{ARGIEF}

Spiritualiteit en lewenstyl

Kersfees ‘n fees van hoop!!!!

Die afgelope jaar was vir my in ʼn sekere sin ʼn slegte jaar. My kleinneef Erich is wreed deur ʼn vliegramp van sy vrou, kinders, sy ouers en ander familie weggeneem. ʼn Vriend (saam met wie ek grootgeword het) se Pa is op sy plaas vermoor. Die ekonomie het ons almal...

read more

Moet Christene ook die Joodse (Bybelse) feeste van die Ou Testament vier? Feeste 1

Feesvieringe (1)

Moet Christene ook die Joodse (Bybelse) feeste van die Ou Testament vier?

Feeste is een van die kenmerke van religieuse mense. Regoor die spektrum van godsdienste en gelowe vier mense religieuse feeste. Van die vroegste dae af is feeste en rituele deel van menslike spiritualiteit. Dit vorm ʼn integrale deel van alle godsdienste se spirituele identiteit.
Watter feeste behoort Christene te vier? En moet Christene ook die Joodse feeste van die Ou Testament vier? Dit is enkele vrae waaroor daar net so baie menings as feeste is. In hierdie eerste artikel (1) gaan ek probeer om eers te verduidelik watter feeste Jode gevier het en die relevansie daarvan vir Christene.  ʼn Volgende artikel sal spesifiek oor Christelike feeste handel.

1. Feeste in die Ou Testament

Vanaf die vroegste tyd is die Joodse jaar gekenmerk deur groot feeste – die “feeste van die Here”. Sommige feeste is gereël om saam te val met die wisseling van die seisoene, om die volk te herinner dat God voortdurend vir hulle sorg en om hulle ’n geleentheid te bied om aan God hul dankbaarheid te betoon.     Tydens ander feeste is groot gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel gedenk, die geleenthede toe God op ’n onmiskenbare wyse ingetree het om sy volk te verlos. Al die feeste was geleenthede van heelhartige vreugde en genieting van God se goeie gawes en terselfdertyd plegtige byeenkomste om sy vergewing en reiniging te vra. Dit is opmerklik dat die getal 7 dikwels in al die feeste voorkom. Feeste was deel van die Joodse spiritualiteit. Dit was feeste wat die Tora (Die eerste 5 boeke van Moses)  hulle beveel het om te onderhou (Lev. 23; Num.28; Deut. 16).

Joodse Feeste:

1.Sabbat : Die sewedagsiklus in die daaglikse lewenstyl was van die antieke wêreld af  ʼn gebruik wat ook buite Israel gevolg is. Die Joodse Sabbat was egter ʼn bevel van die Tora. Hierdie opdrag was so streng dat oortreders selfs met die dood gestraf is.
Die Sabbat was die sewende dag en op hierdie dag was werk verbode en die daaglikse offers verdubbel. Hierdie viering het veral verband gehou  met die voltooiing van God se skeppingswerk (Eks. 20:11), die verlossing uit Egipte (Deut. 5:15) en die mens se behoefte aan rus en verkwikking (Eks 23:12). Ná die ballingskap is die reëls in verband met die Sabbat streng toegepas (Neh. 13:15-22), en die nakoming daarvan het een van die uitstaande kenmerke van die Judaïsme geword. Die streng beskouing van die Sabbat het aanleiding gegee tot baie ander wette rondom die Sabbat. Daar word tot 39 hoofsoorte werksaamhede op die Sabbat verbied. Die “Sjabbat” was  nie net ʼn weeklikse feesdag nie, maar al die heilige feeste moes op dieselfde manier as die “Sjabbat” ingerig word.

 

read more

God verras ons met sy liefde!

Dit gebeur soms dat ʼn mens na jou omstandighede kyk en dan net die slegte raaksien, want dis al waartoe jou geestesingesteldheid jou in staat stel. Die week vra ʼn vrou my waarom dit dan lyk asof God net die hardheid van die lewe vir haar wys? Dis sleg as mense net die...

read more

God die rede vir ekstra vrolikheid

Soms lees ‘n mens iets wat jou dag so opvrolik dat jy lank daaraan herkou. Wel ek het die week so brief in die Burger se briewekolom gelees. Dalk is dit vir jou ook so spiritueel verfrissend, soos vir my ! Ek deel dit met julle: God die rede vir ekstra vrolikheid Met...

read more