{ARGIEF}

 

NUWE GROEI EN VRUG

‘n VBO-kursus

 MPA
Die Moreletapark Assosiasie (mpa) bied reeds die afgelope 3 jaar ‘n program van ondersteuning aan om leraars toe te rus om nuwe groei en vrug in hulle persoonlike lewe en in hulle gemeentes te vind.  Deur hierdie leiersbyeenkomste het hulle gesien hoe gemeentes verander nadat leraars se diepste behoeftes vervul is en harte opnuut aan die brand geraak het  met ʼn nuwe passie en ʼn visie van wat God wil doen in elke gemeente.
Daarom bied Communitas nou hierdie program aan as ‘n VBO-kursus wat plaasvind op 13-15 Mei.
Wat is die inhoud van hierdie ondersteuningsprogram?
Dit wil leraars help om ʼn breë perspektief te kry van die behoeftes wat daar in die kerk en in hule eie binneste bestaan. Onderwerpe soos “Die Woestynpad” en “Vergifnis en Vryspraak” wil leiers help om vry te kom van bagasie en nuwe vreugde en innerlike vrede te vind.
ʼn Tema soos “Leierskap” wil leraars help om meer effektief leiding te neem en ʼn groter verskil in mense se lewens te maak.  Praktiese sake soos “ ʼn Gebalanseerde lewe” wil die werk van predikant-wees ʼn lekkerder ervaring maak.
Miskien is die bespreking oor “Die werk en toerusting van die Heilige Gees” die belangrikste onderwerp wat leraars help verstaan wat dit beteken om onder die beheer van die Heilige Gees te lewe. So kan jy met groter krag en invloed jou bediening  doen.
Hoekom die kursus bywoon?
Die kursus is gerig op die praktyk en wil leraars bemoedig en met nuwe entoesiasme en visie toerus om God se wil vir hulle gemeentes beter te laat realiseer.
Uiteindelik is ons gebed dat elke leraar ʼn nuwe ontmoeting met die Here sal ervaar wat verseker nuwe blydskap, groei en vrug gaan bring.

Boeke
Die volgende twee boeke sal as basis vir die kursus dien:

  1. Wanneer die Heilige Gees Werk. Dirkie van der Spuy. Struik 2012
  2. Leierskap sonder grense. Dirkie van der Spuy. Struik. 2010
Om in te skryf, kliek hier:  VBO 16 Nuwe groei en vrug
Vir meer inligting oor plek en tye, kontak vir Wilma