{ARGIEF}

“Introverts prefer to work independently, and solitude can be a catalyst to innovation.”

Om die waarheid te sê, as onafhanklike werk in afsondering (solitude = alleen maar nie eensaam nie) die sleutel tot kreatiwiteit is, het ons almal dit nodig!  Anders Ericsson het reeds gewys in ‘n eksperiment met drie groepe vioolspelers by die Musiek Akademie in Berlyn dat “practicing in solitude” die uitstaande verskil tussen hulle was. Hy beskryf dit as Deliberate Practice – persoonlike, gefokusde, intense en afgesonderde oefening sonder enige ander afleiding. Dit laat ‘n vioolspeler uitstyg bo die ander (Susan Cain, Quiet, 2012).
Ons het daarom nodig om ruimtes te skep waar interaksie kan plaasvind, wat veral vir die inkoop vir gesamentlike doelwitte belangrik is.  Maar ons almal het ook ruimtes nodig waar onafhanklike en afgesonderde werk kan plaasvind.  Daarsonder vervlak ons gedagtes te maklik tot die konsensus en middelmatigheid van ‘n groep, en bereik ons nie die hoogtes wat ons individuele vermoëns kan loslaat op ‘n gemeenskap nie.