Vroeëkindontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Elke kind het die reg op die beste moontlike begin in die lewe…

Navorsing het bewys dat die vroeë kinderjare die kritiese periode is vir die kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat dan die grondslag vorm vir die kind in sy jeug en latere volwasse lewe. Om kinders met sosiale, emosionele en taalvaardighede toe te rus wanneer hulle nog jonk is, help hulle om uitdagings en stres later beter te hanteer.

Vanaf geboorte tot en met die ouderdom van 7jaar is dit die periode van vinnige ontwikkeling op fisiese, geestelike, verstandelike, emosionele en morele gebied. Die vroeë jare in ‘n kind se lewe is die tyd wanneer hy begrippe, vaardighede en houdings aanleer wat die grondslag lewer vir lewenslange groei en ontwikkeling.

Diaconia in samewerking met Communitas (Sean Esterhuizen en Nioma Venter) bied op 15 – 17 April 2019 ‘n kursus aan in Vroeëkindontwikkeling – juis as ‘n missionale geleentheid om armoede in ons gemeenskappe aan te spreek.

  • Jy sal blootgestel word aan belangrike kennis en insigte rondom Vroeë Kind Ontwikkeling,
  • jy sal geleentheid kry om goeie implementerings idees te ontwikkel oor wat om te doen rondom Vroeë Kind Ontwikkeling in jou gemeente en omgewing,
  • plus jy sal blootgestel word aan ʼn uitstekende beplannings en implementerings metodiek, naamlik Ontwerp Denke wat jy met groot vrug in die bediening sal kan toepas.

Bring gerus lidmate saam om die kursus saam met jou te deurloop.

Die kursus sal definitiewe missionale bewegings en gewoontes uitwys, maar veral op praktiese implementeringsvoorstelle vir gemeentes en gemeenskappe fokus.

Vir’n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO-V11-Vroeëkind-ontwikkeling as missionale geleentheid om armoede in Suid Afrika aan te spreek

Vul in en stuur saam met jou betaalbewys na Wilma

Terapie vir kinders – hoe?

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, VBO

Speltegnieke

in

kinderpastoraat

Aanbieder: Siegfried Louw

Datum: 2-4 April 2019

Plek: Communitas, Stellenbosch

Kategete, jeugwerkers en onderwysers wil betrokke raak by die broses in die samelewing, maar sukkel soms met die wêreld van ʼn kind.

  • Kinders geniet nie “praat-terapie” nie, want hulle abstrakte denke is nog nie daar nie (die jongeres).

Kom skryf dus in vir hierdie kursus vir eenvoudige spelterapie-tegnieke met skoolgaande kinders (tieners ingesluit)

  • Speltegnieke gee aan ons die instrument om kinders se lewensvordering te fasiliteer, indien ʼn paar basiese beginsels gevolg word.
  • Gestalt speltegnieke word gebruik om kinders te bemagtig met selfstandigheid, verantwoordelikheid en volledige menswaardigheid. Die kind bly in beheer van sy/haar eie proses.

Na die kursus

  • Sal jy weet hoe om basiese speltegnieke in berading te benut.
  • Sal jy praktiese speltegnieke vir emosionele ontlonting kan gebruik. ʼn Verskeidenheid van mediums word gedek.
  • Drie spesifieke tegnieke word meer in detail hanteer: Die “Roosboomtegniek”, “Monstertegniek” en die hantering van drome/nagmerries in pastoraat.
  • Ons verwagting is dat jy van die kursus sal wegstap met ʼn gevoel dat jy iets konkreet kan gaan doen in jou omgewing.

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm VBO-V8-Speltegnieke in Kinderpastoraat

en stuur jou inskrywing tesame met jou betaalbewys na Wilma

 

  • Skryf GOU in, terwyl daar plek is, en voor of op 15 Maart.

