{ARGIEF}

Leierskap

Om deur ‘n kultuur gekaap te word

Eers het ons kerk gesoek en besluit om by ’n gemeente van die United Reformed Church in te skakel (wat die naaste aan ons belydenis is en ons toegang gee tot die Engelse gemeenskap).

Die gemeente was vakant met die belofte van ’n ds op pad.  Die ds het reeds 2 gemeentes en sou ook die een “bedien”.  Met so baie gemeentes kon hy net een keer per maand by elk van “sy” gemeentes preek.

Die ander preekbeurte is uitgedeel.  ’n Ouderling het opdrag gehad om predikers te kry en die kerkraad het gesê waarvan hulle hou.  Predikers en predikers het opgedaag.  Party het die leesrooster gevolg, ander het hulle eie kop gevolg en gereeld het ons gefrustreerd die kerk verlaat.

read more

Hoe bou ons luisterende leierskap?

Ek het verlede week saam met gemeenteleiers 'n lys gemaak van die dinge wat luisterende leierskap in 'n gemeente vestig.  Ek het die lysie so 'n bietjie verwerk want ek dink dit is belangrik om te praat oor hoe ons hierdie kapasiteit vesitg in gemeentes.  Ek het oor...

read more

Uitklaring van rolle en take in die gemeente

Aan die begin van die jaar is daar heelwat gemeentes wat vra dat ons hulle moet help met die uitklaring van rolle.  Ek het oor tyd geleer dat dit belangriker is as wat 'n mens mag dink-veral as die gemeente in 'n proses is om 'n nuwe roepingsfokus te implimenteer.  'n...

read more

Hier is nie leiers nie!

Ek verwonder my daaraan dat sekere restaurante werk en ander nie. Daar is byna 'n mitiese element wat maak dat sommige nuwe restaurant byna onmmiddelik nadat dit oopgemaak het vol mense sit- ek wonder altyd waar die mense vandaan kom, of liewer wat hulle dan in die...

read more

Ek is vasgeloop …

Vasgeloop - deur Nico Simpson van www.claripics.com Ek kry gister ‘n oproep van ‘n gemeentedominee uit  die binneland, ons ken mekaar so van sien by kursusse ens. Het jy 5 minute, vra hy- ek weet uit ondervinding dit gaan 'n halfuur wees.  Ja ek het- se ek en klap die...

read more

Hoe gee gemeenteleiers leiding in tye van chaos?

Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte. Die wêreldmarkte het hulle afgeloop in ‘n skuldberg in die VSA, banke is gelikwideer, noodplanne van miljarde dollars is inderhaas ontwerp om te red maar die inpak word wêreldwyd gevoel; Suid-Afrika se president pres...

read more

Wanneer leiers goeie nuus nie meer kan raaksien nie

Die afgelope 2 weke het ek redelik intensief met 4 gemeentes se leierskap saamgewerk. Van die gemeentes het ek eintlik maar hierdie week ontmoet terwyl ander weer meer as 'n jaar saam met my in proses is. Hulle is uiteenlopend in byna alle opsigte, maar daar is 'n...

read more