{ARGIEF}




Vanoggend staan en kyk ek na die wye verskeidenheid Ray-Ban, Hugo Boss, Nike Vision, Killer Loop, Oakley, Silhouette, Tommy Hilfiger, Versus en nog ander brille. Kan jy glo dat ’n hele industrie rondom die mode van brille ontwikkel het! In sommige gevalle gee die mode die moed om so ’n storie te dra.

Die kreatiwiteit van die modebase het die doel van ’n bril verskuif vanaf funksie na ’n fashion statement. Elke bril vertel ’n verhaal. Dit gee uitdrukking aan die “branding” van die naam. Dis uiters belangrik dat die funksie (om jou beter te laat sien of jou oë te beskerm teen sonlig) die naam rugsteun, anders word die naam niksseggend.

Dis ’n les wat geestelike leiers nogal by dié mense kan leer.

Geestelike leiers bring fokus.

Die fokus wat jy bring, moet mense help beter sien (of beskerm hulle voorkomend). Anders is dit net nóg ’n lens in ’n omgewing van beterweters. En sit dit in die raam van relevante betekenisvorming. Herraam die aktuele hede in die “branding” van die opgestane Jesus wat lewend en regerend híér is. Dis ons unieke“branding”. Jesus lééf en héérs ook te midde van credit crunch, competitive edge, power games en ander realiteite wat ons in die gesig staar.

Help mense met fokus deur te vra:

Waar beleef jy is Jesus aan die werk?

Waar het jy iemand anders hoor sê hy/sy sien Jesus is besig met…

Kan jy onthou waar en hoe in jou verlede het jy Jesus beleef?

Watter gedeeltes in die Bybel help jou om te onthou Jesus leef en regeer?

Die bekende motiveringskenner Anthony Robbins herinner: “It’s not what’s happening to you now or what has happened in your past that determines who you become. Rather, it’s your decisions about what to focus on, what things mean to you, and what you’re going to do about them that will determine your ultimate destiny.”

Paulus help verstaan ons dat ons só moet leer fokus: Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom” (Filippense 1:9).

Om te kan onderskei… is om fokus te bring…