{ARGIEF}

Geloofwaardigheid

WAARDES HERWAARDEER – om herkenbaar kerk te wees

Waardes (selfs status soos eersug en hebsug) kan jou sin van reg en verkeerd bepaal en die stem van jou gewete word. Dit kan ’n dryfkrag tot onreg word, ’n mag wees wat enigiets sal doen, die wet oortree en lewens vertrap en vernietig solank die ideaal bereik word.

In Filippense 3:4b-14 getuig Paulus oor sy lewensverandering: die omkeer en herwaardeer van sy lewenswaardes. Hy verduidelik aan Christengelowiges iets oor waardes (en status); hy vertel van die status wat hom vroeër gemotiveer het en dié waardes wat hom nou dryf. Hy was eers fanaties en het die kerk vervolg, maar die heersende polities-godsdienstige en sosiale waardes van sy tyd het vir hom betekenislose drek (mis) geword. Hy het na Damaskus ’n totale omkering van waardes gemaak; ‘n nuwe waardestelsel aanvaar. ’n Mens sou ook van ’n metamorfose (μεταμορφόομαι – Romeine 12:2) kon praat; of van die “evangelie as geboorte van die nuwe lewe” (Heerden van  Niekerk).

Dit gaan nie oor ’n paar oppervlakkige gewoontes wat aangeleer word nie, dit gaan oor ’n “hartsvernuwing” (soos Esegiël 36:26 verwoord). Paulus het “dit nie teen Joodsheid en sosiale stand as sodanig nie, maar teen die feit dat hierdie dinge hom verhinder om Christus te ken en te dien. Hier sou ’n mens kreatief besin oor dié dinge wat die gelowige in selfgenoegsame gearriveerdheid laat beland. Baie van die dinge is nie noodwendig verkeerd nie, maar kan beslis groei en die kennis van Christus in die wiele ry. Dorothee Sölle se ‘Death by bread alone’ illustreer hierdie punt treffend – sukses, voorspoed, gemak, eer ensovoorts (‘brood” in sy breedste sin) kan jou verstik. Jy kan nie daarvan alleen leef nie!

read more

ENKELE “ÉN-ÉN” RIGLYNE

“Wat behoort te wees én hoe kan ons bevry word om dit te doen?” – Klaus Nürnberger se definisie van Christelike Etiek.

1 “Ek behoort” én “Ons hoort” (identiteit én sosiale verantwoordelikheid).

As ons oor “sielsdinge” preek is dit ‘n sukses ; as ons oor konkrete sosiale verantwoordelikheid en leefstyl preek blykbaar ‘n mislukking – hoe kom ons dit te bowe?

2 Verandering deur imperatief (Tora ea), indikatief (Paulus en Gereformeerdes) én konjunktief/ optatief

In ons Christelike onderrig gee ons dikwels maklike antwoorde op vrae wat nie ter sake genoeg is nie. Ons beveel liefde en geregtigheid as oplossing vir alles aan maar beantwoord nie knellende vrae nie. Ons sê byvoorbeeld nie hoe die liefde kan werk nie, hoe ons kan vertrou nie ens.

read more

HOE WORD GEMEENTES INSTRUMENTE TOT MORELE VERANDERING?

Hoe sal ons byvoorbeeld mense se selfsugtige gedrag kan help verander na ‘n ekologies-vriendelik opofferende wyse van lewe en na ‘n saamleef met mense van ander rasse/ kulture/ ervaringe/ godsdienste?

Rugbywedstryd: “Een spanner maak nie ‘n toolbox nie!”. Maslow: As jy net ‘n hamer het sal jy alles in die lewe wil regm…aak”. Gebruik God se hele gereedskapkis.

1 Die luister-seisoen (en afskeid van die “ons weet”-ingesteldheid)

Luister stel ‘n groot uitdaging aan ons. Mense sukkel daarmee. Ons assosieer “luister” met die kwaai vinger van ‘n prekerige onderwyser en ‘n predikant wat geen kritiese vrae duld nie. Afgesien van hierdie negatiewe ervaringe is werklike luister, harde werk. Dit vereis bereidheid tot selfondersoek en ‘n gewilligheid om te leer.

