{ARGIEF}

Verantwoordelikheid

Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal – 6de RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

6. Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal

 Wat is die verband tussen verantwoordelikheid en die ontwikkeling van jou potensiaal?

Weet jy, die Here het ons na Sy beeld geskape, dus, baie goed, uniek, vol potensiaal en ryk aan vermoëns! Gelowiges noem dit talente wat die Here aan ons skenk. Hierdie geskenke moenie toegedraai bly nie,  maar  oopgemaak word. Dis nie wit olifante nie,. Wanneer ‘n mens hulle gebruik,  voeg jy waarde toe aan die samelewing – en word jy terselfdertyd medemenslik verryk.. Seker die grootste geskenk wat ek en jy gekry het,  is ons brein – dis ’n bron van  ongelooflike skeppingsvermoë.

 Hoor ek reg, ons het die verantwoordelikheid om die gawes, wat jy geskenke noem,  ten volle te ontgin…?

Jip, as ons hulle verwaarloos, dan verloor ons dit wat ons spesiaal en kosbaar maak. Ons is waardig. Ons is wesens in wie God ’n vertroue stel, en vir wie God met verantwoordelikheid beklee.

read more

Sondagaktueel – RSG

Sondag Aktueel ~ RSG  1(A): Waar, wanneer en deur wie word morele waardes gevestig? Die aanleer van persoonlike waardes werk die beste wanneer ouers van so vroeg as moontlik, en natuurlik voortdurend, hulle kinders met waardes help, hulle daaroor inlig, en goeie...

read more

Maak heel ons vensters!

In die debat oor waardes is daar ongelukkig  een stem wat selde gehoor word, die stem van kinders en tieners en daar is dikwels ‘n  blinde kol  vir hul verrassend- skerp bydrae.

Ope brief aan die Minister van Onderwys, skoolhoofde en onderwysers:

Geagte Minister,  skoolhoofde en onderwysers

Ons weet dat dit onredelik is om van onderwysers te verwag om alles wat in die samelewing skeefloop reg te stel.  Ons weet ook dat skole nie die enigste plekke is waar waardes gevestig word nie en dat onderwysers nie die enigste persone is wat daarvoor verantwoordelik gehou kan word nie, maar julle speel ‘n baie belangrike rol.  Die kernwaardes wat ons dink in skole gevestig behoort te word, is,  omgee/medemenslikheid, eerlikheid/integriteit selfdissipline/ werksetiek,  respek en verantwoordelikheid.

Omgee. Ons wil graag beleef dat daar by die skool mense is wat vir ons omgee,  wat weet wie ons is en ons op ons name kan groet. Ons wil van geweet wees, al is ons nie die eerstespan se rugbykaptein of die slimste in die klas nie.  Ons weet dat julle vir ons omgee of nie uit die manier waarop julle ons behandel en manier waarop julle vir ons klasgee.  Julle gee om, wanneer julle ons as individue ken en ondersteun,  in ons belangstel en werk wat ons nie verstaan nie weer ‘n keer verduidelik, wanneer julle klasse interessant probeer maak, na ons luister en regverdig optree.  Me die minister, dit is vir onderwysers onmoontlik om verhoudings te bou en werklik om te gee, wanneer klasse te groot en die administratiewe werkslading van onderwysers te swaar is.

Maak asseblief ook die stukkende vensters, teels en krane reg, verf vuil mure en dakke en plant struike, want dit sê ook dat julle omgee.  “In die toilette sal ek krane sit en dit sal nie stink  of morsig wees nie” (Shameon Damin). Wanneer goed vuil en stukkend bly dan voel dit vir ons asof niemand omgee nie en dan gee ons ook later nie meer om nie.

Eerlikheid/ Integriteit

read more

En toe sê Skip haar met ‘n SMS af. (Moet die Kerk en Rapport saamwoon)

Die een probleem van buite Suid-Afrika bly, is dat jy die kerknuus in ‘n baie gedistilleerde (verwronge?) vorm kry. Gewoonlik word kerknuus verskraal tot ‘n opskrif in Rapport of dalk, vir die ingewydes, ‘n opskrif in die Kerkbode.

In “NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat” (Rapport, 28/11/2009), word die “finale” besluit aan ons oorgedra. Die opskrif spook met my waar ek besig is met máándelange pastorale gesprekke met pare wat saambly en tog besig is om meer erns met die Here maak. Hulle worstel met die verhouding tussen hulle en God en saamwoon. In my spreekkamer worstel, huil en lag ons saam oor die realiteite van hulle lewens. Hulle begin God se wil ontdek, hulle sien God se hart vir die huwelik, die vrou se behoefte aan commitment, die man se liefde vir sy meisie.

Tog hang “Die evangelie volgens Rapport” swaar oor ons gesprek.

read more

4. RSG – Oordenkings Skrifl. 2Tim.4:2 – 3

Dat ons morele herstel nodig het, is ’n kommer wat beide politikus en teoloog, ekonoom en wetenskaplike deel. Die knellende vraag in die debat van morele herstel is -  Wat kan gedoen word? Waar begin ons? Soos Bonhoeffer, Anna Arendt, George Picht  met voorstelle kom,...

read more

1. RSG – Oordenkings Skrifl. Mark.10:46-52

Baie mense, indien nie almal, is bekommerd oor die morele verval, soos gesien in die vlaag van geweld, misdaad, korrupsie, disrepek en wetsoortredings. Hoe kan ons, hoor ek gedurig, die samelewing meer menslik en hoopvol maak? Hoe kan ons die toekoms so beinvloed dat...

read more