{ARGIEF}

Gemeentes

Die groei wat ons nou benodig, is in karakter

Ons word vandag gedurig gekonfronteer met ‘n vooruitgangsteologie en dit wil lyk asof dit die teologie is wat mense “trek ” na gemeentes.  Die versoeking om te flirteer met ‘n mooiweers-teologie van glo-en-jy-sal-geseënd-wees, loer vir ons almal om die hoek.  Ek het hierdie wéek saam met ‘n kollega Namakwaland en van die myngemeenskappe daar besoek. ‘n Uitgestrekte woestyn landskap met sout-van-die-aarde mense vir wie jy nie met mooiweers praatjies ‘n rat voor die oë draai nie. Hulle kyk baie gou dwars deur jou, waarsku die een leraar.

Ons moes eintlik oor ‘n strategie vir vorentoe praat, maar dit word gou duidelik dat dit nie die aand daarvoor is nie. Die 10tal kerkraadslede is besig om afskeid te neem van ‘n leraarspaar wat 22 jaar letterlik deur dik en dun by hulle gestaan het. Voor die gesprek neem die leraar ons op ‘n kort toer deur die eens florerende myndorp.  Die verval is oral sigbaar, en dit word geaksentueer deur die verhale van die oasis wat die myndorpie in die woestyn was. Die laning bome by die ingang van die dorp is byna almal dood. Daar is water, verduidelik die leraar, iemand moet net die kraan oopdraai, maar hier is nie meer hoop nie, so ons draai nie meer die krane oop nie, elkeen is nou maar op hulle eie besig om te oorleef. Ons staan later op ‘n uitkykpunt en kry ‘n blik oor die dorp, ek neem foto’s, maar my maag draai. Ek voel getraumatiseerd en ek is maar net ‘n middag hier! 

“Ons probleem is”, verduidelik die leraar, “dat ons nou al vir meer as 3 jaar vasgevang is deur vasgeloopte belanghebbers. Niemand wil ‘n besluit neem nie en ons sit magteloos en toekyk hoe die dorp agteruit gaan, en ons kan of mag niks doen nie!”  Ek kry byna ‘n soort ballingskapsgevoel. Ons sê maklik mense moet nie slagoffers wees nie, maar wat maak jy nou as jou hande gebind word deur ander wat nie werklik omgee oor wat met jou dorp gebeur nie?!

read more

As ‘n gemeente op reis sou gaan

Ek het vanoggend ‘n wonderlike gesprek met ‘n dominee uit die platteland gehad. Dit is al November en ons het nog nie ‘n kalender vir volgende jaar nie, vertel hy my. Hy is egter rustig en vertel dat daar in die gemeente die afgelope tyd ‘n wonderlike dinamika los gekom het. Die Here het vir ons ‘n teks gegee en ons het begin om dit oor en oor te lees-daarin te wandel. Dit het vir ons soos ‘n rigtingaanwyser geword, en ons het net besef ons kan nie nou planne optrek vir volgende jaar nie want ons weet nie wat die Here vir ons beplan nie!  In die verlede sou ons doods benoud hieroor gewees het, maar daar is ‘n rustigheid en ‘n gereedheid dat die Here vir ons die pad kan wys. Ons is op reis en die bestemming is nie in ons hande nie, se hy toe hy by die deur uitloop.

Ek het dadelik gedink aan die boek  Treasures in Clay Jars wat die patrone van gestuurdheid beskryf. Een van dei patrone van gestuurdheid is om op reis te wees na die heerskappy van Christus: Darrell Guder beskryf dit in die 7de hoofstuk soos volg:

The missional church understands its calling as witness to the gospel of the in-breaking reign of God and strives to be an instrument, agent, and sign of that reign.  As it makes its witness through its identity, activity, and communication, it is aware of the provisional character of all that it is and does.  It points toward the reign of God which God will certainly bring about, but knows that its own response is incomplete and that its own conversion is a continuing necessity.

read more

Tendense en die toekoms van die Kerk

Jan Botha het vir ons 'n verslag gestuur van die onlangse toer wat hy saam met Nelus Niemandt en Willem Pretorius en 'n 20tal ander predikante in Engeland en Nederland gehad het. Hulle het gesprekke gevoer met kunidges op die gebied van gemeentes, kerkplanting en...

read more

Kan jy nog verras word?

Coenie Burger het jare terug vertel van sy seun wat op daardie stadium voor laerskool was wat met ‘n maat in die voortuin onder sy studeerkamer venster speel en vir sy maat vra of hy weet hoe wonderlik die Here is? Hoe so, vra die maat: “Wel”, antwoord Roelof terwyl hy sy vingers klap, “Die Here klap net sy vingers en dan staan daar ‘n Ford-kar!”

Ons lag almal vandag oor die naiwiteit van ‘n jong seun wat hom so kan verwonder oor die wonderlikheid van die Here. Ek het weer daaraan gedink toe ek onlangs Tom Wright se boek Surprised by Hope gelees het. (SPCK 2007) In detail behandel hy eers velerlei van die hedendaagse skeptiese argumente wat dit moeilik vind om die liggaamlike opstanding van Christus te aanvaar. Onder andere is die vraag of die opstanding nie maar projeksie van die evangelieskrywers en dissiples was nie. Hy dink nie so nie, want , sê Tom Wright, die liggaamlike opstanding van Jesus is so vreemd aan die Judese tradisie dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die dissiples dit hulle dit sou kon verbeel. Meer waarskynlik is dat hulle geheel en al deur God verras is deur ‘n totaal onverwagse bonatuurlike ingrepe van God self. Ek wil nie skryf oor die vraagstuk van dieopstandings nie, dit gaan vir my oor die vraag of ons nog verras kan word. Dit gaan oor hoe ons oor God dink en oor ‘n diepliggende houding van skeptisisme in ons watons geslote maak vir die onverwagse hoop van God.

read more

Hierin sal vroue ons moet kom lei!

