Communitas het 'n nuwe sisteem om kommentaar te lewer. Dit is - vir die tegniese lesers - die Superblogger uitbreiding wat die Disqus kommentaar sisteem gebruik. Die voordele is onder andere die volgende: Die webtuiste word daarmee baie meer interaktief . Jy kan met...
Alle vorige kommentaar op die webtuiste in een artikel
Kommentaar – alle vorige kommentaar op die webtuiste (166)
Jesus is inderdaad oppad dit is tog Advent
Geen titel net gewone kind van God
Tydige boodskap vir ons land in die Kersgety
Is dit nie presies wat Johannes die Doper in Lukas 3 in die oog het, as hy 1) aan die een kant vir alle mense vra om hulle klere en kos te deel en aan die tollenaars om billik te wees in hulle invordering (die “haves”), en 2) aan die ander kant vir die soldate om nie hulleself te verryk deur ander met geweld af te pers met valse aanklagte nie (die “have-nots”)?
Herstellende geregtigheid het met beide kante te make – oorvloedige omgee sowel as billike verwagtings, mededeelsaamheid sowel as magsbeperking, interafhanklikheid sowel as selfstandige verantwoordelikheid.
Die God van geregtigheid is oppad
Hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap vir Gestuurde gemeentes?
Oor die konferensie-ons is almal steeds baie dankbaar vir die konferensie en die hernuwde entoesiasme vir die gestuurde reoping waarmee ons almal daar weg is. Ek is soos jy getref deur die eerlikheid van die verhale wat gemeentes vertel het. Dit het miskien meer as enigiets anders aan ons almal hoop gegee, dat ons ten spyte van die probleme in gemeentes om hulle gestuurde roeping te lees, deur die Here geseen is in Suider Afrika met soveel gemeentes en leiers wat met moed en toewyding die roeping leef in hulle konteks.
Hoe skakel ‘n gemeente in vra jy?
1. Indien die gemeente in ‘n streek is waar daar nog nie Vennootskap clusters is nie sal die Vennootskap van die naaste streek- in julle geval die Oos-Kaap aanbieders aanwys wat bekendstellings sal kom aanbied totdat sit blyk dat genoeg gemeentes in julle omgewing is wat ‘n cluster kan vorm. In julle geval kan julle vir Danie Mouton van die Oos-Kaap kontak by danie@ngkok.co.za en met hom ‘n strategie bespreek oor hoe om ander gemeentes te nooi om saam met julle ‘n cluster te vorm. Hoe ingedagte dat die Vennootskap ‘n ekumeniese beweging is en dat julle gerus gemeentes van ‘n verskeidenheid van Denominasies kan nooi om saam met julle op die reis te gaan.
2. Indien ‘n gemeente in ‘n streek is waar daar reeds clusters van die Vennoodskap is kan die gemeentes gekontak word wat julle sal verwys na die Vennootskap konsultante in julle streek.
3. Vir gemeentes wat nie enige kontak het met ander gemeentes wat aan die Vennootskap deelneem nie, kan hulle my gerus kontak by jfm@sun.ac.za sodat ek hulle kan verwys.
SAVGG Konferensie Helderberg
Ons het teruggekom en met die oortuiging dat ons die eerste cluster in KZN tot stand wil bring, het ons Kerkraad die week besluit om by die Venootskap aan te sluit! Soos van die dierbare kleurlingchristene op die konferensie gesĂȘ het: “Halleluja!”
So, Frederick, DANKIE, DANKIE, DANKIE! Ons is in en oppad. Dis julle “skuld” dat ons in en nou moet julle ons asb help. Wat is die volgende stap? Soos ek verstaan moet iemand van die Venootskap vir ons kom kuier om met ons leiers, ons gemeente en die ander gemeentes wat ons dink deel van die cluster kan word, te kom gesels. Ons hoor graag van julle.
Shalom!
ferdinand
Meer inligting oor die Eerstejaarskamp 2010 te Stellenbosch
Mnr.
Hekel patroon (DIE ONSE VADER)
My moeder is nog in besit van die Onse Vader hekelpatroon.
Laat weet jou posadres, dan stuur ons met graagte vir jou die patroon aan.
Groete
Susan
Sel: 084 501 3127
Mej
Meer inligting oor die Eerstejaarskamp 2010 te Stellenbosch
eeerstejaarskamp 2010
dr
Leer engels
hoe kan ons betrokke raak by Amazing brains?
