{ARGIEF}

swellendamdeur Carin Brink
Op Dinsdagaande verruil sowat vier-en-twintig Swellendammers hul kosbare 7de Laan vir stilword om die Bybel. Hulle is nie meer vandag se kinders nie – die bene raak stadiger as die breinvermoë, en die gemoed moet beskerm word teen die bombardering van slegte nuus en negatiewe gedagtes wat met onnodige kommer hul goue jare kan vertroebel.
Soos ‘n groot familie sit hulle om saamgepakte tafels, soos Jesus en sy dissipels by die Avondmaal. In hierdie tyd word skatte met insig ontdek en vrae wat pla, bespreek.
Hulle mag dalk soms as “oumense” beskou word wat niks te doen het nie, maar by hierdie byeenkomste kom drink hulle saam van die lewende, verfrissende water wat Hy uit sy Woord laat vloei.
Of hul nou sestig of neëntig is, hierdie afspraak mis niemand nie!
Kontak Andries Truter by 028 514 1818 of apiegee@telkomsa.net