{ARGIEF}

Padlangs met gemeentes

‘n Ode aan my VG kollegas

Verlede week was ek by 'n geleentheid waar 'n senior joernalis verwys het na die bekende essay van Samuel Scudder  "Take This Fish and Look at It,"  Dit is die verhaal van 'n jong entomoloog (insektekundige)  wat van sy professor die opdrag kry om na 'n vis te kyk en...

read more

PASE – HEMELVAART 2013

God  het Jesus uit die dood opgewek en ons met Hom!  Hierdie week fokus ons op Jesus se Hemelvaart. Ons Nuwe Lewe word ‘uit die hemel’ met Jesus se Hemelvaart ‘hemels’ bevestig.  Dis jammer dat gelowiges hierdie verlossingsdaad van God omtrent heeltemal vergeet het.

ONS LUISTER

Handelinge 1:1-11 Psalm 47 of Psalm 93; Efesiërs 1:15-23; Lukas 24:44-53  Fokus: Ons Here se Hemelvaart in Lukas se storie in Hand 1:1-11. Luister asseblief ook na die ander God-verhale vir ons vir die week. Lukas se tweede verhaal skuif die fokus van die Jesus-verhaal [Die Evangelie van Lukas] na die Opgewekte Jesus-verhaal wat in en deur die Gees in ons leef en werk [Handelinge]. Van nou af werk God sy verlossing in en deur  ons, Sy Bruid [die verhale uit Openbaring in Pase-tyd]. Dit is oorweldigend om net daaraan te mag dink. Is dit regtig ook vir jou ‘amazing’?  Hoe doen God dit in en deur ons?

read more

Karlien Geldenhuis oor Weeklikse Riglyne

“Karlien Geldenhuis in Livingstone draai nie doekies om as mens met haar gesels nie. Só het ek haar leer ken. Sy is ‘n regte jongmens van ons tyd. Sy is vir seker ‘n gelowige. Die lewe maak vir haar saak. In haar werk het sy met media-goed; fotografie ens. te doen. Sy kyk dus bietjie skerper as ons gemiddeldes na dinge en sy geniet haar werk.

    Ek wil graag by haar weet hoe werk die Weeklikse Riglyne wat bedoel is om ons te help om saam na God se Woorde vir ons te luister. Hulle kleingroep kry dit ook. Sy huiwer nie: “Die kleingroep werk nie regtig nie en die Riglyne werk ook nie eintlik vir my nie, maar ons sal weer in die groep praat”. Klaar hieroor gepraat en dis duidelik! Dis lekker om met so ‘n mens te doen te hê!

read more

Die angs van die ewige prediker in ons

Ek het die afgelope week Week van Gebed gehou in die Baai. Ek was van die begin af vasberade om nie te preek oor gebed nie, maar om in die week vir 'n slag saam met mense te bid. “ Ons kan maar 20-30 wees” , stel ek die leraar (en myself) gerus, ek gee nie om nie, “...

read more

Geloofsvorming 2010

Waar trek ons nou? Ons het verlede jaar begin met 'n Geloofsvormende reis vir Ds. Daar was 2 geleenthede wat bygewoon kon word. Altwee het gehandel oor Pete Scazzero se werk: Emotional healthy church en Emotional healthy spirituaity. Dit was vir ons Nb om hier te...

read more