Kultuurtransformasie van gemeentes (VBo 18)
Sommer in die eerste sessie het ek tegelyk ontdek hoe baie die kerk al oor die afgelope 30 jaar verander het, maar ook hoe verskriklik min die kerk al verander het. Die ergste was om teenoor myself te moes erken dat die kutuurtransformasie wat daar in my en my gemeente plaasgevind het, ook maar net ten dele was. Nog erger was egter om te moes toegee dat hierdie ân gedwonge verandering was. Ek, die gemeente, die kerk is aan die hare gesleep tot hier. Die kultuurtransformasie wat wel al plaasgevind het, was nie uit eie oortuiging nie, maar die gedwonge gevolge van ingrypende sosiale -, ekonomiese – en tegnologiese transformasie in ons samelewing. Ja, ek (ons?) is nie kultuurskeppers nie.
Ons is navolgers!
Ons kultuur, synde die manier waarop ons lewe, ontbloot ons denke en waardes baie meer as wat ons sou verkies. Gemeentekultuur, synde die manier waarop ons dinge doen in die gemeente, is seker die sterkste aanduider van wat regtig binne die hart van ân gemeente leef. ân Gemeente se kultuur is ân openbare getuigskrif vir almal om te lees, terwyl ons dikwels elemente daarvan sou wou ontken.
Die vraag wat onmiddelik opkom is: hoe gaan die kerk oor 10 of 20 jaar lyk? En veral: gaan ons in hierdie proses weer slaafse navolgers wees, of gaan ons kreatiewe kultuurskeppers wees? Hierdie brandende kwessie en veral die vraag hoe ek as gemeenteleier hierin instrumenteel kan wees, is wat my betref grootliks beantwoord toe ons tot die slotsom gekom het dat:
âą kultuurtransformasie plaasvind wanneer leiers die nuwe kultuur self moduleer;
âą kultuurtransformasie gebeur waar leiers afstand doen van mag en lidmate geleentheid bied om belangrike rolle te vervul in bv. eredienste en die formaat daarvan;
âą kultuurtransfomasie geskied wanneer gemeentes uitgedaag word om buite die gevestigde spirituele gemaksone te beweeg (mense verskuif gevestigde gebruike wanneer hulle emosioneel geraak word);
âą kultuurtransformasie is ân dinamiese proses waar nuwe gewoontes voortdurend ingeoefen moet word.
Hierdie kursus het ân spieĂ«l voor my gehou en ek het nie altyd gehou van die prentjie wat ek daarin gesien het nie. Dit het my veral laat ontdek dat ekself, meer as enige iemand anders, die kultuur in die gemeente bepaal. En daarmee saam het ek geleer dat die gemeentekultuur slegs kan verander as ek as predikant verander. Die verandering van die gemeentekultuur begin in die finale instansie hier binne-in myself.
Dankie aan die kursusleiers, Frederick Marais en Leon Venter wat daarin geslaag het om nuwe grond te breek. Ek is seker daarvan hierdie kursus gaan ontwikkel word tot ân substantiewe diens aan gemeentes.
mevrou
Ook geluister na Ps 8
* Ons lewe maak net sin as alles daarvan; alles ewe belangrik in en om ons, net oor Hom gaan — aanbidding en lof!
* En wat is ân Bybelse manier om Hom sĂł singewend in die erediens die week te loop prys, te loof en te aanbid?
Dis moeilik om verby die bedoeling van Ps 8 te kyk as mens die begin en einde van die lied saam begin sing: Die digter loof, prys en aanbid God! Hy weet: Dit is die sin van almal se lewe!
Maar die lof, prys en aanbidding val nie sommer uit die lug nie. Ons aanbiddingsboek, die Psalms, val nie sommer met hierdie lof en aanbidding weg nie. Ons is by Psalm 8 en nie 1 nie. Hierdie âerediensâ vir God word nie opgewek en stemmingsvol gekry deur lofprysing en aanbiddingsliedere nie! Dis onmoontlik. Waarvoor sal God sommer sĂł geprys wil word? Die Eerste Gemeente se voete is op die aarde. Dis ân harde, stukkende aarde vol wrede vyande; vir baie voel dit of daar nie meer ân God oorgebly het nie! [Ps 3]. Die aand- en oggendgebede [Ps 4 en 5] wat die ritme van die Hebreeuse [Bybelse!] skeppingsdag bely [âdit was aand en dit was mĂŽreâ] vertel van dieselfde gevaarlike; uitmergelende pad wat God se mense elke dag agter Hom aan moet loop. Ps 6 en 7 smag en kla in dieselfde idioom, na redding; na uitkoms.
