Algemene Sinode 2013
Die 15de Algemene Sinode van die NG Kerk vind vanjaar plaas in Port Elizabeth.
Die Oos-Kaapse sinode is die gasheer-sinode en die Veremarksaal in die middestad is ingerig vir hierdie geleentheid.
Ben du Toit skryf: “Van Sondagaand af, met die indrukwekkende openingseremonie, is ons meegesleur deur die musiekbegeleidingspan, waarvan die massiewe orrel (aanspraak word gemaak as die grootste losstaande pyporrel in die land) ’n prominente deel vorm. Vanoggend het die sinode ook op ’n aangrypende wyse die voorreg gehad om met hierdie begeleiding die Onse Vader te sing.”
Maandag is gewy aan ’n waarderende gesprek van die NG Kerk, en dan het die verkiesing van die moderatuur plaasgevind.
As assessor is verkies: Braam Hanekom
As aktuarius is verkies: Johann Ernst
Gisteraand (Maandagaand) het verhelderingsgesprekke plaasgevind, en vanoggend is gewy aan ‘n bespreking en voorstelle oor die Belydenis van Belhar.
![]() |
![]() |
![]() |
Die Veremarksaal en orrel | Gesprek oor Belhar | Dagopening Maandag 7 Oktober |
Gaan kyk ook op die NG Kerk se amptelike Algemene Sinodesitting webblad www.as2013.co.za.
Trackback from your site.