{ARGIEF}

Ek is al deur baie Brainstorming sessies in my lewe, sommige met goeie en ander met minder goeie resultate. En ek het nog altyd gewonder wat laat dit werk, of laat dit juis nie werk nie!
Susan Cain (Quite, 2012) wys daarop dat die idee van Brainstorming (Alex Osborne) eintlik net vir een ding goed is: dit laat mense inkoop in die groep, dit laat hulle voel hulle behoort. En dit is waar die liggie vir my aangaan het!
Enige aktiwiteit wat mense laat inkoop in die groep is ‘n goeie uitkoms, en daarom sal Brainstorming daarvoor gebruik kan word.
Maar wat ek by haar leer, is dat dit nie noodwendig in terme van die idees self ‘n goeie uitkoms is nie.
Sy wys uit hoe verskeie studies sedert die sestiger jare van die vorige eeu (bv die studie van Marvin Dunnette) gewys het daarop dat die idees wat onafhanklik en in afsondering gegenereer is, nie net meer in getal is nie, maar ook beter in gehalte. Uit 24 groepe wat afsonderlik en in groepsverband idees moes genereer, het 23 beter alleen gewerk as in groepsverband. En dit geld ekstroverte en introverte!
Om die waarheid te sê, hoe groter die groep wat idees moet genereer, hoe swakker is die resultate (Adrian Furnham)! Die een uitsondering is waar mense “online brainstorming” doen. Maar elkeen sit natuurlik by hulle rekenaars in afsondering en werk onafhanklik …

Laat ‘n mens dink nê?!