Elke keer, sĂł weet die Ou aanbiddingsgemeenskap egter, val hulle gesmeek/klagtes om hulp op die moeilike pad agter God aan, nie op dowe ore nie. Die kyrie eleison waarmee die erediens vir God begin, word dus verseker deur God gehoor!
En nou maak Ps 8 onmiskenbaar duidelik Wie die Eerste Gemeente se ware hulp in hulle ellende is. Daar is geen twyfel nie. Dis die wonderbare, grote God, die Skepper en Onderhouer van almal en alles. Die Een wat gedurig [uit liefde] aan mens en skepping dink en hulle besoek. Niks en niemand kan ân moment sonder Hom lewe nie! Hy is wonderbaar! En het Hy ons nie Persoonlik besoek en sommer by ons ingetrek nie?! Dis daarom dat die gemeente so eg vanuit hulle sonde en ellende getysterde lewens agter God aan [Ps 3-7], uitbars om Hom te loof, te prys en te aanbid.
Ek sal dus hierdie week, hierdie orde van die Psalmboek-openbaring duidelik moet onthou as ons saam aan die diensorde werk. Die ou liturgiĂ« begin nie toevallig met die kyrie eleison nie; nie met âpraise and worshipâ nie!
En die crescendo van die pryslied vir God, styg na mate die gemeente daarin ontdek, dat hulle wat sĂł sukkel; ellendig voel en is, verrassend, amper onmoontlik!! maar tog Goddelik waar, Sy spesiale aangestelde, uitgesoekte, verkose mede-werkers [ampsdraers] is; dat Hy hulle so hoog ag; dat hulle sowaar sy âgekroondesâ is, om namens Hom sy Skepping [alles omvattend] al dienende te versorg. Dis ân mondvol — maar dis diĂ© mondvol wat sy mense nie anders kan as om âuit te barsâ van lof nie! En dit alles gee hoop. Lof en dank aan God maak sy mense bly en hoopvol. Dis die Evangelie!
Hekel patroon vir die Onse Vader gesoek
hekel patrone
Kan u my miskien help?
vergeet dit
Vraag oor teks van Sondag
Effektiewe vennootskappe munisipaliteite en gemeenskappe PowerPoint
Groete
Toolkit vir Batebouers in gemeentes
Dit sluit oa die volgende in:
1. Asset-Building Foundations for Christian Congregations
2. The Important Role of Congregations in Building Assets
3. Reports and Articles for Deeper Understanding and Sharing
4. Getting Started with Asset Building in Your Congregation
5. Asset-Building Strategies and Presentation Resources for Congregations
6. Growing Asset Builders in Your Church and Community
7. More Resources
8. Handouts 1-12: Training
9. Handouts 13-17 and 22: Program and Evaluation
10. Handouts 18-35: Asset-Building Ideas for Many Audiences
_______________________________________________________
This Toolkit for Integrating Developmental Assets in Your Congregation has been made possible through Search Instituteâs support in 2005 from Thrivent Financial for Lutherans. This kit includes some content adapted from Integrating Asset Building into Love INC Ministries. Portions of the toolkit are excerpted or adapted from previous Search Institute publications and are used with permission from Search Institute. The following are registered trademarks of Search Institute: Search InstituteÂź and Developmental AssetsÂź. Used with permission of Search Institute. All rights reserved.
Search Institute, 615 First Avenue Northeast, Suite 125, Minneapolis, MN 55413, 800.888.7828, www.search-institute.org.
Batebouers begin by hulleself
Teologie wat leef vanuit probleemstellings
Ek het op die oomblik uitgevang gevoel – ek dink hy is reg – ons hou van slegte nuus -nie net oor die ekonomie nie, maar in die algemeen is ons geneig om eers te verduidelik hoe dinge besig is om uit mekaar te val en agteruit te gaan, en as ons ons gehoor oortuig het, kom ons met ons oplossing.
Batebouers – ons denkraamwerk vir die konferensie – dink natuurlik anders – vra nie wat verkeerd is nie, of wat die probleem is nie, maar waar daar bates is waarop ons kan bou. Maak geen fout nie, dit gaan so ‘n bietjie teen ons teologiese grein in – en ek weet daar is ‘n gevaarlike eensydige kant hieraan – natuurlik moet ons in hierdie tyd bv ernstige vrae vra oor die prys wat die sg groei-ekonomie ons kos in terme van die oorbenutting van bronne ens.
