{ARGIEF}

Communitas Inligting

Communitas ses jaar oud vandag

Ons is dankbaar vir die mylpaal en vir almal wat gehelp het om ons dienste aan gemeentes en predikante uit te bou. Baie dankie aan elke gemeente wat ons vertrou het om saam met hulle die reis te onderneem. Ons het die voorreg om hierdie werk (vir ons is dit 'n...

read more

PSD pos Communitas (GKS)

Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode Wes- & Suid-Kaap) stel ‘n 50% PSD-pos in die Diensgroep: Gemeentebegeleiding (Communitas) met opdrag dienslewering aan die Gemeenteontwikkeling & Kerklike Samewerking Taakspan (GKS), bekend.  Die pos funksioneer binne die Communitas diensgroep met die spesifieke opdrag om dienste te lewer binne die terrein van die Taakspan vir die ontwikkeling van Nuwe Geloofsgemeenskappe (GKS).

read more

Communitas.co.za vir selfone!

Jy kan Communitas.co.za  nou met groter gemak op jou selfoon lees. Communitas se tuisblad vir selfone bevat al die normale voorblad artikels.  Daar is ook skakels na die blogs, die soek-funksie, die lys van kursusse vir 2011 en die inteken-funksie...

read more

GEBRUIK DIE SOEK-FUNKSIE!

Communitas het oor die afgelope 3 jaar 'n omvattende reeks hulpmiddels opgebou: oor die Bybel, oor Leierskap, oor Gemeentes en vele meer. Dit kan egter so omvattend raak, dat 'n mens half moedeloos raak om by die regte inligting uit te kom. Gebruik dus die...

read more

Communitas se webtuiste groei steeds

Communitas se webtuiste groei steeds! Daar is reeds 2683 artikels op die webtuiste, waarvan 583 preekriglyne is.  Daarbenewens is daar 406 aflaaibare dokumente en 2112 foto's gekoppel aan die artikels en nog 223 ander foto's by die Foto gallerye, gegroepeer...

read more

HULDEBLYK: DANIE DU TOIT

Ek betuig meegevoel namens die Fakulteit Teologie en die rektor en bestuurspan van die Universiteit Stellenbosch. As een lid ly, ly al die lede saam. As een lid treur, treur al die lede saam.

Dis ‘n voorreg om Daniel Albertus du Toit te huldig. Hy was gedurende 1978 tot 2001 verbonde aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch. En vir enkele jare daarna het hy as deeltydse dosent steeds hoogs gewaardeerde bydraes gelewer in die vorming van ons studente.

Ek het Daniel aanvanklik deur sy uitmuntende akademiese en populêre skryfwerk leer ken. Ek en hy het mekaar ontmoet toe ek nog dosent aan die Hugenote Kollege was. In die negentigerjare  het ons saam opgetree by ‘n konferensie oor die vestiging van menseregte in die jong demokratiese Suid-Afrika. Ons paaie het in 2001 in die Fakulteit Teologie gekruis. Ek onthou veral die jare wat ek en hy saam klasse vir ons MDiv-studente aangebied het. In daardie klasse het hy as ervare, ryp dosent sy insigte gedeel met die studente. Ook ek as sy kollega kon toe drink uit die fonteine van sy teologiese onderskeidingsvermoe en insig. In daardie klasse het ek sy Christelike karakter ervaar,waarvan getuig word deur sy kollegas en studente in die fakulteit, sowel as die studente in Huis Marais en Huis Visser.

read more

Die afgelope week was ons dorpie wêreldnuus

Die afgelope week was ons dorpie wêreldnuus. Wie sou dit nou kon glo!  Ek het nog nie so iets beleef nie. Toe die moordverdagtes die oggend in die hof verskyn het, was ‘n groot deel vd dorp afgesper. Dit was net mense. Vrydag met die begrafnis was dit tien keer erger. Die dorp was vol motors, vlae, musiek, televisie spanne, polisiemanne, besighede het toegemaak, ens. Die hele dag was hier ‘n onrustigheid. Helikopters het van vroeg af bo die dorp gesirkel, oral was polisie motors en die mense het van heinde en verre ingestroom om die begrafnis by te woon. Kort-kort het jy loeiende sirens gehoor en dan het jy besef dis nog ‘n “VIP” wat aangekom het. Hulle jaag letterlik die strate af: een polisiekar voor en een agter en tussen in, een twee of drie sulke luukse swart , groot motors. Almal moet net padgee – vir wat? Hoekom is hulle nou belangriker as ek en jy? Ek het sommer weer gewonder: wat maak jou belangrik in die lewe?, wanneer is jou lewe nuuswaardig? Die dorp was letterlik “toe parkeer”. Die polisie sê hulle dink hier was omtrent 8 0000 mense by die begrafnis.

Saterdag was alles weer rustig – hier en daar nog steeds ‘n polisiemotor wat die strate patrolleer.

read more

HULDIGING: DANIE DU TOIT

Namens Departement, tydens Gedenkdiens, NGKerk Welgelegen, Stellenbosch, 9 April 2010

Dis ‘n groot voorreg om namens ons Departement hulde te kan bring aan ons kollega en vriend, Danie du Toit. Ook ons betuig ons innigste meegevoel met al die kinders, kleinkinders en familie by hierdie besondere verlies. Ons neem vandag saam met julle afskeid van ‘n baie besondere mens.

Danie du Toit het in 1978 as voltydse dosent – eers senior lektor en later professor – by ons Departement aangesluit, nadat hy hier aan Stellenbosch studeer, by die Vrije Universiteit in Amsterdam sy proefskrif voltooi, en enkele jare as dosent aan die Hugenote Kollege in Wellington en die Fakulteit in Pretoria gewerk het. Hy was ‘n heel besondere mens – ook al as student, en sekerlik as dosent. Nie alleen was hy akademies uiters begaaf nie, maar hy was ook van meet af ‘n natuurlike leier op talle ander lewensterreine – sport, kultuur, organisasies, koshuise, kampuswyd, noem maar op, ander mag dalk meer daaroor sê. Daar is destyds vertel dat daar eintlik nooit enige twyfel was dat hy vir hierdie posisie in ons Departement bestem was nie. Hy was eenvoudig die aangewese opvolger en kollega vir die destydse voorste dogmatici in die NGK, soos Johan Heyns en Willie Jonker. Hy het alom respek en vertroue geniet en was ‘n gebore leier in enige geselskap.

read more