Die persoon by wie mens dit duidelik verstaan, is M Scott Peck. In een van sy treffers, The Road Less Travelled, beweer Scott Peck dat ons basiese probleem – ons “erfsonde” – luiheid is. Adam en Eva volg eerder die slang as om na God se kant van die saak te luister. Dialoog, redevoering en die aanhoor van God – en ander – se mening stel jou bloot aan stryd en pyn.

read more

WAAROM RAAK GEMEENTES ONGEËRG OOR MORELE VERANDERING?

In watter gemeentes word gevra: “Watter soort mense moet ons in die kategese vorm? Maak ons ‘n verskil? Hoe help ons mense om by nuwe SA aan te pas op moreel-verantwoordelike wyse?” Indien ons dit nie vra nie, hoekom nie?

1 Redusering

Waarom sou die woorde van Jesus nie alle mense aangryp en verander nie?

Met dié bekende vraag worstel ‘n klein gemeentetjie al in die eerste eeu. Matteus skryf sy verhaal oor Jesus om hulle vrae te beantwoord. Vandag het sulke soort vrae al vermeerder: “Waarom sou ons Jesus se woorde steeds ernstig neem terwyl dit al so misbruik is?”

Omdat hulle ‘n gemeente van Joodse-Christene was, toon Matteus dat Jesus die beloofde Messias is. Hy verwys meer as die ander Evangeliste na die Ou Testament. Soos Moses het Jesus byna in ‘n kindermoord omgekom en moes hy in Egipte wegkruip. Jesus maak ook God se wil op ‘n berg soos Moses bekend…

read more

DIE EVANGELIE VERANDER MENSE

“Kan mense verander?” die bekende vraag van joernaliste aan Dorothee Sölle. Wat dink ons regtig hieroor?

-Die gevaar van idealisme. Dat ons verandering na godsdienstaal met hartsverandering verwar. Hoeveel keer is ons nie teleurgestel deur mense soos substansafhanklikes nie? Het sulke realiteite my afgestomp vir die potensiaal wat evangeliebemiddeling het?

-Die gevaar van pan-determinisme. Viktor Frankl (2007:159) vertel van die massamoordenaar van Steinhof, die enigste mens wat ‘n sataniese figuur is wat hy ontmoet het. Jare later moes hy hoor hoe die dr J voor sy dood die beste vriend vir ‘n kennis van hom geword het. Die mens kan keuses teen sy omstandighede en agtergrond maak.

1 Godsdiens het ‘n tweeërlei uitwerking: Dit legitimeer eie of groep se belange en behoeftes en/of dit transendeer eie belange en behoeftes.

read more

Claassen tas mis wanneer hy oor geloof praat

Die Christelike geloof in God is soos ‘n skat in kleipotte (vergelyk Paulus in 2 Korintiërs 4:7) – kleipotte wat die aardsheid, feilbaarheid, die mensheid verteenwoordig. Claassen buit hierdie aardse komponent van die Christelike geloof uit om sy ongeloof in God en geloof in die wetenskap “met al sy gebreke”  (sy woorde) te bevorder. ”Die wetenskap is nie absoluut nie” getuig Claassen tydens die openingsgeleentheid van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. “Die volgelinge van Christus is nie volmaak nie, George”.

Claassen sonder individue verteenwoordigend van die Christelike geloof uit as geloofskwakke en misleiers. Hy tree myns in siens onwetenskaplik op om op so ’n growwe wyse te veralgemeen en gelowiges soos Angus Buchan en Jannie Pelser se integriteit te bevraagteken en hul waardigheid en geloofwaardigheid aan te tas.  Sy mening word as waarheid verabsoluteer.

read more

Ons is meer as oorwinnaars

Invictus
Out of the night that covers me,
Black as the Pit from pole to pole,
I thank whatever gods may be
For my unconquerable soul.

In the fell clutch of circumstance
I have not winced nor cried aloud.
Under the bludgeonings of chance
My head is bloody but unbowed.

Beyond this place of wrath and tears
Looms but the horror of the shade,
And yet the menace of the years
Finds, and shall find me, unafraid.