…maar daar is ‘n ander kant waar ons ewe ernstige geloofs- of kan ek sĂȘ Godsvrae moet vra – is God teenwoordig in die ekonomiese groei wat ons geslag beleef het, of sien ons God net raak in die skadukante en nie ook in die herstel en vooruitgang van die wetenskap en die ekonomie nie!
Dit is tyd dat ons bewus moet raak van die dikwels onbewuste magstoe-eiening van ‘n teologie wat net fokus op die probleme en nie ook sigself kan verwonder aan die herstel nie. Sulke teologie en gemeentepraktyke is geneig om God net raak te wil sien in die formules van ons kerklike en teologiese tradisies, en sonder dat ons dit besef, haal ons almal uit spel wat nie ook soos ons in die taal van die Teologie met ‘n hoofletter kan praat nie.
Hoe kan ons met Stan en kie teologie praat vanuit die perspektief van verwondering oor ‘n God wat omgee en sorg? Dalk moet ons Pat Keifert se bekende stelling weer hier onthou: “the question is not what the hell is going on, but what in heavens name is God up too!?”
Dalk moet ek ‘n wag voor my mond sit wanneer ek weer ‘n preek begin met ‘n probleemstelling …
Oor die Leesrooster …
Ek self het die Preekstudies begin gebruik in ‘n tyd toe ek nuut/anders begin dink het oor die inkleding van die erediens/liturgie. Ook in hierdie aspek is ek die afgelope twee jaar teleurgesteld. Daar word baie min nuwe liturgiese voorstelle gemaak. Ek wil nie ‘n uitgewerkte liturgie en preek ontvang nie, maar het nogal al die variasies en voorstelle geniet. Gelukkig het ek nog al die ou preekstudies en blaai baie lekker terug in die verlede.
Die tot standkoming van die preekwerkgroepe in die gemeente het my ook genees om te swaar te leun op die preeksketse in die preekstudies, daaroor is ek baie bly (ek werk deesdae harder aan my preke! đ
Dankie vir al die hulp deur die jare, maar ek verlang so effens terug na die “ouer” weergawe van preekstudie en leesrooster.
Fanus Hansen
Gebed wat die hemel oopsluit
Huisbesoek en die platteland
Die punt is dat die bou van verhoudiings tussen die leraar en gemeentelede deur die konteks en die getal lidmate beinvloed word. Ek verwys oa na Alice Mann se teorie hieroor. In kleinder plattelandse gemeentes soos in Vollie se geval sal persoonlike kontak tussen die leraar en lidmate individueel altyd baie belangrik wees, want dit sal die primere manier wees waarop ‘n vertrouensverhouding gebou word. Die kritiese vraag is dan natuurlik hoe gereelde besoeke of kontaksessies benut kan word om hierdie lidmate verder toe te rus vir hulle dienswerk en nie net as ‘n “geestelike versorging” waar die lidmaat afhanklik gemaak word van die besoeke van die leraar nie. Ek weet Vollie het hieroor interessante perspektiewe wat hy met ons moet deel.
Vir watter soort leierskap/gesagsuitvoering kies Salomo in 1 Konings 3?
* En Salomo kies wat God wil hĂȘ. Die Deutronomistiese geskiedskrywer maak seker dat ons dit nie dalk mis nie.
Die volgende praat duidelik met my:
– Salomo maak sy keuse in die raamwerk van aanbidding; van afhanklikheid; van oorgawe aan God [3:3-4 en 3:15]. Hy gee hom algeheel aan God oor. Hy bring duisend offers! Dalk 10x10x10= 3 keer volledig! En hierdie aanbidding word progressief intens [dalk beter?] want dit vorder van die twyfelagtige âhoogtesâ van aanbidding to in Jerusalem in die Tabernakel.
– In hierdie gees/gesindheid van aanbidding voor God, maak Salomo ân lewensbelangrik keuse. Hy kies teen die destydse [en huidige] vorms van leierskap/gesagsuitvoering: Hy kies teen mag [met sy liefling bedmaat geld] en die voorspoed/vooruitgang-kultuur [Deut 17:14-20].
– Hy kies daarvoor om net ân nederige slaaf-kneg van God te wees. Iemand wat soos ân kind [afhanklik] nie weet hoe om te maak nie[3:7]. En die uitstaande geaardheid van so ân nederige kind-kneg, is ân hart/gesindheid wat luister/gehoorsaam. Dit is wat wysheid is! So ân Kneg van God het eintlik net een posisie voor Hom: Luister fyn wat Hy sĂȘ en voer Sy plan uit [Die âkneg-weesâ wysheid wat 4 keer in die gedeelte herhaal word, is omtrent heeltemal wegvertaal in die huidige vertaling].
