{ARGIEF}

Pastoraat

Johari venster

Die Johari venster is 'n kognitiewe instrument wat geskep is deur Joseph Luft en Harry Ingham in 1955 om mense te help om hulle interpersoonlike kommunikasie en verhoudinge beter te kan begryp.  Dit word meesal gebruik om jouself te analiseer, sowel as 'n groepe...

read more

Begrafnisbegeleiding: Op reis na ‘n Christelike filosofie daaragter

Wanneer ons begrafnis hou, is daar veronderstellings in ons kop.  Wat doen ons?  Waarom doen ons wat en soos ons doen?

Hier volg terg-gedagtes wat die verstaan van die hele afskeidsneemproses in ‘n ander en hopelik beter lig kan laat beland.

  1. Dankie sê aan God – Die diens is ‘n dankdiens.  Al die goeie dinge wat ek het om te onthou, wou God deur die afgestorwene aan my gee en gun.  Persoonlik verkies ek die uitdrukking van ’n dankdiens bo ’n troosdiens, begrafnisdiens, ens.
  2. Geloofsbelydenis / hoop – Hoe gaan ek vorentoe?  Ek kyk op …!  Dis my geloofsbelydenis.  Die God van die Bybel is vir my dáár.  Die Skepper- en Onderhouer-God is ook nou saam en langs my.  Sy Kersfeesnaam – Immanuel – is nou ook waar.  My hoop op troos kom van Hom af.  My geloof leef in hierdie moeilike tyd.
  3. Beskaafd op die hoogste vlak:  Daar is nie ‘n beter beskaafde manier om met iemand se lewe, goed en liggaam te werk te gaan as die beskaafde manier wat ons dinge nou wel hier doen nie.  Dit toon respek teenoor die oorledene en getuig oor hoe Christene afskeid neem en iemand se lewe waardeer.  (Dit verduidelik ook die doel en rol van ’n “in memoriam” of huldeblyk).
read more

Voorkoming is beter as verslawing – Dwelms!

Voorkoming is beter as genesing.  Dit is veral waar vir die voorkoming van verslawing, van watter aard dit ook al mag wees.  Hier is 'n inset van die CAD wat jy kan gebruik in jou gemeente, bv. by 'n belydenisklas. Laai hier die volledige pdf af....

read more

Om smart en verlies te verwerk

Hierdie verlieskurwe prentjie is handig om woordeskat vir mense te gee in die verwerking van hulle smart en verlies.  Aangesien dit visueel is, kan mense hulle self plaas oor waar hulle nou trek in hul verwerking.  ‘n Oom van 82 het hom spontaan binne 20 sekondes kon aandui en dit het tot self-insig gelei.

Die voordeel van die kurwe is dat dit in enkele woorde, sowel as op ‘n visuele wyse, uitbeeld hoe iemand se verwerking van verlies dalk en waarskynlik kan verloop.  Die prentjie is ook ingesluit in die (Engels en Afrikaanse) Power Point hieronder (jy moet inteken om dit te kan sien), wat vertoon kan word sodat in opleiding of in pastoraat mense hulself kan plot oor waar hulle is, en hulle woordeskat kry om hulself mee te verwoord.

Ek sluit ook die nuusbrief van SAAP (Suid Afrikaanse Assosiasie vir Pastoraat) in, die interkerklike vereniging in SA wat ‘n amptelike orgaan en organisasie is vir mense wat in die pastorale veld werk.  Daar is ‘n uitstekende artikel in van prof Danie Louw: Coping with Grief and Loss wat saam met hierdie prentjie of die PowerPoint gebruik kan word.

Die verlieskurwe prentjie

(klik op hierdie artikel se titel om dit te sien)

read more

Reconstructing Pastoral Theology

Reconstructing Pastoral Theology. A Christological Foundation deur Andrew PurvesWJK.  09/2004 ISBN-10: 0664227333 ISBN-13: 9780664227333 $29.95  Die beste boek wat ek die laaste tien jaar oor die bediening gelees het.  Purves glo dat `n groot deel van predikante se...

read more

The Crucifixion of Ministry

The Crucifixion of Ministry. Surrendering Our Ambitions to the Service of Christ Andrew Purves IVP. September 2007 $15.00Published: ISBN: 978-0-8308-3439-6IVP Order Code: 3439   Hierdie boekie is 'n populêre weergawe van Reconstructing Pastoral Theology.  Die basiese...

read more

Jesus the Village Psychiatrist

Donald CappsWestminister John Knox. 01/2008 ISBN-13: 9780664232405 $19.95 All of the Gospels and the whole of Christian tradition depict Jesus as a miraculous healer who can cure blindness, leprosy, hemorrhages, and a host of other maladies. But how did Jesus actually...

read more

Pastoraat as Verhaalkuns

Eerste treë tot ‘n narratiewe benadering'n Basiese kursus vir predikante en gemeenteleiers wat pastoraat in die narratiewe benadering wil ontgin.  Kursusgangers word aan die beginsels van narratiewe beraad bekend gestel deur na mekaar se verhale te luister. Ons...

read more