{ARGIEF}

By die Swartberg Indaba en Cedarberg konferensie die afgelope twee weke was daar oop gesprekke waar mense wat die NG of  VG kerke verlaat het met ons kom praat het oor hoekom hulle die stap geneem het.

Ek het die volgende 11 dinge uit die gesprekke geleer:

  1. Sonder uitsonder was almal bly dat ons die gesprekke gevoer het. Daar was dikwels emosies van pyn in die gesprekke en daarom die dankbaarheid dat ons ‘n ruimte kon vond dat ons met mekaar kan praat en nie oor mekaar nie.
  2. Dogmatiese of leerstellige sake speel ‘n verassende klein rol in die besluit van mense om ‘n kerk te verlaat. Daar is natuurlike leerstellige sake soos die herdoop, interpretasie van die skrif en met name fundamentalisme en etiese sake, maar in die gesprekke wat die sake nie eintlik voorop nie. Hoofstroom kerke maak ‘n foute as hulle daarop bly fokus in hulle nadenke oor kerkverlater.
  3. Hoewel die skrifbeskouing mag verskil, was dit opvallend in die gesprekke hoe ‘n belangrike rol die Bybel gespeel het by almal in die gesprekke.
  4. Die grootste oorwegrede volgens hierdie groepe het te make gehad met ‘n behoefte aan verdiepte geestelike groei wat nie gebeur in hoofstroom kerke nie.
  5. Van die kerkverlaters het ‘n behoefte om te bedien eerder as om bedien te word. Gesien vanuit die hoofstroom kerke se persepktief is dit ironsie. Wat hoofstroom kerke hieruit kan leer is die geneigdheid om mense betrokke te maak in die gemeente eerder as om vir hulle ‘n ruimte skep waar hulle seflstandig kan bedien.
  6. Daar is ‘n baie sterk en soms skerp persepsie dat die norm in hoofstroom kerke ‘n primere verbintenis aan die kerk en die tradisie is en nie noodwendi ‘n verbintenis aan God nie. Leiers uit die hoofstroomkerke is in die gesprekke verbaas hieroor want hulle grootste behoefte is om presies dit te doen met lidmate, nl  om hulle te begelei tot geestelike verdieping.
  7. Uit die hoofstroomkerke was daar ‘n siening dat die jonger kerke sal moet leer om hulle identiteit nie te bou op ‘n anit-hoofstroom-kerk-teologie nie. Daar was konsensus hieroor in die gesprekke.
  8. Charismatiese groepe het dikwels ‘n behoefte aan gesprekke met gereformeerdes want hulle sien regeformeerdes as naby familie. Hulle wonder of ons hulle steeds sien as sektes.
  9. Die help baie as ons in die gesprekke nie probeer om mekaar te oortuig nie, maar eerder dat ons by mekaar probeer leer. Dit vra uiteraard hoe vlakke van volwassenheid van beide groepe soos bv dat hoofstroomkerke nie ‘n suiwerder teologie het as ander nie of dat jonger kerke nie noodwendig meer toegewyd is as die tradisionele kerke nie. As ons van daardie bagasie ontslae kan raak word dit eintlik heerlike gesprekke.
  10. Ons is in ‘n tyd wat gelowiges eerder meer as minder tussen kerke gaan beweeg soos wat hulle verhoudings bou met mense en hulle geestelilke behoftes skuif en denominasionele identiteit afneem. Die koninkryksuitdaging sal wees om bande tussen kerke te bou wat sterk genoeg is om oor hierdie grense uit te reik na mekaar.
  11. Gemeentes wat lojaliteit aan die gemeente bou op denominasionele identiteit sal kwyn trewyl gemeentes wat daarin slaag om lidmate te begelei tot ‘n identiteit in Christus sal groei.

Die saak wat ek oor wonder na die gesprekke het te make met die onvermoe van hoofstroomkerke om lidmate te begelei tot dissipelskap. ‘n Jong man wat ‘n paar jaar gelede die kerk verlaat het, vertel hoe hy as seun in die NG kerk ‘n paar keer tot bekering gekom het, maar telkens weer terug gegly het in die leefwyse van die tradisionele christene rondom hom. Hy het toe deel geraak van ‘n groep wat hom verantwoordbaar gehou het vir verbintenisse as dissipel en toe het sy identiteit in Christus eers werklik begin vorm en het hy eenvoudig nie ‘n keuse gehad sa om deel te word van ‘n kerk waar dissipleskap die norm is nie.

As ek terugkyk hierna was die gesprekke vir my ‘n waardevolle leerskool en wens ek het meer sulke gesprekke. Ek het die indruk dat ek nie die enigste een was wat so gedink het nie.