{ARGIEF}

Positiewe Ouerskap

PLAAS EERS JOUSELF IN JOU KIND SE SKOENE EN GEE DAN ‘N EK-BOODSKAP

Natuurlik gaan ‘n kind nie elke keer as jy ‘n ek-boodskap gee sy gedrag verander nie, byvoorbeeld:

Ma: “Anna, as die skottelgoed nie gewas is nie, is ek moedeloos, want die kombuis is onnet.”

Anna: “Ag Ma! Is dit nou nodig om so oormatig behep te wees met hoe die kombuis lyk. Ek het net eers my boek, waarmee ek in elk geval amper klaar was, afgehandel en is van plan om netnou die skottelgoed te was.”

read more

Straf en Dissipline is dit dieselfde ding?

STRAF EN DISSIPLINE: IS DIT DIESELFDE DING?Beste Gaynor en al die ander besoekers aan die deelnemende ouerskap Blog, Ek is só beïndruk met moderne ouers wat, soos Gaynor tereg sê, alles in hulle vermoë doen om hulle kennis te verbreed omdat hulle doeltreffende ouers...

read more

DIE OUER HET OOK BEHOEFTE OM SY SÊ TE SÊ.

Ons het gesien dat dit belangrik is dat ouers met volle aandag luister na wat kinders sê, dat kinders gereeld genoeg kwaliteit aandag kry en dat dit nodig is dat ouers hulself in hulle kinders se skoene plaas voordat hulle dissiplineer. ‘n Bekommerde ouer vra tereg:...

read more

STRAF EN DISSIPLINE: IS DIT DIESELFDE DING?

Beste Gaynor en al die ander besoekers aan die deelnemende ouerskap Blog,

Ek is só beïndruk met moderne ouers wat, soos Gaynor tereg sê, alles in hulle vermoë doen om hulle kennis te verbreed omdat hulle doeltreffende ouers wil wees. Vandag se ouers weet dat tye drasties verander het en dat hulle nie kan voortgaan om hulle voorgangers se “resep” te gebruik nie. Dit werk net nie meer nie. Die magdom van kennis waartoe kinders toegang het en hulle bewustheid van hulle eie regte ten opsigte van wat hulle dink en doen bemoeilik die ouer se saak. Ouers is lankal nie meer kinders se enigste bron van kennis nie.

read more

DISSIPLINE IS DIKWELS VIR OUERS ‘N KOPSEER.

Beleef jy dat jou kind dikwels nie met respek teenoor jou optree nie? Moet jy baiekeer herhaal en dreig voordat jou kind reageer? Gee jy dikwels uit moedeloosheid toe aan jou kind se geneul oor iets wat sy wil hê? Is daar dikwels nie  vrede in die huis nie? AS jy “ja”...

read more

POSPAR EN DIE BYBEL (2)

WAT SÊ DIE BYBEL OOR KWALITEIT TYD? Jammer dat die ouerleiding blog vir ‘n tydjie gestol het, maar hier is ons weer aan die gang! Ons is besig om te gesels oor of POSPAR met die Bybel versoenbaar is. Soos ons reeds gesê het: “Dit is”. Die Bybel leer ons onder andere...

read more

POSPAR EN DIE BYBEL

‘n Vraag wat gereeld opduik is of POSPAR versoenbaar is met wat die Bybel ons leer. Die antwoord is : “Ja”, maar ek brei met graagte in ‘n  aantal opeenvolgende geselsies daarop uit. Vandag gesels ons oor wat die Bybel leer oor die aard van die verhouding tussen ouers en kinders.

Dit sal miskien help as ek eers verduidelik wat POSPAR nie probeer doen nie: Die doel van POSPAR is nie om die inhoud van die Christelike geloof aan kursusgangers oor te dra nie. Dit bly die ouers en die Sondagskool of kategese se voorreg om hulle kinders daarin te onderrig.

Die Bybel gee nie veel direkte opdragte ten opsigte van kinders grootmaak nie. Ons aanvaar dat dieselfde riglyne wat vir alle Christene gegee word, ook geld vir die huisgesin. Ons kan dit saamvat deur te sê dat Christen wees beteken dat ‘n mens in ‘n liefdesverhouding met jou naaste – dit sluit jou kinders en ander huisgenote in – en met God staan.

Wat POSPAR probeer doen, is om gesinne op ‘n praktiese manier te help om in liefde saam te leef. Paulus help ons om te verstaan wat dit beteken as hy vir die Filippense skryf oor wat hy vir hulle bid.  In Filippense 1:9 skryf hy:

“Ook bid ek dat julle liefde al meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.”

read more

Kwaliteit-tyd

Iemand wou onlangs weet wat kwaliteit-tyd eintlik is en of dit maar net nog ‘n mode uitdrukking is. Ek reageer graag daarop, want kwaliteit-tyd is een van die hoekstene van positiewe ouerskap.

Kwaliteit-tyd is:

Tyd wat ‘n ouer alleen saam met ‘n kind deurbring en ‘n positiewe verhouding met hom of haar bou terwyl die ouer geheel en al op die kind fokus en op wat hulle saam doen.

Kwaliteit tyd is ‘n kind se geboortereg en nie maar net iets wat ouers doen omdat hulle gaaf is en tyd daarvoor het nie. Iemand het onlangs gesê: “As ‘n mens kinders het, spel jy liefde t-y-d.”

read more