Author Archive

Woord en fees – Advent 2019 tot Koninkrykstyd 2020

Written by webmeester on . Posted in Leesrooster

Woord en fees is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C.

Die liturgiese voorstelle gee riglyne wat die gebruiker sal help om weeklikse eredienste makliker voor te berei. Woord en fees sluit aan by die seisoene van die kerkjaar. Vir elke seisoen is daar ʼn basisliturgie wat as raamwerk vir die hele seisoen dien.

Agter in die boek is daar liturgieë vir spesiale geleenthede, soos die doop, die nagmaal, begrafnisse en dankoffertyd.

Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Leesrooster vir lidmate.
Bestel by Bybel-Media.

Laai hier die lys met fokustekste af: Fokustekste – 2019-2020 – Jaar A

NUUS UIT DIE JEUGKANTOOR – 4de kwartaal 2019

Written by webmeester on . Posted in Jeug en familie, KIX-KOM

KIX materiaal in kwartaaltemas en jaarreekse binnekort beskikbaar!

Stel jou eie kurrikulum saam en laat jou KIX bediening groei.

Kixpirasie, projeklesse en spesiale dae soos Paasfees en Lentedag, Moeders- en Vadersdag sal elke jaar steeds nuut geskryf word.

Hou die webblad dop vir meer besonderhede. Materiaal (Afrikaans sowel as Engels) sal gratis afgelaai kan word of (baie bekostigbaar) in boekvorm bestel kan word.

Hier is die materiaal vir die vierde kwartaal.

Vierde kwartaal

Download English material