Author Archive

MTH in Praktiese Teologie

Written by bestera on . Posted in Ekklesia, Vennote

MTh IN PRAKTIESE TEOLOGIE

 

Met ‘n spesifieke fokus op Kontekstuele Pastorale Sorg en Berading

2019 – 2020

 

Die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, bied ‘n tweejarige navorsings MTh in Praktiese Teologie aan (kontekstuele pastorale sorg). Die doel van die magister is om studente te help om kontekstuele pastorale kennis en vaardighede te ontwikkel deur die integrasie van teorie en praktyk. Lees hier:  MTh2019

Jaco Hamman – The Millenial Narrative

Written by bestera on . Posted in Jeug en familie, Leierskap, Millenails

JACO HAMMAN –THE MILLENIAL NARRATIVE

Communitas het nou ‘n eesrte kursus ook vir dominees wat ver van Stellenbosch woon, maar tog wil saam luister na aktuele onderwerpe. Die eerste hiervan is ‘n Dagkursus wat op 6 Augustus aangebied was en wat ons graag deel met almal wat wil saamdink oor die” Millenial Generasie.”

Prof Jaco Hamman, Professor in Teologie, Sielkunde en kultuur, Vanderbilt Teologiese Skool, Nashville, VSA se gesprek het gehandel oor: The Millenial Narrative.

Klik gerus op die skakels om na die Inleiding en Sessies 1-3 te luister. Indien jy belangstel om VBO punte te verdien, kyk na die video’s en skryf kortliks iets oor die volgende drie vrae:

  • Gee ‘n bondige beskrywing van dit waarin en waardeur millennials hulle onderskei van vorige generasies (Stil-generasie; Baby-boomers en Xers)
  • Wat is die uitdaging wat hierdie generasie aan jou bediening stel en watter slaggate moet liefs vermy word?
  • Met ‘n paar ‘pen-strepe’ – hoe sou só ‘n biediening in jou gemeente lyk?
E-pos jou terugvoer aan: Adrienne
en sy stuur dan die VBO kode aan.
Klik hier om na die sessies te kyk:
Intro –  https://youtu.be/YQlpyu4qpvkSessie 1 deel 1- https://youtu.be/d0ECuEdXIpI

Sessie 1 deel 2 – https://youtu.be/F4cq8GlBIuI

Sessie 2 Deel 1 – https://youtu.be/lEHgEMOlC9M

Sessie 2 Deel 2  – https://youtu.be/0z2qENbZueM

Sessie 3 – https://youtu.be/0SltrTC71h8

</div>

MTH in Kliniese Pastoraat

Written by bestera on . Posted in Uncategorized

US Fakulteit Teologie
2.1 MTh – Praktiese Teologie: Kliniese Pastoraat
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied ‘n twee-jaar modulêre MTh in kliniese pastoraat aan.
Die doel van die program is om studente te begelei om kontekstuele pastorale kennis en kliniese vaardighede te ontwikkel deur middel van die integrering van die teorie en die praktyk, asook kliniese supervisie in die pastorale praktyk. Lees hier meer en reageer voor 30 September 2018.

Gelukkige aftrede

Written by bestera on . Posted in Predikante begeleiding, Taakspanne

Communitas bied vanaf 25-27 Maart die kursus Gelukkige Aftrede aan by Communitas op Stellenbosch. Deon Bruwer kyk na die voorbereiding vir aftrede op ‘n persoonlike en emosionele vlak. Die program is daarop gerig om jou verstaan van aftrede teen die agtergrond van jou geloofservaring te verdiep. Die program kyk ook na jou unieke persoonlikheidsamestelling vir jou persoonlike program vir die bestuur van jou unieke aftredeplan. 

Kenny Raats deel op die laaste dag sy praktiese ervaring uit die Pensioenkantoor oor aftreeprodukte, belasting implikasies,slaggate om te vermy en belangrike beleggingskeuses wat betyds gedoen behoort te word.

Kontak Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za om in te skryf vir die kursus.Pension next exit

Communitas kursus vir Jong predikante

Written by bestera on . Posted in Kursusse, Predikante begeleiding

Communitas bied op 23 en 24 FebruarieVraag ‘n kursus aan vir Predikante wat 10 jaar en minder in die bediening is.  Pierre Goosen van Predikantebegeleiding, sal die kursus aanbied. Hy skryf Kortliks oor die kursus:

Ellie Wiesel vertel dat elke dag as hy van die skool gekom het, het sy ma vir hom gevra of hy daardie dag ‘n goeie vraag gevra het.

Na ‘n klompie jaar in die bediening is dit goed om na te dink oor die vrae wat jy tans vra. Wat is daardie vrae? Is dit vrae wat jou roeping as predikant in ‘n gemeente bevestig? Vrae oor jou identiteit in Christus? Vrae oor rol en verwagtinge? Oor menswees?

In die twee dae sal ons binne die tema van Veerkragtigheid(Resilience) gesprek voer oor die moontlikhede joe jy jouself kan uitleef en verwesenlik as mens binne die vele verhoudinge met vele vrae en verwagtinge waarin jy staan. Vir ‘n inskrywingsvorm kliek hier: Predikante 10 jaar en minder