 

 

 

 

Kix reik uit na Malawi (2017), Japan (2018) en Kenia (2019)

Written by webmeester on . Posted in Jeug en familie, KIX-KOM

Almal onthou die muntleggings wat die Kinderkrans (NG Kerk) gedoen het en die Kinderbond (VG Kerk) steeds doen ten bate van verskillende sendingaksies. Hierdie projekte het van kleintyd af vir ons bewus gemaak van die getuieniswerk wat dwarsoor die wêreld gedoen word. Sending is steeds ‘n belangrike doel van Kix en daarom het ons elke jaar ‘n uitreikprojek wat ons ondersteun.

Julle sal onthou dat die projek “Kix Koester Kinders” in 2017 die kerk se crèches in Malawi ondersteun het. Verlede jaar (2018) het Jesus vir Japandie kinders bewus gemaak van “Missie Japan”. Kix-groepe in 18 gemeentes het bygedra en daar is in totaal R55 342 ingesamel vir die kinderwerk in Japan!

Vanjaar (2019) is die projek se naam “Kix na Kenia” en dit is nog nie te laat om deel daarvan te raak nie. Daar is ‘n spesiale projekles in die eerste kwartaal van 2019 se kwartaalblad (ook op hierdie webtuiste) beskikbaar. Volg gerus die nuus hieroor op Facebook: Kix Kinderbediening.

Baie dankie vir elke bydrae, groot en klein. Dit is regtig wonderlik dat ons kinders reeds van kleins af harte ontwikkel vir die wêreldwye verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie.

Groete uit die Jeugkantoor

Ds Anriëtte de Ridder

Tweede kwartaal

Download English material

Kix 2019 vir Communitas website

Written by webmaster on . Posted in Jeug en familie, KIX-KOM

‘n Splinternuwe jaar, 2019, lê voor met splinternuwe Kix-ontmoetings.

Ons hooftema is “Op pad met Jesus” en ons kwartaaltemas Is:

  • Kwartaal 1: Dapper Dissipels
  • Kwartaal 2: Padlangs met Petrus
  • Kwartaal 3: Geheime van die Koninkryk
  • Kwartaal 4: Wonderlike Wonderwerke

Ons sien baie daarna uit om hierdie kwartaal nader kennis te maak met die dissipels van Jesus.
Ons wil ook graag hierdie jaar hoor waar en hoe Kix-ontmoetings oral gebruik word. Ons weet van Kix-groepe wat saam met sopkombuise gebeur. Ons hoor van Kix-groepe wat in kerksale plaasvind waar ‘n hele gemeenskap se kinders welkom is. Soms word Kix-materiaal gebruik in kategese of selfs deur predikante in die eredienste. Laat weet ons asseblief waar jy die materiaal gebruik om kinders aan Jesus en die Bybel voor te stel. Stuur sommer ‘n foto of ‘n video met ‘n kort getuienis na die Jeugkantoor wat ons kan deel.

‘n Belangrike deel van Kix is om kinders aan die groter wêreld bloot te stel. Hierdie jaar se sendingprojek fokus op die werk wat deur die kerk in Kenia gedoen word. Met ons projek “Kix na Kenia” gaan ons op safari! Gebruik die projekles, kaart en skuifstukkies wat julle kan aflaai op hierdie webtuiste om die kinders meer te leer en te motiveer oor die projek. Dankie vir almal wat gereeld aan die projek deelneem; dit sorg altyd vir groot opwinding onder die kinders!

My gebed vir jou is dat jy ook hierdie jaar sal groei as ‘n dissipel van Jesus!

Vriendelike groete,

Anriëtte de Ridder

Eerste kwartaal

Kix na Kenia

Download English material

Ons kyk terug na ‘n suksesvolle Kinderkonferensie

Written by webmaster on . Posted in Jeug en familie, KIX-KOM

Ons loop nog op die wolke na Kix se opwindende Kinderkonferensie op 11 en 12 September 2018. Baie Kix-leiers en ander kinderbediening-leiers uit alle denominasies is “Toegerus vir die Toekoms”. Ons is die Here baie dankbaar vir al die Kix-leiers wat getroue kinders van Jesus is en beter toegerus is vir hul bediening.

