrippe soos lojaliteit, gesplete lojaliteit, vertroue, betroubaarheid, dialoog, erkenning, skuld, rolerende rekening, eksonorasie en meersydige partydigheid kom in spel. Terwyl ons egter ook in Afrika is met haar filosofie ‘ek is mens deur ander’ kom begrippe soos verbondenheid (connectedness en inter-connectedness) asook gasvryheid en sorgdra ook in spel.
Uitkomste van die kursus:

    • ʼn verstaan van ‘konteks’ as familie en gemeenskapsnet
    • wat lojaliteit beteken en die dinamika en invloed daarvan in verhoudinge
    • insig te hê in die dialogiese perspektief in verhoudinge
    • om te onderskei tussen ‘etiek’ as eksistensieel en nie as moraliteit nie
    • om ʼn destruktiewe nalatenskap om te draai tot konstruktiewe nalatenskap
  • om hierdie benadering te ontdek as hoop- en hulpvol in die pastoraat
  • ʼn vaardigheid om met hierdie benadering om te gaan in die pastoraat.
Om in te skryf, kliek hier om ‘n registrasievorm af te laai: VBO3 Kontekstuele Sertifikaat
en epos dit na Wilma