Author Archive

Die pad van Dissipelskap

Written by webmeester on . Posted in Vennote

Ekerk bied in Mei 2014 ‘n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is ” Die pad van Dissipelskap   en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.
 learningcommunity2
Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.

Meer oor die webinaar:

Tema : Die pad van dissipelskap

Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes.

  • Wat is dissipelskap?
  • Moet elke gelowige nie ‘n dissipel wees nie?
  • Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?
  • Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?
  • Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?
  • Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?
  • Moet ‘n dissipel ‘n buitengewone gelowige wees?

Waar: Webinaar

Wanneer en sprekers:

  • 22 Mei 2014: Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oor waar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.
  • 29 Mei 2014: Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.
  • 5 Junie 2014: Stephan Joubet waar hy gesels oor  ‘n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.

Tyd: 10:30 – 12:00.

Koste: Gratis.

Die voorgeskrewe boek vir die webinaar:

Registreer deur die volgende link te volg: http://form.jotformpro.com/form/41283252802953

 

Gevorm deur die kruis – vir Pinkster 2014 of Preekreeks

Written by webmeester on . Posted in Preekstudies

gevormdeurdiekruisOm gelowiges te help om te skuif van lidmate na dissipels het leraars en gemeentes hulpmiddels nodig.   Die nuwe boek, Gevorm deur die kruis, is geskryf vir dié doel deur Chris van Wyk, Frederick Marais en Nico Simpson.  Die boek is gerig op kleingroepe en word nou met tien preekriglyne beskikbaar gestel vir Pinkster 2014 of ’n Preekreeks in die tweede helfte van 2014.

VBO-geleentheid

Die sinodale kantoor van die NGK in Oos-Kaapland reël ’n VBO gespreksgeleentheidGevorm deur die kruis – van lidmate na dissipels gelei deur Chris van Wyk.  Dit word gehou die 22ste Mei van 08:30 – 13:00 by Bybelhuis in Port Elizabeth.  By dié geleentheid sal gefokus word op die teorie van geloofsvorming agter die boek en die wyse waarop die boek en preke gebruik kan word om die gemeente in die beoefening van geloofsgewoontes te begelei.

Pinksterreeks: Noodkrete om ‘n Menslike Lewe

Written by webmeester on . Posted in Preekstudies

Die Pinksterreeks van die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis (VDDG) vir 2014 deur prof Nico Koopman, dekaan van die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie is beskikbaar by Bybel-Media.

Klik hier: http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/noodkrete-vir-menswaardigheid/.

This 2014 Pentecost series is also available in English.

Please click here: http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/cries-for-a-humane-life/.

Lees eboeke – ePub en mobi (Kindle) – op jou PC!

Written by webmeester on . Posted in Communitas-e, Eboeke

Jy hoef nie ‘n eleser soos ‘n Kindle of ‘n tablet (Android of iOS) te hê om eboeke te lees nie.  Eboeke kan net so goed op ‘n PC óf ‘n Mac rekenaar gelees word.  
  • Vir ePub eboeke:  Laai Adobe Digital Editions af en installeer dit op jou PC.  Koop(laai) die ePub eboek (af) by communitas.co.za (of waar ook al) en klik daarop om dit in die Adobe Digital Editions leser op jou rekenaar te lees.
  • Vir mobi (Kindle) eboeke: Dieselfde geld die mobi (Kindle) eboeke.  Daarvoor het jy die Kindle toep (dit is die Afrikaans vir app!) nodig op jou PC.  Installeer dit op jou PC, koop/kry die mobi (Kindle) eboek by communitas.co.za of ‘n plek soos Amazon.com se Kindle winkel, en lees dit in die Kindle toep op jou rekenaar.

Dit is so maklik soos val uit ‘n boom … by wyse van spreke!  En jy spaar bome ook in die proses!

Hier is ons lys van beskikbare ePub en mobi boeke:

  1. Ontvang wat vir jou gegee is
  2. OOM BEY PAPER FOR REFORMED AND JUSTICE PUBLICATION
  3. Push through the Pain
  4. Seisoene van die Siel
  5. Jesaja – Lees, luister, leef
  6. Johannes – Les, luister, leef
  7. Hooglied – Lees, luister, leef
  8. Spreuke – Lees, luister, leef
  9. Prediker – Lees, luister, leef
  10. Predikant Uitgebrand
  11. Daaglikse gebedsritmes vir die week
  12. Die krisis van VGK predikante
  13. The crisis of URCSA ministers

April riglyne vir huiskerk en selgroepbyeenkomste

Written by webmeester on . Posted in Kleingroepe

met die fokustekste van die Leesrooster vir Lidmate as basis

Groot Lydensweek

13 April

Matt.26:14-27:46

Inleiding

In die Groot Lydensweek kan die groep bymekaarkom en die aanloop en kruisiging van Jesus saam herdenk. Die fokusteks kan die groep help om die laaste van Jesus se lydensweg met Hom saam te loop. Ek sou aan die hand doen dat die enigste lig, ’n kers in elke groeplid se hand is. Deel die Skrifgedeeltes so in, dat elkeen ’n kans kry om ’n gedeelte te lees en na die lesing sy of haar kers dood te blaas. Die groep kan begin met ’n agape-maal (liefdesmaal) van brood en druiwesap, maar onthou dat ons die diepte van die oomblik wil beleef. Dit moet ook “in alle eenvoud” geskied. Ek gee ’n uiteensetting daarvan in hierdie riglyn.

Jeugkantoor vierde kwartaal 2014

Written by webmeester on . Posted in Jeug en familie

Wil julle mooi stories hoor? Ek het sommer ‘n paar om te vertel.

Op ‘n besoek aan een van die gemeentes in ons platteland meer as 400km van die Kaap af, vertel ’n vrou die volgende:

Sy het die tennisspannetjie van haar laerskool vergesel na hulle wegwedstryd op ’n buurdorp. (LW meer as 100km verder.) Toe die opponente op die baan stap, merk die twee spelertjies mekaar se tekkies op… nie oor die duur handelsmerke nie, maar oor die veters. Beide het helder neon  veters in groen, geel en oranje aangehad. Beide het ook dadelik geweet… dis KIX-veters!

Na die tyd vertel die kind dat dit vir hom so lekker was om te weet hulle behoort albei aan KIX. Dit het sommer die atmosfeer op die baan verander.