{ARGIEF}

gevormdeurdiekruisOm gelowiges te help om te skuif van lidmate na dissipels het leraars en gemeentes hulpmiddels nodig.   Die nuwe boek, Gevorm deur die kruis, is geskryf vir dié doel deur Chris van Wyk, Frederick Marais en Nico Simpson.  Die boek is gerig op kleingroepe en word nou met tien preekriglyne beskikbaar gestel vir Pinkster 2014 of ’n Preekreeks in die tweede helfte van 2014.
VBO-geleentheid
Die sinodale kantoor van die NGK in Oos-Kaapland reël ’n VBO gespreksgeleentheidGevorm deur die kruis – van lidmate na dissipels gelei deur Chris van Wyk.  Dit word gehou die 22ste Mei van 08:30 – 13:00 by Bybelhuis in Port Elizabeth.  By dié geleentheid sal gefokus word op die teorie van geloofsvorming agter die boek en die wyse waarop die boek en preke gebruik kan word om die gemeente in die beoefening van geloofsgewoontes te begelei.
Chris som die gespreksgeleentheid só op:
Gevorm deur die kruis fokus op die sentrale metafoor in die boek Filippense – selfontlediging – en koppel dit aan drie geloofspraktyke wat ons daarmee kan help – die weg van vernuwing, die weg van verheldering en die weg van verenigingof vervulling.   ’n Hele aantal praktiese riglyne word gegee om die drie geloofspraktyke aan die hand van 3 basiese geloofsgewoontes in te oefen (daar is riglyne vir elf ekstra geloofsgewoontes in die boek):

  1. Die primêre geloofsgewoonte vir vernuwing is die daaglikse ondersoek. Dit laat die lig van God val op alles wat deur die dag heen met ons gebeur het.
  2. Die primêre geloofsgewoonte vir verheldering is die geestelike lees van die Bybel. Wanneer ons die Bybel só lees, laat ons God se Woord toe om tot in die diepste dele van ons menswees te skyn.
  3. Die primêre geloofsgewoonte vir vereniging en vervulling met God is die beoefening van die teenwoordigheid van God. Dit het te make met die ervaring dat God se wil en strewe jou lewe só vol maak dat die lewe vir jou Christus word.

Benutting
Hierdie boek kan op verskillende manier in gemeentes gebruik word.
Leraars kan die boek saam met die gratis preekriglyne gebruik om die hele gemeente vanuit die eredienste te begelei deur ’n reeks in Pinkstertyd of enige ander tyd in die Kerkjaar, bv. Lydenstyd.
Kleingroepe in gemeentes kan die boek benut deur óf saam met die gemeente op reis te gaan met die geloofspraktyke óf dit as groep te doen. Families of individue kan dit ook vir hulle persoonlike stiltetyd gebruik.”
Bestel die boek hier.
Laai die preekriglyne in ‘n zip-file hier af (256 KB).