* Maar ons moet seker maak as ons luister. Salomo kies reg, maar binne ân breĂ«r raamwerk in die Koningsverhaal. [3:1 en 11:1-7]. Hierdie verhaal sĂȘ: Dis een ding om reg te kies; dis ân ander ding om dit reg uit te voer. En dis hier waar Salomo se dubbele hart duidelik word. Om net vir God te kies, is maar net nie menslik moontlik nie. Hy kies vir God maar hy maak sy koningskap in Israel eers ook stewig vas aan die leier-moondheid van die tyd, Egipte. En hy doen dit met ân gerieflikheidshuwelik. En al die ander kontrak-huwelike om die koninkryk van Israel nog stewiger uit te bou, wat volg, is uiteindelik Salomo se ondergang. Mens kan nie twee harte hĂȘ nie. Ons kan nie God en Mamon-Mag dien nie. Dit lei iewers tot vernietiging! Maar ai, lewenspolisse is tog noodsaaklik. Dit hou ons onaantasbaar!
* Daar is net een Koning wat radikaal vir God, sy Vader, gekies het: Jesus Christus — God se Kneg, wat niks gedoen het as Hy nie eers by sy Vader gehoor het wat Hy moes doen nie. Hy is regtig, regtig! ons enigste HOOP.
* Die verhaal spreek hard en duidelik binne-in die markplek in; alle vorme van regering; alle vorme van gesag, ook in 2009. Miskien moet ons die fynste in die kerk begin luister. Hoe lei dominees en ander gemeente-leiers? Hoe âbelangrikâ is dit nie om by die ringsvergaderings, wat nou weer begin plaasvind, ân posisie-tjie te kry nie? En wat van ons sinodale leiers en al hulle magspeletjies, veral in die moderature? Word die Here se mense regtig gedien of nie? Dominees, is ons regtig die Here se knegte, ook as ons kerkraadsvergaderings lei en opdragte uitvoer? Is ons op ân baie fyn manier die hond wat die stert rondswaai of nie? Is ons âmanagersâ in die gemeentes of sien die lidmate nederige diensknegte? Staan ons name op die gemeente-kalender heel bo; uitgesonder of sommer maar onder aan die lys van kerkraadslede? Onthou mense sien dieper as wat ons dink. En wat is die resultate hiervan oor baie jare?
Huisbesoek is onvervangbaar in ‘n “verre-plattelandse-gemeente”
Ek gebruik die term “verre-plattelandse-gemeente” wat op bl 5 in die Salarisomsendbrief No 1/2009 van die SFK gebruik is, omdat dit die enigste manier is om die gemeentes te beskryf waarin ek gedien het en tans dien. Hierdie gemeentes het net selfoon ontvangs in die dorp waar die kerk staan en nie in die res van die gemeente gebied nie. Hierdie gemeentes se area wissel tussen tagtig en tweehonderd kilometer in deursnee. Die paaie in die gemeentes is grondpaaie met baie slegte oppervlakte.
Gemeentelede waardeer huisbesoek geweldig. Aangesien Erediens bywoning nie gereeld geskied nie bied huisbesoek die geleentheid tot kontak en verhoudingbou.
Ek dank julle vir die gesprek oor hierdie baie belangrikke saak.
Vollie Gilfillan
Sutherland
Hoe leer ek ‘n Ndbele persoon lees en skryf ?
Drie-eenheid en gemeenskap oor-grense
Ek herinner jou aan jou bydraes wat die klem le op agentskap- wie is die eintlike agent wanneer die professor en studente mekaar help om te transformeer? Dit help my om te onthou dat wat daar beskryf word niks anders is as ‘n beweging van die Gees nie. ‘n Onverwagse flietende gemeenskap rondom ‘n pakkie chips is die soort kontekste waar die Gees beweging bring, omkeer bewerk, van liefde, respek en onderlinge afhanklikheid. As ek so na daardie prentjie kyk- rol daar ‘n berg van probeer en forseer nog meer skuld nog meer nie-goed-genoeg-wees-nie, en kan ek ligter deur die lewe beweeg en my verwonder aan die manier waarop die Gees hoofvaardige professors en onwillige studente transformeer tot koninkryksgemeenskappe- flietend soms byna onsigbaar- maar die Here weet- dit was nie ‘n lugspieeling nie, maar ‘n egte oomblik wat die konikryk gekom het.
