Author Archive

Winterskool 2017

Written by Wilma le Roux on . Posted in Conferences, Ekklesia, Konferensies

 Hervorming van die Kerk,

Samelewing

en Mense

 

Die Winterskool wat jaarliks deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, aangebied word, vind vanjaar van Dinsdag 13 Junie tot Donderdag 15 Junie plaas en handel oor die tema Hervorming van die Kerk, Samelewing en Mense.

In die lig van die 500-jarige viering van die Hervorming sal die Winterskool van 2017 kyk na die behoefte aan ‘n deurlopende hervorming van die kerk, samelewing en mense. Die fokus sal wees op wat ons van die Hervorming kan leer, maar ook op besprekings van hoe ons kan voortgaan om nuwe maniere te soek om kerk te wees in ‘n vinnig veranderende samelewing.

Die hoofsprekers is:

  • Dr Ishmael Noko, president van die Inter-geloofsaksie vir Vrede in Afrika,
  • Regter Steven Majiedt, regter van die Hooggeregshof van Appèl en
  • Dr Margaret Blackie, dosent aan die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Universiteit Stellenbosch.

Die hoofsessies sal aangevul word met ‘n wye reeks verwante parallelle sessies.

Let asseblief daarop dat, as gevolg van die ekumeniese aard van die konferensie, Engels die hooftaal van aanbieding sal wees.

Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Die koste beloop R350 vir die volle kursus.

Kliek hier vir die inskrywingsvorm:  WinterSchoolRegistrationForm2017

en hier vir die program:  WinterSchool 2017Winterskool

Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 2 Junie 2017.

Navrae:

Helette van der Westhuizen, tel: 021 808 9560; e-pos: hvdwest@sun.ac.za

Divine Robertson, tel: 021 808 2827; e-pos: dr@sun.ac.za

Wilma le Roux, tel: 021 808 3624; e-pos: wler@sun.ac.za

Marita Snyman, tel: 021 808 2538; e-pos: maritasnyman@sun.ac.za

‘n Hartseer dag

Written by Wilma le Roux on . Posted in Nuus, Predikante begeleiding, Taakspanne, VBO

Hulde aan Freddie Schoeman

Nelis Janse van Rensburg bring treffend hulde aan Freddie Schoeman van die Oostelike Sinode, wat gister skielik oorlede is.

“Freddie Schoeman se skielike heengaan vandag, is vir die NG Kerk ‘n reuse-verlies. Hy was ‘n toegewyde leraar, pastor, priester, begeleier van mense, wonderlike liturg, uitnemende teoloog, dosent, leier, denker, innoveerder, profeet. Met sy skerp intellek, wydbelesenheid en heelhartige verbintenis om God in sy beweging in die wêreld te volg, het hy ons gehelp met diep insigte in Godskennis en menswees.

Freddie was onder baie meer onder-voorsitter van die Oostelike Sinode se Diensraad, voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan Vir Missionale Transformasie, NG Kerk verteenwoordiger in die bestuur van die Seisoen van Menswaardigheid, leier in die Taakspan vir Liturgie en betrokke by die ontwikkeling van preekprogramme en liturgieë. (André Bartlett skryf: ‘Freddie het ‘n fyn aanvoeling vir liturgie en ook ‘n uitgebreide kennis van die geskiedenis van die erediens en die ontwikkeling van die kerklike jaar gehad. Hy het ‘n waardevolle bydrae gelewer as lid van die eindredaksie van die “Handleiding  vir die Erediens” en het ook gereelde liturgiese bydraes gelewer vir die eredienspublikasies “Woordwyser” en “Woord en Fees “.’)

Hy het ook in die Seisoen van Luister ‘n leidende en deurslaggewende rol gespeel. Hy het ook in talle sinodale werksaamhede leiding geneem en ‘n rol gespeel. Intussen het hy sy gemeente getrou bedien en begelei.
Sy deeglikheid en hardwerkenheid het menige hardwerkende kollegas telkens beskaam.

Maar dit was sy menswees, sterk en sag, gefokus en ruimhartig, taak- en mensgerig, wat my sal laat verlang na Freddie. Sy kalmte onder druk, lojaliteit en hulp, omgee en vriendskap het oor die afgelope jare vir my en talle ander oneindig baie beteken. Ons gaan swaar die leemte vul wat sy heengaan laat.

