Ek deel graag hierdie verse –

wil tog nie
hiermee spog nie,
want dié
stuk terapie

is net maar aangesteekte kerse.

Communitas gee met Skryfsels ‘n plek vir mense om hulle woorde vir die lewe met ons te deel.  Dit kan in die vorm van stories, gedigte en prente wees: “aangesteekte kerse” wat ‘n stuk terapie vir die binneste sal wees.

Christo van Heerden en Jannie Hougaard het reeds van hulle skryfsels vir ons gestuur.  En ons het anonieme bydraes van Jan van Alleman.  Maar ons nooi enigiemand uit om skryfsels met ons te deel.

Webmeester