Ons gaan die oor-grens gemeenskappe nie kan forseer nie- onwillig moet ek erken die studente was reg- maar ontvang as geskenk wat my in die eerste plek gaan transformeer- prof Jansen was ook reg. Die koninkryk kom binne die gemeenskap van die Drie-eenheid. Kom ons rus daarin en neem daaraan deel
Luister verder Joh 6:35-51
* Daar is egter ook ‘n ander misterie in die verhaal — God se uitverkiesing. Ongelukkig het die Revised Common Lectionary dit vir ‘n groot deel in ons luister na die verhaal uitgehaal — verse 35-40. Lina Hoffmann het dit ook nie aangeraak nie. Is dit dalk omdat dit te lastig vir moderne mense is? Onthou God se uitverkiesing maak mense magteloos gering! En moderne mense haat hierdie tipe ervarings!
*Nie minder as drie keer [dalk nie so vreemd vir Joodse luisteraars nie] word die misterie van die uitverkiesing in die verhaal herhaal. Dit is net diegene wat die Vader vir Jesus “gegee het” wat Hom “sien” en Hom “glo”. En dit is net die verkorenes wat die Lewensbrood eet en lewe!
* Ek reken hierdie verkiesende deel van die verhaal is juis die enigste bron van ware lewenskrag in die week se verhaal. Hierdie daad van God om sy mense na Hom te trek, is ons enigste ‘energie’ om Jesus te sien en Hom te glo en waarlik te lewe.
* En hierdie daad van God is die misterie van sy uitverkiesende liefde. Liefde wat nie spesifiek vir iemand kies nie bly vaag; is nie regtig vaste, betroubare liefde nie! SĂł, dat Hy op mense; sy mense “verlief” raak, en dan spesifiek kies, is die wonder van wonders. Verlief raak op gebroke sondaars! Die onmeetbaar grote God, ‘mal’ raak oor stippel-klein ‘stoffies’! Dit is Jesus van Nasaret in sigself! Wow!!
* Maar dis ‘n dubbele misterie. DiĂ© op wie Hy “verlief raak” “sien” Hom en die vonk van wederliefde spring en hulle “glo” Hom.
* Om verlief te raak; om in liefde te “val” sal nooit verklaar kan word nie. Dis ‘n misterie. Niks kan dit ooit fabriseer nie. Dieselfde soort misterie dat ek en my vrou 47 jaar gelede op mekaar verlief geraak het en nog steeds in die liefde ‘gevalle’ is. Maar wat ‘n vreugde en energie om in die misterie te leef. Dit elke dag te eet en te drink …
Dis ‘n floue afskynseltjie van die misterie van God se liefde vir ons en ons wat Hom sowaar oor lief gekry het en Hom “eet en drink”.
navraag leesrooster 2009/10
Is dit moontlik om nou reeds die leesroostertekste vir volgende jaar (jaar C) te bekom? Ek het die Revised Common Lectionary-webtuiste opgespoor, maar ek wil graag weet of dit die ‘regte’ tekste is wat deur ons kerk in SA gebruik gaan word.
Ek be-oog om ‘n kalender volgens die kerkjaar-seisoene saam te stel, gekoppel aan my kunswerke.
Baie dankie
Renee
Leer vir die gestremdes lees en skryf
André Barlow
Volledige inhoud van Verantwoordelike Vernuwing 2009 se WERKSWINKELS
Kort skakel na die Word dokument: http://tr.im/uI8K
Verantwoordelike Vernuwing 2009 program/ werkswinkels/ inskrywingsvorm
* Program: http://tr.im/uzC1
* Werkswinkels: http://tr.im/uzCx
* Inskrywingsvorm: http://tr.im/uzCJ
Hoop dit help!
Verantwoordelike Vernuwing
Huisbesoek
Voorts moet ‘n mens baie versigtig wees wanneer jy as Demas praat, want kritiek word nie altyd verstaan en waardeer nie. In my predikantsomgewing het ek dikwels gese jy moet bekommerd raak as ek nie meer kritiek lewer nie – dan is ek nie meer betrokke nie. En vir ‘n langtyd nou al pla my dit my hoegenaamd nie wat in my vorige gemeente gebeur nie. Dit so bietjie agtergrond.
DIe probleem van huisbesoek, is ‘n BAIE dieperliggende probleem. Dit raak nie net huisbesoek nie, dit raak ons manier van kerkwees. Daar is talle kerke wat groot en sterk is en GLAD nie huisbesoek doen nie, maar waar die pastor, as my kind soos die afgelope week, in Tygervallei instap en hy haar sien, haar vriendelik groet!
