{ARGIEF}

Dienste-Communitas

Patterns in History

Patterns in History – A Christian Perspective on Historical Thought David Bebbington Apollos. 1990 $24.95 Resensie deur Coenie Burger Bebbington is `n historikus wat bewustelik Christelik probeer nadink oor die geskiedenis en oor geskiedskrywing.  Hierdie publikasie...

read more

Changing the Conversation

Changing the Conversation Anthony B Robinson Eerdmans. 2008 ISBN: 978-0-8028-0759-5$18.00 Paperback Robinson het die afgelope klompie jare bekendheid verwerf met `n paar uitstekende boeke oor gemeentes en gemeentelike leierskap. Deel van sy krag is dat hy tot onlangs...

read more

The Futures of Evangelicalism: Issues and Prospects

the futures of evangelicalismby Craig Bartholomew, Robin Parry & Andrew West (Eds)
IVP: 2003
ISBN: 0825420229
$18.99

Resensie deur Coenie Burger (sien Engelse webblad beskrywing onder)

Daar is tans ‘n nuwe geslag evangeliese teoloë wat baie moeite doen om die teologiese en intellektuele integriteit van die evangeliese beweging te versterk. Vir hierdie boek het Craig Bartholomew (‘n oud Suid-Afrikaner) ‘n twaalftal van die teoloë gevra om hulle mening te gee oor verskillende teologiese kwessies en probleme vanuit die evangeliese perspektief.

Die lys van outeurs is heel indrukwekkend. Howard Marshall, die Skotse NT, skryf oor Bybelse Interpretasie; die Australiër Graeme Goldsworthy, skryf oor Bybelse Teologie; Chris Wright skryf oor die Sending; Eugene Petersen oor Spiritualiteit; Alister McGrath oor Teolgie. Vir my was die beste artikel dié een van Kevin Vanhoozer oor die kerk.

read more

The Cambridge Companion to Orthodox Christian Theology

cambridge companion_orthodox christian theologySeries: Cambridge Companions to Religion
Edited by Mary B. Cunningham and Elizabeth Theokritoff
ISBN-13: 9780521683388
Published December 2008
US $29.99

Resensie deur Coenie Burger (sien Engelse webblad-beskrying onderaan)

Dit is nou al lank dat ek soek na `n enkelbandboek wat vir `n mens `n goeie, verantwoordelike en wye oriëntering op die Ortodokse Kerke en Tradisie bied. Met hierdie uitstekende publikasie van Cambridge University Press meen ek het ons so `n boek gekry. 

Hierdie stewige boek bevat 19 artikels en `n hele paar kaarte en diagramme en slaag daarin om `n baie goeie breë beeld van die Ortodokse Kerk te gee. (sien titels van artikels in die Engelse weergawe hieronder). In die eerste hoofstuk vertel die outeurs die boeiende verhaal van die Ortodokse Kerk, van sy groei en sy ontplooiing in verskillende tradisies en van sy probleme. Wat ook besonder interessant is, is die laaste fase van groei wat saamhang met die lewe van uitgeweke gelowiges in verskillende Westerse lande.  

Die hoofstukke is verdeel in twee groot afdelings. Die eerste afdeling handel oor Dogma en Tradisie en bevat artikels oor die groot dogmas van die kerk. Daar is oa artikels oor die Skrif, God as Triniteit, die Skepper en die skepping, die mens as beeld van God, Christus en ons verlossing, die kerk, die eskatologie en natuurlike oor ikone.  Dit tweede afdeling is amper nog insiggewender en boeiender. Dit handel oor eietydse ortodokse teologie. Daar is eerstens artikels oor hoe die kerkvaders aan die ortodokse teologie sy beslag gegee het en oor die herlewing van patristiese studies. Dan is daar artikels oor resente ontwikkelings in die Russiese en Griekse Kerk onderskeidelik (ook een oor die kerk in Antiochië) asook `n artikel oor die impak wat die totalitêre sisteem in Rusland op die Russiese teologie gehad het. In die laaste hoofstuk word gekyk na die uitdagings en (interessante) probleme waarvoor die Ortodokse Kerke in die Weste te staan kom en hoe daar gesoek word na sinvolle en konstruktiewe antwoorde. Daar word ook in besonder gekyk na die Ortodokse kerk se bydrae tot die ekumeniese beweging – wat tegelyk goeie, maar ook baie problematiese kante het

Met die lees van die boek het die Ortodokse Kerk uiteindelik vir my meer van `n gesig begin kry.  Dit was ook lekker om `n bietjie meer te hoor van die lewens en standpunte van `n klomp teoloë van wie ek nie veel meer  as net die name geken het nie – mense soos Bulgakov, Lossky, Florovsky, Schmemann, Meyendorff, John Zizioiulas en Kallistos Ware. Ek het ook agtergekom dat een van hulle teoloë Nicolas Afanasiev `n baie belangrike boek oor die kerk geskryf het (wat ek graag sal wil probeer kry en lees!) wat nuwere denke oor die kerk in beide die Katolieke en Protestantse tradisies ingrypend beïnvloed het. 

Ek hoop daar is `n hele paar mense wat hierdie boek gaan kry en lees.  Op `n snaakse manier is dit `n baie troosvolle en hoopvolle boek om te lees.  Dit verbreed `n mens se visie op die kerk en op die pad wat die Here soms met sy kerk loop.  Dit maak jou rustiger en geduldiger oor die probleme en kompleksiteite van kerk-wees.  Deel van die troos het ook sekerlik te doen met die verrassende manier waarop die lyding van die kerk onder die totalitêre sisteme van die vorige eeu, nie die kerk doodgemaak het nie, maar juis tot nuwe lewe gelei het! 

Wat maar weer net sê: goed en lekker is nie altyd goed nie en sleg is nie altyd net sleg nie… As ons dit net kan glo en onthou sal dit dalk met ons ook beter gaan!

read more

Claiming Theology in the Pulpit

WJK: 2003Burton Cooper & John S McClureISBN-13: 9780664227029$24.95 Encapsulating years of experience integrating critical theological thinking with the preaching task, Claiming Theology in the Pulpit will be a welcomed resource to both preachers and students....

read more