{ARGIEF}

Aanhalings

As ek nie ten minste twee ure per dag tyd met God deurbring nie, loop ek gevaar om `n leë simbool te word. – Emeritus Aartsbiskop Desmund Tutu

Slim-wees is ingewikkeld. Wysheid is soms veel eenvoudiger as wat ons dink. Dit is `n newe-produk van absolute gehoorsaamheid aan God.

Our Lord finds our desires not too strong, but too weak. We are half-hearted creatures, fooling about with drink and sex and ambition, when infinite joy is offered to us, like an ignorant child who wants to go on making mud pies in the slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased. CS Lewis

Jy probeer nie `n vallende mes vang nie. Jy wag tot hy klaar geval het en tel dit dan op.

Ons hoor baie klanke. Onder andere geraas en Goddelike seine. Die kritiese vraag vir ons in die dae is om tussen die geraas en die seine te onderskei.

Die lewe is baie keer soos ‘n deurmekaar kantoor wat baie dringende sake moet hanteer.  Wanneer nuwe krisisse opduik, beland dit gewoon bo-op die goed wat alreeds in die in-mandjie lê en dringende aandag vra. Daardie goed verdwyn dan van die onmiddellike agenda, terwyl die pyn en krisis nie minder is nie. Mag ek twee voorbeelde noem – daar is natuurlik veel meer – van kwessies wat verswelg word deur die nuusgebeure van die dag. Dit is die situasie in Zimbabwe en geweld teen vroue.