Ek dink die NGK probeer te hard om alles vir almal te wees. Ek dink die predikant se EERTSE verantwoordelikheid is teenoor sy meelewende lidmate – en hulle huil en kerm gewoonlik nie oor huisbesoek nie. Niemand kan die randfiguur beter bereik nie, as ‘n vriend nie. En ‘n predikant kan gewoon nie met almal vriende wees nie.
Die Bybel is ‘n ongelooflike boek. As daar iemand is wat belangstel, sal ek hom/haar die tema van ‘n Dokterstesis gee – Die Bybel leer die beginsels van moderne bestuurswetenskap. Daarom het ek in Harvard Business Review ongelooflike Bybelse beginsels gelees. Soos NUWE WYN in NUWE SAKKE (Structure follows purpose?) DOEN aan ANDER wat jy wil he hulle aan JOU moet doen. Dienenende leierskap. Die ongelooflike is dat daar talle artikels vanuit suiwer akademiese en besigheidsoogpunt oor die onderwerpe in die HBR verskyn – met geen verwysing na die Bybel nie.
Gun my ‘n laaste twee opmerkings: EK het na my ou gemeente ‘n boodskap gestuur: Diegene wat in my tyd op die kerkraad was, moet my vergewe, want ek het van HULLE goed verwag wat ek self nie kan doen nou dat ek nie meer ‘n Ds is nie.
Tweedens (en Piet Meiring vertel dit met ‘n uitstekende storie) die prediking is te veel besig met die predikant se probleme en nie myne nie. Daaroor kan ek nog baie se. In my tyd het ek dit probeer oplos deur preekgroepe te he van mense wat ek geestelik kon vertrou om my te help preek maak. Prof Jonker het een dag gese jy maak preek met die Bybel en Koerant oop op jou lessenaar. Maar dit frustreer my mateloos as ‘n predikant met sulke ondeurdenkte, oppervlakkige opmerkings kom. Niks met huisbesoek te doen nie, maar baie met geloofwaardigheid! En of ek HOM sal opsoek (nooit!!!). Hoeveel predikant het al THE FUTURE OF MONEY gelees? Hoe kan jy dan verstaan wat in die ekonomiese krisis gebeur en hoe kan jy jou gemeente lei?
Skies, Frederik, ons het nou ‘n wye draai geneem wat moontlik lyk asof dit weg is van huisbesoek, maar wat juis illustreer, as jy aan ‘n klein draadjie torring, dan is die hele naar gou los.
Demas signing out! đ
Wat is die doel van huisbesoek?
Dankie vir julle kommentaar wat kom uit ryk ervaring in die bediening.
Petrus, yy vra ‘n belangrike vraag: “hoe op aarde leer ek lidmate ken? En kan ek daarom toepaslik preek vir hulle as ek nie deur ‘n sistematiese program van huisbesoeke gereeld met hulle kontak het en na hulle kan luister nie”?
Jou belangstelling in huisbesoek is nie om as betaalde amptenaar “namens” die gemeente “alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie”.
Ek wil graag onderskei tussen intensie en plan:
Ek deel die belangrikheid van jou intensie, nl dat leraars baie goeie kontak met lidmate – hou steeds van Heinrich se voorstel dat ons eerder praat van mense – moet hĂȘ om ander dele van hulle werk te kan doen soos bv om te preek. Ons hoef nie daaroor verder te praat nie. Almal stem daarmee saam. Daarom sĂȘ Piet Maritz, hang huisbesoek af van of hy en die ds darem saam kan tee drink na die kerk ens.
Wat wel die vraag is: Werk ons plan van geroetineerde besoek om juis dit te bewerkstellig? My artikel het beweer van nee. Die plan werk nie meer in ons huidige konteks so goed nie, want die konteks het baie verander. Wel daar is natuurlik plekke waar dit nie verander het nie en waar die plan nog goed werk. In baie gevalle het wyke ingeplof, is daar nie meer kerkraadslede vir die wyke nie, ens., ens. Sit dan nog die realiteit van sekuriteitsareas by waar jy nie sommer maklik inkom nie, die programme van mense en hulle mobiliteit en jy kom agter dat daar ‘n hele boel gewone dinge is wat huisbesoek moeilik en soms onmoontlik maak.
