{ARGIEF}

Verder geluister

Verder geluister: Romeine 8:22-27

Ons diepste Hoop In Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God...

read more

Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13

Sewende Sondag na Pase

Die fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.

Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan een is: Wat gebeur na die dood? Die antwoorde is uiteenlopend van niks tot re-inkarnasie. Ek kan nie onthou dat iemand al min of meer in lyn met ons teks geantwoord het oor die ewige lewe nie. Ek wonder daaroor. Ek vermoed ‘n aantal jare gelede sou minder mense dit waag om in die publiek te verskil van een van die belydenisse van die kerk. Nou blyk dit dat niemand graag met die kerk hieroor wil saamstem nie. Oor die redes kan ons lank spekuleer, maar dit is iets waarvan ons sal moet kennis neem as ons oor die teks preek.

Voeg ons nog v 12 daarby dat die ewige lewe (net) bestem is vir hulle wat die Seun het, kan ons aanvaar dat daar mense sal wees met baie vrae in hulle gemoed hieroor.

read more

Verder geluister: Psalm 93

Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal...

read more

Verder geluister: Joh 15:9-17

13 Mei 2012 ~ Sesde Sondag na Pase ~ Joh 15:9-17 ~ Verder geluister  Ek probeer die teks lees asof ek dit vir die eerste keer lees; soos iemand wat nog ‘n nuusberig in die Koerant lees – so tussen al die ander berigte van die week. Ek kan nie anders as om...

read more

Verder Geluister: Joh 15:1-8

6 Mei 2012 ~ Vyfde Sondag van Paastyd ~ Joh 15:1-8 Die volgende ware verhaal word vertel in Joan Chittister se Welcome to the Wisdom of the World.Naby Lake Erie het ‘n diensorganisasie ‘n sopkombuis aan die gang gehad.  In die bitter koue het baie hawelose ...

read more