Onbetaalbare selfoon oproepe en 85c smsse (snaaks dis nog steeds 85c al vir meer as 10jaar!) is later vervang met internet gebaseerde kommunikasie programme soos Mix-it en later BBM en WhatsApp and still counting … Ook die Facebook en Twitter-era help ons in kontak bly en voorsien aaneenlopende kommunikasie. En tog… Ons weet nie meer hoe om te kommunikeer nie. Ouers vertel dat hulle nie meer weet hoe om met hulle kinders kontak te maak nie. Hulle stuur ook nou maar ’n WhatsApp!
Ouerskap of opvoeding?
Ouerskap gaan oor goeie verhoudings.
Miskien is deel van ons probleem oor positiewe ouerskap juis die term “ouerskap”. Die term plaas al die interaksie wat daar is tussen ouer en kind outomaties as iets van die ouer na die kind. Ouerskap is daarom alleen die verantwoordelikheid van die ouer(s).
Ek wonder of ’n beter term nie “opvoeding” is nie.
HOE GEMAAK AS MY KIND “GEBOELIE” WORD OF SELF ’n “BOELIE” IS?
Wat afknouery betref kan jou kind die slagoffer wees, of – skokkend soos dit mag wees – die een wat afknou. Die geheim in beide gevalle is om kinders te help om gesonde verhoudings aan te knoop.
Kinders meet kragte met ouers
My kind meet kragte met my – en wen
Iemand anders vertel dat sy as klein kind geweier het om in opdrag van haar ouers vir haar boetie verskoning te vra omdat sy “lelik” was met hom. Sy is aangesê om op ‘n stoel te sit tot sy kans sien om verskoning te vra. Sy het ure op die stoel deurgebring, maar kon nie beweeg word om verskoning te vra nie.
Ouers beland onverhoeds in so ‘n “oorlog” of “magstryd” met weerstandige kinders oor hulle verantwoordelikhede en pligte. Wat ouers moet verstaan is dat hulle nie die stryd kan wen nie. Kinders het al die tyd in die wêreld om die magspel te speel en jou te toets en te beproef. Al raad is om die kind oor te haal tot ‘n ander siening.
1. Fokus op die probleem en nie op jou kind of die stryd nie, want as ma op die kind fokus en hom beskuldig, byvoorbeeld: “Jy is ongehoorsaam/ stout”, verstaan hy dat hy die probleem is. Hy voel dan veronreg en jammer vir homself en nie oor sy ongewenste gedrag nie. Boonop sal die kind ervaar dat sy ouer onbillik teenoor hom is. As sy in ‘n stryd tree met haar kind oor byvoorbeeld optel van speelgoed, kan ‘n volskaalse magstryd ontstaan sonder dat die probleem opgelos word. Dit help die ouer om minder emosioneel te reageer en gee perspektief as sy in haar gedagtes die probleem van haar kind skei en vir haarself sê dat hy nie die probleem is nie. Sy is vir hom lief en hy is pragtig en is nie ‘n slegte mens omdat hy nie die speelgoed optel nie. Die probleem is dat die speelgoed nie opgetel word nie.
Wenke wat help vir raadop ouers
Daar is niks wat vergelyk kan word met die vreugde van ouerskap nie. In ons familie ervaar ons dit op die oomblik in oorvloed. Ons eerste agterkleinkind is pas gebore en natuurlik is klein Cobus die pragtigste, slimste en voorspoedigste baba ooit. Hy is nog ongeskonde...
Ouerskap en ‘n Ontstellende Nuusberig
Ouerskap en ‘n Ontstellende Nuusberig Die afgelope week was ‘n hartseer tyd. Dit gons in ons land en die moord op Eugene Terreblanche is ‘n gespreksonderwerp in bykans elke huis. Mense soek na ‘n simplistiese oorsaak daarvoor: Is hy vermoor omdat ‘n leier ‘n...
OORLAAIDE OUERS ERVAAR SPANNING
Tydens ‘n onlangse kursus het ek weer daarvan bewus geword dat dit vir ouers voel asof hulle hulself in duisend stukkies moet verdeel om al hulle pligte na te kom. Dit bring spanning mee. Toe ek baie jare gelede ‘n kind was, het ek skool toe en terug gestap en...
Kwaliteit Tyd lesse van die Obamas
Ons gesels hierdie keer oor die planne wat ‘n baie besige gesin maak: In die Oktober 2009 uitgawe van die "Reader's Digest" kry ons ‘n kykie in die gesinslewe van die Amerikaanse president en sy gesin. As dit by kinders kom, verskil hulle nie so baie van die meeste...
Maak tyd vir kwaliteit tyd
Ons kan deelnemende ouerskap vergelyk met ‘n pad wat tot ‘n eindbestemming lei waar goeie verhoudings en positiewe waardes gevestig is. Elke POSPAR ouer stap met die pad. Langs die pad gee POSPAR noukeurige aanwysings wat gevolg kan word om veilig by die...
Die geheim van ouerskap
Dit is ‘n windstil maanligaand. Ons kuier op die stoep; luilekker na ‘n ete van gebraaide witstompneus, rogbrood, suurvykonfyt en moerkoffie. Dit is rustig, ons gasheer en gasvrou se kinders is al “uit die hand uit”. Die twee kinders verskil van mekaar soos die...