It matters not, how strait the gate,
How charged with punishments the scroll, I am the master of my fate:
I am the captain of my soul.

read more

Wonderlike goed tussen “praise and worship” deur

Onderstaande artikel van Johan van den Heefer het in die By van Die Burger verskyn ‘n week gelede.  Ek het kommentaar daarop gelewer en plaas die artikel, met toestemming, sowel as my eie kommentaar.  En ek nooi jou uit om ook daarop kommentaar te lewer.

Seks in die kerk

Grafika: Jaco Grobbelaar

Tempelprostitusie (om seksueel te verkeer met iemand anders as jou maat vir ‘n geestelike motief) was in Ou Israel se geskiedenis iets waarteen mense gereeld gewaarsku is.  Van Levitikus tot met die profete is die volk dikwels vermaan om van dié praktyk weg te bly. Dit was skandelik om seksualiteit in die tempel te beoefen in die naam van godsdiensbeoefening.  In dié seksuele verkeer het dit nie oor die god gegaan nie. Ten diepste het dit gegaan oor die vrou wat aanbid word as die godin van vrugbaarheid.

Vandag sou dit ondenkbaar wees dat so iets in ons kerklike kultuur gebeur. Vrugbaarheidsrituele is ook nie meer deel van ons Westerse denkwêreld nie.  Die vraag is egter: Hoe naby het ons weer aan die beginsel van oppervlakkige seksualiteit in ons aanbidding gekom? Is die moderne idioom vir tempelprostitusie nie dalk ‘n baie mooier en vromer geestelike erotiek nie?  Scot McKnight (Karl A. Olsson-professor in godsdiensstudies aan die North Park-universiteit) het die term “geestelike erotiek” op sy blog (www.jesuscreed.org) gebruik, en ek wil met hom daaroor saamstem.

Wat word bedoel met geestelike erotiek?

Let op hoeveel van die liedere wat vandag in kerke gesing word, bevat die woorde “ek”, “me” en “I”. Ons het verlief geraak – nie op die God van die liefde nie, maar op die lekker gevoel wat dit bring om oor die liefde van God te sing. Ons lofprysing en aanbidding is indirek op onsself gerig.  Hierdie emosionele belewenis, wat ons graag as die teenwoordigheid van die Heilige Gees wil interpreteer, is niks anders as geestelike erotiek nie.  Lidmate van gemeentes waar “praise and worship” hoog op die agenda is, verklaar graag dat hulle die eredienste geniet. Dit is na my mening juis die erotiese sing oor die liefde wat geniet word.

Die idioom is dikwels die liefdesliedere van die wêreld, wat niks anders as oppervlakkige verliefdheid is nie. Dié verliefdheid word op God geprojekteer as ware liefde, of dan ware geloof. Hier kom die verbruikersmentaliteit op sy sterkste na vore, want musiek, wat die draer van die emosie of dan die erotiek is, moet deurgaans vernuwe en verander. Daar moet deurentyd na ‘n nuwe lied gesoek word. Dit bly dus ‘n konstante soeke na ‘n erotiese ervaring wat beleef word as egte godsdiens. God is ongelukkig nie die fokus nie, maar die orkes of die deelnemers. In hierdie romantiek binne die kerke word Jesus my “vriend” (boyfriend).

Behoort ware aanbidding nie in totaliteit op God gefokus te wees nie? Dit bly vir my een van die mooiste eienskappe van die liturgie in die Christelik Ortodokse tradisie, naamlik die skoonheid en eenvoud van die aanbidding.  Deelnemers aan so ‘n liturgie verheerlik en aanbid God net met stemme en met musiek wat eeue oud is. Die musiek se doel is inderdaad om intimiteit met God te bewerk, maar dié musiek en aanbidding bring die deelnemer in verwondering oor God.

read more

6. RSG –Oordenkings Skrifl. Heb.1: 3-4

In ons worsteling met immoraliteit en die verwante probleme, is ons deur menings en bydraes van verskeie persone gehelp,  Bonhoeffer, Anna Arendt, George Picht, Johannes van der Ven en Hauerwas. Nie een se bydrae alleen kan die hele immorele landskap verander nie....

read more