Missionaliteit as Entrepreneurskap

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Hoe om jou geloof

prakties te kan uitleef

in die konteks van

ons tyd!

“What is Missional Entrepreneurship? Where business, mission, philanthropy, creativity, and theology intersect. In short, an entrepreneur on a mission with God.”

Business As Mission (BAM)

Missionaliteit as Entrepreneurskap: die praktiese uitleef van geloof met groot opwinding! is ‘n kursus wat plaasvind van 30 Januarie tot 1 Februarie 2018 by Communitas, Stellenbosch.

Die tafel is gedek! Ons beleef ‘n tyd met van die grootste uitdagings, geleenthede en opwinding vir gelowiges in ons land se geskiedenis. Groei as persoon en gelowige kan gewaarborg word omdat dit so in praktyk is dat mens voel asof jy langs die Here loop.

Soveel leiers op alle fronte, plaaslik en internasionaal, beklemtoon die relevansie van entrepreneurskap en die gepaardgaande verandering in denke wat nodig is vir die voortbestaan van die mensdom in geheel. Veral in Suid-Afrika het ons hierin ‘n hele aantal grense om oor te steek. Gelowiges het ‘n wonderlike venster-periode geleentheid. Die kerk se wiel draai stadig maar dit het reeds begin draai met die ASM se jongste besluite oor gemeentes se rol tov armoede en werkloosheid. Die vraag is: Hoe pro-aktief kan die kerk wees?

Klem val in die kursus op die noodsaaklikheid, huidige stand en metodiek van entrepreneurskap-ontwikkeling, as komponent van die kontekstualisering van die kerk. Die aanpassings van ons denkraamwerk (mindset) blyk ‘n hoë prioriteit te wees, nie net tov ons jeug en werkloses nie maar ook by dié wat as gestuurdes hul roeping wil uitleef. Daarom kry die hervormingsproses van die persoonlike denkraamwerk groot klem in die kursus.

Die breë raamwerk lyk as volg:

  1. Teologiese fundering van Missionaliteit en Entrepreneurskap in kombinasie
  2. Entrepreneurskapsontwikkeling se huidige stand en toekomstige rol in konteks van die wêreld, Afrika en Suid-Afrika
  3. Die identifisering en betekenis van vernuwende denke (mindset) op persoonlike en kerklike vlak, as die mees belangrikste element vir entrepreneuriese denke-ontwikkeling in Suid-Afrika
  4. Ontginning in praktyk vir gelowiges in die kreatiewe wêreld van entrepreneurskap

Die doel van die kursus is om bedienaars van die Woord toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om ‘n leierskap- en bestuursrol te vervul in die begeleiding van gelowiges se uitlewing van geloof in die konteks van ons tyd.

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO2 Missionaliteit as entrepreneurskap

Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma

Vóór Woensdag 24 Januarie!

KATEGESE VIR DIE VOLGENDE GENERASIE

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kursusse

Padkaart na kategese  vir die volgende generasie!

 

Die geloofsvorming raamwerk, die nuutste navorsing en kontekstuele nadenke bied ‘n padkaart om kategese te herontwerp vir die volgende generasie!

Hierdie kursus word aangebied deur die Taakspan vir Jeug en Familie Bediening olv Anriëtte de Ridder 

en vind plaas op 30-31 Januarie by Communitas, Stellenbosch.

Tydens die kursus gaan julle kyk na die teologiese raamwerk vir geloofsvorming en hoe kategese steeds ʼn belangrike deel daarvan vorm.
Ons gaan ook saam dink oor hoe kategese in ʼn nuwe konteks en generasie ʼn nuwe vorm aanneem – die nuutste navorsing gee vir ons perspektief oor hoe ons vars uitdrukking aan antieke beginsels kan gee.
Verskillende kontekstuele benaderings (byvoorbeeld stad, platteland, klein, medium en makro gemeentes) sal ook aandag geniet.

Die Kategese taakspan van die Algemene Sinode se boekie “Geloofsvorming herontwerp” beskryf 12 bakens vir geloofsvorming wat as subtemas vir die gesprekke sal dien. Daar sal ook deurgaans saam gesoek word na “best practices” wat jou gemeente kan help om effektiewe geloofsvorming te fasiliteer.

Julle gaan dus saam na die volgende aspekte kyk:

  • Teologiese grondbeginsels en Bybelse perspektief vir geloofsvorming
  • Die uitdagings vir kategese en geloofsvorming vandag
  • Leidrade wat die nuutste navorsing vir ons gee
  • Kategese as deel van ʼn groter jeugbediening-strategie
  • Kontekstuele toepassing
  • Nadenke oor belydenisaflegging
  • Die proses van dissipelskap en mentorskap
  • Kategese materiaal keuse
  • Ouers se betrokkenheid en rol

Om in te skryf:

Vul die inskrywingsvorm in wat jy hier kan kry: VBO1- Kategese vir die Volgende Generasie

en epos dit dan na Wilma

Doen dit asb vóór 24 Januarie!!