Maar ek dink daar is belangriker redes agter my artikel. Ons veronderstel lidmate wil dit graag hĂȘ as metodiek vir geestelike versorging. Ek bevraagteken daardie veronderstelling. Ek dink dit is nie waar nie. Ons sal dieper na lidmate moet luister. Die behoefte aan ‘n roetine besoek van 30 min een keer ‘n jaar, het oa geskuif na ‘n behoefte aan verdiepe verhoudinge, aan verdiepte spiritualiteit, aan groter eerlikheid en ‘n veilige ruimte waar ek my worstelinge op die tafel kan sit en deurpraat. Huisbesoek kan dit nie doen nie. Daarvoor moet ons ander planne maak.
So ek antwoord einlik met ‘n vraag: Is die belangrikste vraag, hoe kry die dominee kontak met die lidmate, of is die vraag, hoe ontwikkel ons koinonia, begelei ons lidmate tot dissipelskap en hulle identiteit in Christus?
In een sin: Dominees moet goeie kontak met mense hĂȘ waar hulle kan luister en leer oor die lewensomstandighede van die mense wat hulle bedien en ons sal in gemeentes planne moet maak om lidmate te begelei tot dissipelskap. Hoe hou ons aan altwee vas? Ons sal by mekaar moet leer en dit is oa waarom ons hierdie forums ontwikkel.
Nawoord: Piet- wat homself die Demas noem wat die teenswoordige wereld liefgekry het – gaan ons beter help om by die antwoord uit te kom as ons wat so diep binne-in die sisteem sit. So, kom aan Piet deel jou wysheid met ons.
Huisbesoek
Demas en Huisbesoek
My sinvolste gesprekke was waar ek informeel saam met lidmate goed gedoen het (by skottelgoed was na ân begrafnis, vuurmaak voor ân braai, selfs as ek skole rugby gaan kyk omdat my lidmate se kinders speel â ek het net dogters). Dan het die vrae wat ek graag by huisbesoek sou wou bespreek dikwels uitgekom.
Sedert 1997 was die Ds 1 of 2 keer by my. Of ek hom sal opsoek, hang af van hoe ek sy pastorale ingesteld beleef of die kansel of tydens tee na die diens.
Maar dit is maar net Demas (hy wat die teenswoordige wereld liefgekry het) wat praat. Tog dink ek predikante sal goed doen om meer met die Demasse te praar â hulle ken twee werelde.
Sterkte aan al die Dominees â julle het nie ân maklike job nie.
Jesus is inderdaad oppad dit is tog Advent
Magda sluit haar kommentaar oor teologiese strominge af met 'n wekroep dat ons moet onthou dat Jesus oppad is. Dit is 'n wekroep wat in die geskiedenis van die kerk so belangrik was dat hulle 'n seisoen daarvoor uitgesit het- ADVENT- letterlik beteken dit- Die Koning...
Tydige boodskap vir ons land in die Kersgety
Wat 'n tydige woord vir ons verdeelde gemeenskap, waar die onreg van die verlede sowel as die onreg van die hede mense in kampe jaag en polariseer. Is dit nie presies wat Johannes die Doper in Lukas 3 in die oog het, as hy 1) aan die een kant vir alle mense vra om...
Die God van geregtigheid is oppad
Dit is skitterend, Chris! Dankie
Hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap vir Gestuurde gemeentes?
Fredinand spreek waardering uit die konferensie Leef die Gestuurde Roeping wat onlangs in Helderberg gehou is en vra hoe kan gemeentes inskakel by die Vennootskap? Oor die konferensie-ons is almal steeds baie dankbaar vir die konferensie en die hernuwde entoesiasme...
SAVGG Konferensie Helderberg
My ouderling en ek is geborg om te kom uit Vryheid, die Noorde van Kwazulu Natal. Ons is nie deel van die Venootskap. God wou ons daar hĂȘ want toe ons nog saam met Pat in dieselfde grĂȘnd Mushroom Boutique Hotel van Wynand Nel (die beste innie Kaap!)bly en tot 2uur in...
Meer inligting oor die Eerstejaarskamp 2010 te Stellenbosch
Gaan na hierdie artikel vir meer inligting: http://www.communitas.co.za/index.php/tuis-communitas/nuus/nuusberigte/1628-eerstejaarskamp-2010
Mnr.
Kan u vir my asb meer inligting oor die kamp stuur. Dankie.
Hekel patroon (DIE ONSE VADER)
Aan Marietjie My moeder is nog in besit van die Onse Vader hekelpatroon. Laat weet jou posadres, dan stuur ons met graagte vir jou die patroon aan. Groete Susan Sel: 084 501 3127