{ARGIEF}

admin

Waardes: Meditasie 3

Om te mens, skryf my oudkollega Danie Schreuder, is om die wêreld waar jy leef, ‘n beter, mensliker plek te maak vir ander. Hoe mens jy? M.a.w. op watter manier is jy besig om die wêreld ‘n beter, leefbaarder, mensliker plek te maak vir ander? Die waardes van omgee,...

read more

Waardes in families: Meditasie 2

In ons saamdink oor waardes die week gaan dit vanaand oor families as die primere plek waar waardes gevestig word.  Een van die belangrikste funksies van ‘n gesin is om karakter te bou en waardes te vestig in kinders en dit word al hoe moeiliker, want vir die eerste...

read more

Ander feeste wat Christene kan vier? Feeste 3

In die eerste van die reeks artikels het ek oor die Joodse feeste geskryf.  Uit die tweede artikel het geblyk dat die enigste fees wat Christene werklik behoort te vier die Opstandingfees is.  Dit is die Sondag.  In hierdie artikel behandel ek die vraag – watter ander feeste kan ʼn Christen met vrymoedigheid vier?

1 Feeste:
Feeste is eie aan die mens.  Van die vroegste tye word feeste gevier.  Primitiewe volkere het gewoonlik feeste gevier met die oorgangstye van die lewe.  Daar is 4 stadiums of hekke waardeur die mens moes gaan nl. geboorte, puberteit, huwelik en dood.  Tydens die vier gebeurtenisse is daar fees gevier.  So was daar ook feeste wat gekoppel was aan die seisoene van die jaar.

In die Ou Testament het die Here ook vir Israel (Lev. 23) sekere feeste laat vier.  Hulle het die feeste gevier om aan God eer te bring, dankbaarheid te betoon en sy troue sorg te vier.  Al kom Paulus en stel die mens vry van enige Joodse feeste, beteken dit nie dat die mense nie enige feeste kan vier nie.  Ons het reeds in die vorige artikel van die Opstandingsfees (Sondag) gepraat as die grootste fees vir Christene.  A C Barnard noem dat selfs Christene uit die Jodedom die behoefte gehad het om Joodse feeste te vier.  Dit is vanselfsprekend dat nie-Joodse -Christene ook ʼn behoefte sou hê om fees te vier.  HDA du Toit is van mening dat vroeë Christene ʼn behoefte aan eie feeste gehad het omdat dit aan hulle “ʼn steunpunt vir godsdienstige en sosiale lewe” gebied het.

read more

Waardes: Meditasie 1

Omdat ons die week in meditasie gaan fokus op waardes wil ek u graag die verhaal van ‘n seun vertel. Kom ons noem hom Jan en kom ons sê Jan is gebore op ‘n groterige dorp in Suid Afrika met ‘n ma ’ n pa en ‘n ouer broer en suster.  Jan was ‘n gelukkige, gesonde kind...

read more

Maandelikse Fokus: Huweliksbevestiging

Huweliksbevestiging  Psalm 121 ‘n Mens kan miskien daaroor glimlag dat spesifiek hierdie psalm by ‘n huweliksbevestiging gelees word. Asof hierdie twee wat vandag trou baie benoud is oor wat voorlê! Dit is natuurlik nie die rede nie. Eerder die feit dat dit ‘n...

read more

Verder Geluister: Johannes 18:33-37

Sondag 22 November 2009: Johannes 18:33-37 Christus die Koning Hierdie teksgedeelte se fokus op die koninkryk en die aankondiging van Christus se koningskap, sluit aan by die Christus die Koning Sondag - die laaste Sondag van die kerklike jaar voor die begin van...

read more

Mej

Stuur asb vir my meer inligting oor die eerstejaarskamp so gou as moontlik. Datums, plek en tye asook koste daaraan verbonde. By voorbaat dankie, Eleonore.

read more