Ons bid vir Alma en sy kinders. Ons kan maar net raai hoe hulle voel. Mag ons almal in hierdie dae, ingeneem in die verhouding tussen Vader, Seun en Gees, ervaar hoe God ons troos en saamneem in die koms van sy koninkryk.
Ons opregte simpatie gaan ook aan sy gemeente, Lyttelton-Oos, sowel as die Oostelike Sinode.”  *

Frederick Marias, PSD vir Kerklike Opleiding by Communitas op Stellenbosch, voeg by:

“Freddie was ʼn medewerker by Communitas en het o.a. help ontwerp aan die Sertifikaatkursus en van die modules aangebied. Hy was sedert 2016 ook voorsitter van die VBO-Forum.

Ons eer sy nagedagtenis en bid vir sy vrou Alma, hul kinders en kleinkind.

 

Die beloftes van God word nie geaffekteer deur mense en politici se doen en late nie …

Written by Wilma le Roux on . Posted in Prediking, VBO, Video

 Ekstra videogreep oor Sondag 6 van Lydenstyd

 

Die afgelope weke is videogrepe oor ‘n  “preek-dinkskrum” op Youtube beskikbaar gestel.  ʼn Groep het telkens saamgesels oor die fokusteks van die week – met iemand wat as ankerpersoon vrae formuleer, ‘n eksegeet wat help met die teksuitleg, en enkele persone uit verskillende agtergronde wat help saamdink. Hierdie  videos is elke Vrydag op youtube beskikbaar gestel.

Die videogrepe is wyd verwelkom, veral deur persone wat alleen in gemeentes is en nie die voorreg het om met kollegas saam te dink en gesels nie.

 

Na aanleiding van die huidige politieke situasie en die gebeure van die afgelope paar dae, het ons dit goed gedink om ʼn ekstra gesprek op te neem rondom die fokustekste van hierdie laaste Sondag (6) van die Lydenstyd.

Frederick Marais en Coenie Burger gesels oor hoe om Sondag se erediens te kon inrig om die ervarings van die afgelope week in te sluit in die erediens rondom Palmsondag.

Kyk gerus hier daarna: https://youtu.be/y9jW_IHzJko

Daar is ‘n gebed wat deur Frederick voorgelees word, geskryf deur Hannes Theron. Die gebed is hier besklikbaar as pdf asook as 3 powerpoint-skyfies. Laai dit gerus hier af:

Die sesde Sondag se eerste opname wat gefasiliteer word deur Coenie Burger en met Louis Jonker as eksegeet, is hier beskikbaar: https://youtu.be/8cCBh_8J9SE

Missionale Konferensie

Written by Wilma le Roux on . Posted in Konferensies, VBO

Hier volg die inligting van die Konferensie oor Missionale Ekklesiologie wat op Stellenbosch plaasvind gedurende Meimaand:

Embodying the Missio Dei in New Contexts: A Missional Re-imagining of the Church

 

When: 15-16 May 2017

Where: Communitas, Stellenbosch

We will focus on the following subthemes:

  • Learning from the New Testament and Early church
  • Learning from the Reformation
  • Re-imagining the church in new contexts

Keynote speaker:

We are excited to have dr Michael Moynach from the UK with us. Michael is well known for his work on ecclesiology with the Fresh Expression movement. He wrote a number of books including Church in every context.

Our local speakers and panelists include:

Prof Marius Nel, dr Pieter van der Walt, dr Lizel Joubert, dr Coenie Burger, prof Klippies Kritzinger, prof Nelus Niemandt, Pastor Costa Mitchell, Rev Leon Klate

A more detailed program will follow soon.

For more information, contact:

Wilma le Roux : wler@sun.ac.za, tel nr 021 808 3624

Frederick Marais : jfm@sun.ac.za  tel nr 021-808 9051

Coenie Burger : cwbu@sun.ac.za tel nr 021-808 2827

The Conference is a joint project of Communitas and Ekklesia and is part of our Refo500 celebrations.

