{ARGIEF}

Geloofsreis vir Predikante  Sentrum vir Geloofsvorming
Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping.
Die Geloofsvormingsreis of beter bekend: Geloofsreis vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Dis ‘n reis wat tans strek oor vier jaar met 2 retraits elke jaar.
Die doel van hierdie Geloofsreis is om deelnemers te help om

  • Eerstehands met Jesus te leer lewe (Dissipelskap)
  • Hulself te leer ken (want Almost all problems in the spiritual life stem from a lack of self-knowledge -St Teresa of Avila)
  • Innerlik verander te word (Geloofsvoming)
  • meer vry en heel, meer mens en meer diensbaar te word
Die eerste retrait van die reeks is nou op hande:
Emosioneel gesonde spiritualiteit (19–22 Mei 2014)
Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis.
In hierdie retraite ontdek ons eers ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazzero. En dan, in hierdie tyd van afsondering en selfondersoek, word ons begelei om weer emosioneel heel te raak.
Twee werkboeke Ons het ons misgis met Jesus en Jesus maak ons heel word gebruik – jy kan dit saambring, of op die retraite aankoop teen R50 elk.
Begeleiers: Gys van Schoor saam met Albertus Louw en Andri Eloff
Plek: Wortelgat
Vir meer inligting, kontak Wilma