{ARGIEF}

 

Teologie op die snypunt:


Huldigingskonferensie ter viering van

John de Gruchy se 75ste verjaarsdag

 John-de-Gruchy

‘n Konferensie, “Teologie op die snykant”, ter ere van die bekende Suid-Afrikaanse teoloog John de Gruchy, sal van 3 tot 5 September 2014 aangebied word deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.

John de Gruchy is Emeritus Professor van Christelike Studies aan die Universiteit van Kaapstad en Buitengewone Professor by die Fakulteit Teologie van die US.  Hy is die outeur van  14 boeke en redakteur van baie meer. Hy het reeds  vele toekennings vir sy werk ontvang.


Die konferensie sal handel oor prominente temas in die werk van John de Gruchy.
Verskeie vooraanstaande internasionale en nasionale sprekers het reeds hul deelname bevestig. Hulle sluit in: Wolfgang Huber, Serene Jones, Graham Ward, Frank Burch Brown, Denise Ackermann, Jim Cochrane, Iain McGilchrist, Wentzel van Huyssteen, Allan Boesak, Barney Pityana, Karin Sporre, Martin Prozesky, Larry Rasmussen, Clifford Green, Keith Clements, en Nico Koopman.
Die keuse van die tema van die konferensie “Teologie op die snykant” word só verduidelik:
The theme of the conference, “Theology on the edge”,was chosen in light of a tension in doing theology. We reflect on Scripture but always in changing contexts and in response to new issues that challenge Christian faith and witness. In this way theology engages reality in transforming ways on the edge of the unfolding future as we enter unfamiliar territory. Therefore, to honour a theological legacy, is not to repeat what has already been said in the same way, but to make it possible for a new generation to do theology with integrity, passion and relevance. What is important is not simply the testimony of past years from which we may learn and which we may honour, but the testimony of today. This is lived theology, theology on the edge.

Om die program te sien, kliek hier: PrelimProgram
Vir die registrasievorm, kliek hier: RegistrationForm
LW: Die sluitingsdatum vir registrasie is 15 Augustus 2014.

Die konferensie is geakkrediteer vir 20 VBO punte

Registrasiefooi: R300 vol bywoning;R150 VGK en NGK predikante  van die Kaap/Wes-Kaap Sinode en emeriti (word gesubsidieer deur Communitas)
Studente: gratis (registrasie noodsaaklik)
Dagfooi: R100

Vir verdere inligting, besoek die konferensie webblad by http://theologyontheedge.weebly.com of kontak:
Helette van der Westhuizen, 021 808 9560, e-pos hvdwest@sun.ac.za
Robert Vosloo, 021 808 3256, e-pos rrvosloo@sun.ac.za