 

 

Saam Verder Geluister – Kleingroepmateriaal vir Woord en Lewe

Written by webmaster on . Posted in Kleingroepe

Totsiens, José!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Personeel, Personeel-funksies

Ons groet

José

van die

Jeugkantoor

Vandag het ons afskeid geneem van José Layman, die vriendelike stem van die Jeugkantoor by Communitas. José gaan eers ‘n sabbatstydperk neem waarin sy kan rus en meer aandag kan gee aan haarself, haar gesin wat haar so na aan die hart lê, en haar sang as deel van die Libertaskoor, haar ander groot passie in die lewe.

Anriëtte de Ridder het haar afskeidsboodskap aan José gekoppel aan José se naam, en spesifiek verwys na José se karakter as

  • Jesus-volgeling – wat sy met haar lewe en haar sang uitleef,
  • Opregtheid – in haar belangstelling in ander,
  • Standvastigheid – die rots in haar familie – en
  • Entoesiasme, die manier waarop sy almal verwelkom het en elke taak met ywer aangepak het.

José, geniet die ruskans, en sterkte met die nuwe pad wat jy vroeg in die nuwe jaar in ‘n nuwe loopbaan gaan aanpak.

Ons gaan jou mis!

Vlnr: Adrienne Bester, Amanda van Niekerk, Divine Robertson, Julia Daniels, José, Susan Marais, Sonia van Rooyen José en Anriëtte de Ridder, PSD Jeug- en Familiebediening

 

 

 

 

UIT ‘N ANDER HOEK

Written by webmaster on . Posted in Jeug en familie, KIX-KOM

 

‘n Nuwe jaar… nuwe dinge… nuwe idees… nuwe moontlikhede… nuwe inspirasie en nuwe motivering. Ook vir ons betrokkenheid by Kix en Sonstraaltjies. Mag die inspirasie van die Heilige Gees jou vanjaar help om toegewyd te wees in jou bediening aan die jeug. Hulle is immers ons toekoms.

Die Kix-pirasie (‘n Kix-nuutskepping van Kix en inspirasie) onderaan hierdie bladsy kan gebruik word aan die begin van elke kwartaal om leiers/leidsters toe te rus.

Nadat ons die afgelope drie jaar die Bybel chronologies deurgewerk het met “God se groot storie met die mens”, het ons vanjaar egter ‘n nuwe invalshoek. In die eerste kwartaal (hierdie uitgawe van Kix.Kom) kyk ons na Vreemde Vroue stories; in die tweede kwartaal gaan ons hoor van ‘n Paar Prettige Profete stories; in die derde kwartaal hoor ons ‘n klompie Snaakse Dierestories en  in die laaste kwartaal kyk ons na ‘n paar Crazy Kinderstories. Klink interessant, nè?

Vanjaar gaan ons ver, ja regtig baie ver, betrokke wees met ons projek. Die Japan Sending is ‘n organisasie van ons kerk wat al lank betrokke is in Japan. Deur ons projek “Jesus vir Japan” wil ons saam met hulle veral uitreik na die jeug van Japan. In ons projekles is baie inligting asook die fondsinsamelingsmetode. Verder is daar by elke ontmoeting eers ‘n stukkie “spioentyd” waar ons meer oor Japan uitvind op ‘n baie interessante manier.

Indien jy nuut is by Kix of Sonstraaltjies en enigiets wil weet, skakel gerus José, ons vriendelike sekretaresse in die Jeugkantoor of ds. Anriëtte de Ridder (021 808 9050).

Ons nooi jou nou al uit na ons groot Kinderbedieningskonferensie “Toegerus vir die Toekoms” op 11 en 12 September 2018. Hierdie is die een geleentheid vanjaar wat jy nie mag misloop nie! Teken solank die datums in jou dagboek aan; ons sal in volgende kwartaal se Kix.Kom al die inligting hê.

Mag die Here jou in 2018 op ‘n besondere manier gebruik in die kinderbediening!

Jeugkantoor info:

e-pos: jeug@sun.ac.za

telefoon: 021 808 9050

VBO-Program 2018

Written by Wilma le Roux on . Posted in Communitas Inligting, VBO, Vennote

VBO-

Programboekie

2018

is beskikbaar!

Ons bied met trots ons VBO-program vir die volgende jaar aan vir elke predikant, proponent, jeugwerker, kerkwerker of gewone lidmaat wat ‘n behoefte daaraan het om toegerus te word om al hoe meer te lewe vir Christus en sy kerk.
Om die VBO boekie met inligting oor kursusse en konferensies wat by Communitas en ons vennote plaasvind, af te laai, kliek hier:  VBO-boekie 2018Fin