{ARGIEF}

<div class=”info”>Ons was in ‘n kursus-situasie.  Ons stoei oor ‘n ding met mekaar, en ek vra een van die predikante wat sy gedagte is oor die saak.  Hy bly ongemaklik lank stil en se toe: Ek het nie ‘n idee nie Frederick, en toe maak hy die sin klaar met, weet jy waar ek kan leer om dit te doen! Dit is soos ‘n granaat met ‘n “delay” meganisme, eers die volgende dag op die vliegtuig gaan dit af in my kop- dit is die eerste keer wat ek ‘n predikant hoor vra, weet jy waar ek kan leer om dit te doen ek weet nie hoe nie! en toe skielik hoor ek dit oral rondom my, predikante en leiers in gemeentes wat openlik begin raak oor hulle onvermoe en vir mekaar begin vra leer my. Jare terug het ‘n vriend ons geleer dat intelegensie nie gemeet word aan hoeveel jy weet nie, maar wat jy doen as jy nie weet nie! </div>

 

Dit was nie so lank terug dat ons eerder sou sterf as om te erken ons weet nie. Kursusse, om nie te praat van vergaderings nie, was slagvelde van alwetende predikante en gemeenteleiers wat mekaar probeer uitoorle het oor hulle gewaande kennis en in die proses hulle onkunde met vrymoedigheid verkondig het.  Ons was in verdedigings linies teen mekaar opgestel, en nou begin dit plek maak vir ‘n leerbare gees.  Begin die Luisterseisoen so sonder dat ons dit agterkom inpak te maak? of is dit ‘n geval van die Gees wat besig is om ‘n nuwe gemeenskap van gebroke en daarom leerbare mense te skep in gemeentes en kerkstrukture wat ons nooit gedink het ‘n veilige plek sou kon word waar ons mekaar kan leer nie.

ekspert51.bmp John Ackermann het in sy wonderlike boek  Listening to God, verduidelik dat leerbaarheid net kan kom as die leiers bereid is om hulle ekspert-posisie prys te gee en self ‘n posisie van leerbaarheid in te neem. As leiers konstant voorgee dat hulle weet, maak dit van die luisteraars passiewe ontvangers van die insigte van die ekspert. As dieselfde leiers begin eerlik raak, en saam beign soek na die antwoorde, word die passiewe luisterraars, mede-leerders.’n Aantal jare gelede fasiliteer ek ‘n gesprek in ‘n gemeente wat vasgeloop is, maar tog begin om saam te worstel.  ek being die gesprek deur te vra wat hulle gemotiveer het om met ‘n proses te begin. ‘n Gemeenteleier vir wie ek tot vandag toe nog baie respek het antwoord oombliklik:  Ons sit al lank vasgedraai, maar maak asof ons weet, maar laas maand het een van ons dominees vir die eerste keer aan die einde van die vergadering, terloops gese: Nou het ek ook nie meer ‘n antwoord nie. Toe het ek geweet, nou gaan dinge begin regkom.  Dieselfde dominee was verbaas en vertel hoe ontsteld hy by die huis gekom het en ‘n mislukking gevoel het, onwetend dat hy ‘n proses van leerbaarheid ingelui het. Dit is soos ‘n berg wat van ‘n mens se skouers afval as jy as leier afstand doen van die gewaande ekspert posisie en saam met leiers ‘n pad te begin stap, saam opsoek na die waarheid wat nie een van ons besit nie maar ontvang as gawe van die gemeenskap van die gelowiges.Gemeenskap van leerders

Van Calyn word daar mos gese dat hy na sy bekering verwys het as dit dag waarop die Here vir hom ‘n leerbare gees gegee het. Ek dink dit is besig om met ons te gebeur, ons maag maar waag om ons onkunde en veel meer met mekaar eerlik te deel. Dit gaan vra dat ons as leraars letterlik van ons troontjies sal moet afklim, ophou dominees wees en leerlinge word. Dit sal ook van gemeenteleiers afhang om die leraars toe te laat om langs hulle te kom staan en saam met hulle te leer.  Ek sien dit al hoe meer gebeur, ek hoor al hoe meer dat mense vir mekaar vra: Leer my…

NS As jy dit die eerste keer doen en die gemeente is ontsteld, moenie (terug)skrik nie- ons het hulle darem vir jare geleer om stil te bly en ons “waarheid” stilswyend te sluk. Hou op om jou antwoorde te gee wat jy weet lankal nie meer werk nie. Hou aan om eerlik saam te soek en jy sal eenvoudig verbaas wees oor die kreatiewe energie wat onder die leiers loskom. As ons ophou om eksperts te wees, sal die leerders opdaag!