{ARGIEF}

as Woord wederwoord wek
en Beeld beeltnis trek

waarom dan die wrede doolhof
van vrae en vrees en stotter en stof?

of is ek stof?

en keer ek altyd terug na stof?

dalk eerder:
uit die stof klink ons lof.