Videogrepe van die hoofsprekers se aanbiedings asook van ‘n paar werkswinkels wat aangebied is, sal binnekort op hierdie webtuiste beskikbaar wees.

Ons het ‘n baie bedrywige en geseënde jaar by Kix agter die rug! Vanjaar het die eerste Engelse vertalings van die Kix-ontmoetings die lig gesien. (Dit is op hierdie webtuiste beskikbaar.) Die “Jesus vir Japan”-projek het gesorg vir wonderlike kreatiewe ontmoetings en fondsinsamelings asook verdiepte verhoudings met ons vennote by Missie Japan.

Mag jy die laaste kwartaal van 2018 ook soos Paulus in 1 Timoteus 1:12 getuig: “Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel.”

Ons verwelkom Maryke Fourie in die Jeugkantoor. As ‘n jong oud-onderwyseres en langafstandatleet is ons seker sy het oorgenoeg kreatiwiteit, ervaring en energie vir die Jeugkantoor. Maryke, ons bid vir jou ‘n geseënde tyd toe in jou nuwe werksomgewing.

Waarna sien ons uit in 2019? ‘n Splinternuwe projek word aangepak, naamlik Kix na Kenia. Ontmoetings in Afrikaans en Engels word op die oomblik geskryf oor die dissipels, oor Petrus se lewe en oor Jesus se gelykenisse en wonderwerke. Ons visie is dat al hoe meer gemeentes en individue Kix.Kom sal gebruik om kinders in kerke, skole, nasorgsentrums en gemeenskapsale te bereik vir Jesus!

Vriendelike groete, Anriëtte de Ridder

Dokumente

Foto’s van die konferensie

Jaco Hamman – The Millenial Narrative

Written by bestera on . Posted in Jeug en familie, Leierskap, Millenails

JACO HAMMAN –THE MILLENIAL NARRATIVE

Communitas het nou ‘n eesrte kursus ook vir dominees wat ver van Stellenbosch woon, maar tog wil saam luister na aktuele onderwerpe. Die eerste hiervan is ‘n Dagkursus wat op 6 Augustus aangebied was en wat ons graag deel met almal wat wil saamdink oor die” Millenial Generasie.”

Prof Jaco Hamman, Professor in Teologie, Sielkunde en kultuur, Vanderbilt Teologiese Skool, Nashville, VSA se gesprek het gehandel oor: The Millenial Narrative.

Klik gerus op die skakels om na die Inleiding en Sessies 1-3 te luister. Indien jy belangstel om VBO punte te verdien, kyk na die video’s en skryf kortliks iets oor die volgende drie vrae:

  • Gee ‘n bondige beskrywing van dit waarin en waardeur millennials hulle onderskei van vorige generasies (Stil-generasie; Baby-boomers en Xers)
  • Wat is die uitdaging wat hierdie generasie aan jou bediening stel en watter slaggate moet liefs vermy word?
  • Met ‘n paar ‘pen-strepe’ – hoe sou só ‘n biediening in jou gemeente lyk?
E-pos jou terugvoer aan: Adrienne
en sy stuur dan die VBO kode aan.
Klik hier om na die sessies te kyk:
Intro –  https://youtu.be/YQlpyu4qpvkSessie 1 deel 1- https://youtu.be/d0ECuEdXIpI

Sessie 1 deel 2 – https://youtu.be/F4cq8GlBIuI

Sessie 2 Deel 1 – https://youtu.be/lEHgEMOlC9M

Sessie 2 Deel 2  – https://youtu.be/0z2qENbZueM

Sessie 3 – https://youtu.be/0SltrTC71h8

</div>