 

Saamdoen-dinge vir Paasfees

Written by Wilma le Roux on . Posted in Familiebediening, Jeug en familie

Paaspakkie

Saamwees vir Paasfees

17 Saam lees, gesels en doen
aktiwiteite vir die Paasvakansie
 
Die Jeug- en Familiebediening van die Wes-Kaap Sinode bied hierdie jaar ʼn Paasfees pakkie vir families wat hulle oor die 17 dae van die April vakansie saam die hele gesin (selfs oupa en ouma) kan doen.

Hierdie pakkie fokus op die groot Lydensweek en die betekenis van Paasfees met behulp van tekste, besprekings en aktiwiteite vir elke dag.

Elke dag het ʼn kaartjie met ʼn spesifieke teks en aktiwiteitsverduideliking op, sowel as ʼn spesiale item wat in aktiwiteit gebruik kan word.

Gemeentes kan hierdie pakkie teen R50 per pakkie bestel deur die sinodale Jeugkantoor te kontak by jeug@sun.ac.za.

LW: Daar is slegs 500 pakkies beskikbaar

  • Bestellings en betalings moet teen Vrydag 17 Maart 2017 in wees.
  • Alle pakkies moet Vrydag 24 Maart by Communitas in Stellenbosch afgehaal word.
Die pakkie se drukstukke sal ook gratis elektronies beskikbaar wees op dinkjeug.ngkerk.net teen Vrydag 17 Maart vir gemeentes wat ver is en dalk die pakkies self vir hul gesinne wil saamstel.

Vir enige navrae kontak José by die sinodale Jeugkantoor: jeug@sun.ac.za.

Alfa pastorale program

Written by Wilma le Roux on . Posted in Vennote

ALFA PASTORALE OPLEIDING, BERADING EN GEMEENSKAP SENTRUM  (GESTIG:1987)

bied aan:

‘N JAARKURSUS IN PASTORALE OPLEIDING, BERADING EN GEMEENSKAPSDIENS 

1 MAART 2017 TOT 28 FEBRUARIE 2018

(Teikengroep: Studente, predikante, jeugwerkers, onderwysers, maatskaplikewerkers, enige    professionele persone, en persone wat verryk wil word. Persone moet rekenaar geletterd wees of toegang daartoe hê)

Werkswinkels: Agt werkswinkels/kontaksessies (2 in Pretoria, 2 in Bloemfontein, 2 in George en 2 in Stellenbosch)

Status van kursus: Sertifikaat. Geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit van Pretoria, 120 VBO punte

Registrasie: Tot en met 29 Februarie 2017

Koste: Die paar voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal word deur die student aangekoop. Begroot min of meer vir so R1 000 daarvoor. Dit is nie ingesluit by die kursusfooie nie. Die kursus fooie beloop:29 Februarie 2017: R 3 000; 1 Julie 2017: Die res R 3 000; Totale kursusfooi: R 6 000

VBO vir eerste kwartaal

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Die eerste kwartaal is nou volstoom aan die gang. Ek weet ek moet VBO-kursusse bywoon en aan my VBO-profiel aandag gee, maar WAT kies ek?

Hier is die tabel met die eerste kwartaal se VBO-kursusse in kort aangedui:

Datum Kursus
24-26 Jan Certificate Mod 4: Identity– who are we and where do we fit in?
31 Jan–2 Feb Sertifikaat Blok 7: Missionale Gemeentes – hoopvol en energiek vir ons roeping
14-16 Feb Padlangs Ouerskap
17-18 Feb Lidmaatprediker kursus
21-23 Feb Certificate Mod 1: About our context – a deeper

understanding of the world and times we live in

21-23 Feb Praktiese preekmaak: Ontwikkel jou preekmaak-vaardighede  
28 Feb–2Mar Gemeente en Gemeenskap (Diaconia)
6-9 Mar Retraite oor Dissipelskap – ‘n opvolg op Geloofsreis 2
9-11 Mar Geestelike Sorg en Berading
22,23,27 Mar; 18,19  Apr SA Lectionary – Die gebruik van die SA Leesrooster
17-18 Mar The Justice Conference South Africa
22-23 Mar ‘n Eties-Relasionele Benadering (kontekstueel) in die Pastoraat –

‘n Benadering op die voetspoor van die Hongaarse Psigiater

Ivan Boszormenyi-Nagy

30 Mar Geloofsonderskeidingskursus opvolg