Na aanleiding van my artikel Om te kan huil voor mekaar, vra Magriet die volgende: Frederick ek ervaar 'n groot leemte ...dit is so jammer dat ons nog nie in die 'susterskerke' meer saam kan huil oor dit wat gebeur het in ons land nie. Dit maak my moedeloos lam dat ek...

read more

Konflik kan geknak word!

Ek ry vanaand met ‘n ligte hart terug van ‘n gemeente waar daar die afgelope jaar ‘n diep konflik was. Die konflik wat so diep was dat ons einde laas jaar gedink het, dit is byna onmoontlik om dit te breek, is geknak. Die prentjie is bekend- klein plattelandse...

read more

En toe kom die jong mense…

Oppad kerk toe vanoggend wonder ek vir 'n oomblik of die Laerskool se koor gaan sing, dit is net kinders waar jy kyk. Voor my in die paadjie sit 'n jong paartjie met 'n "carry-cot" wat in die paadjie geparkeer is- later merk ek nog een op- geen moederskamer vir hulle...

read more

Ontdek die ritme in die bediening in 2010

Mense wat gereeld die blog lees sal weet dat ek gemeentes is nie in die eerste plek sien as 'n instellings nie maar bewegings binne die kragveld van die Gees. Gemeenteleiers se taak is daarom ook hierdie jaar is nie om 'n instelling instand te hou nie, maar om die...

read more

Huisbesoek?

Ek het onlangs ‘n navraag van ‘n gemeente gekry oor huisbesoek. Hieronder is Communitas se fasiliteringspan se waarnemings hieroor in gemeentes. Die navorsing waarna ek verwys, is die databasis van ons gemeentevraelys wat ons nou al meer as 10 jaar in honderde gemeentes gebruik het.  Hierdie is nie ‘n volledige analise van huisbesoek nie, maar gee o.i. ‘n redelik goeie prentjie wat in gemeentes gebeur as huisbesoek sentraal is tot hulle benadering tot die bediening in die gemeente. Ek hoop ons kan ‘n goeie gesprek op die web hieroor voer – sien uit daarna om nuwe perspektiewe by julle te leer.

Tendense tov huisbesoek:

1.      Die getal lidmate wat op die tradisionele wyse jaarliks deur predikante besoek wil word, daal konstant oor die afgelope dekade. Die daling is meer sigbaar in voorstedelike gemeentes as in die platteland, hoewel dit ook daar daal. In meeste gemeentes is daar tussen 30-50% van lidmate wat positief reageer op die vraag of hulle behoefte het aan  jaarlikse besoeke van die Leraar.

2.      In ons navorsing is daar ‘n gevestigde patroon tov dit wat lidmate van ‘n leraar(s) verwag.

Ek gee dit in die prioriteitsvolgorde volgens die databasis:

  1. Prediking
  2. Voorbidding
  3. Berading
  4. Toerusting
  5. Huisbesoek
  6. Organisering
  7. Administrasie

Opsommend verwag lidmate dat predikante hulle beste tyd aan die voorbereiding vir hulle prediking sal gee.  Dat tyd vir die voorbidding en berading van lidmate in nood prioriteit sal geniet. Dat hulle toerusting sal sien as ‘n prioriteit en dat hulle indien moontlik ook lidmate tuis sal besoek, maar dat administrasie en organisering laag op hulle prioriteitslys sal wees.

Huisbesoek is dus kontra populêre perspesie nie die voorkeur pastorale strategie vir die meerderheid lidmate nie. Dikwels maak Kerkrade die verkeerde afleiding, nl. dat wanneer  lidmate kla oor huisbesoek, dit waar is van alle lidmate.

3.      Die getal lidmate per predikant styg oa weens finansiële realiteite.

Dit het  gevolg  dat die haalbaarheid van huisbesoek onder druk kom. Wanneer Kerkrade leraars “verplig” tot huisbesoek ten spyte van  ‘n stygende getal besoekpunte, kom uitbranding onder die leraars gereeld voor. Ons indruk is dat die uitbranding nie net te make het met die werklading nie, maar ook met leraars se ervaring van die “oneffektiwiteit” van roetine besoeke wat nie geestelike groei by lidmate bewerkstellig nie.

4.      In gemeentes waar huisbesoek oor ‘n lang termyn as ‘n sentrale deel van die bedienings filosofie gesien en gepraktiseer word, daal lidmaat betrokkenheid stelselmatig.

Een van die redes hiervoor is dat indien huisbesoek ten koste van toerusting(sien weer die lys hierbo) baie tyd neem van die predikante, word lidmate nie toegerus vir hulle dienswerk nie en word hulle al hoe meer afhanklik van die predikant vir hulle geestelike lewe en dienslewering. Dit is nie moeilik om te sien dat dit ‘n bose kringloop tot gevolg het nie.

Ons weet van gemeentes waar daar baie getrou huisbesoek gedoen is oor 10 tot 20 jaar en die lidmaattal in dieselfde tyd gehalveer het. Hoewel daar ook ander faktore is wat inberekening gebring moet word, kan die negatiewe invloed van die oorbeklemtoning van huisbesoek nie weggeredeneer word nie.

read more