Toegerus vir die Toekoms

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kinderbediening, KIX-KOM, Konferensies, Tieners, VBO

KINDERKONFERENSIE

11 en 12 Sept 2018 NGK Kuilsrivier-Suid

Gemeente-predikante/pastore, jeugwerkers, kinderwerkers, kategete, Kix-leiers, kinderbond-leiers, kinderkerk-aanbieders, ouers of enige ander persoon wat belangstel in kinderbediening, word uitgenooi na die 2018 Kinderkonferensie wat aangebied word deur die Jeugkantoor van Communitas en Kix.

 

 

 

 

 

 

 

 

KYK TERUG OM TOEGERUS TE WEES VIR DIE TOEKOMS
Die fokus van die Kinderkonferensie is om almal wat met kinders werk op hoogte te bring met die globale, Suid-Afrikaanse en kerklike tendense wat ons werk met kinders beïnvloed. Luister na kundige sprekers wat gesels oor die toekoms, die kind se wêreld in skole, kinders se binnewêreld en die impak van tegnologie op ʼn kind. Ontmoet en netwerk met ander leiers in die veld van kinderbediening. Kry praktiese toerusting in ‘n wye verskeidenheid relevante en eietydse werkswinkels. Kom, word toegerus met kennis, vaardighede, hulpmiddels, en hope inspirasie!

 

 

 

 

 

 

Daar tree 4 hoofsprekers op, en dan word daar ook oor die twee dae 12 werkswinkeltemas aangebied. Elke deelnemer kan kies om twee werkswinkels per dag by te woon.

Hoofsprekers: 

Doris Viljoen, Senior Toekomskundige by die Instituut vir Toekomsnavorsing

Gert van der Merwe, predikant van Lynnwoodrif Gemeente in Pretoria en portefeulje-leier van ToekomsNou

Hugo Theron, kliniese sielkundige; kundige oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners

Siegfried Louw, predikant in Proteahoogte Gemeente, spelterapeut en lewensafrigter

Kliek hier vir meer oor die hoofsprekers: HOOFSPREKERS

Werkswinkeltemas: 

K1 : SKETSBORD TEGNIEKE
K2 : GEBRUIK BUIKSPRAAK IN JOU BEDIENING
K3: HOE BEGIN EK ’N KIX-GROEP IN ENIGE KONTEKS
K4: KREATIEWE GEBED MET KINDERS
K5: FASILITERING VAN ‘N GROEP
K6: HANTERING VAN BOELIE-GEDRAG
K7: DEPRESSIE ONDER KINDERS
K8 : GEWOONTES IN DIE HUIS
K9 : KINDERS EN MUSIEK
K10 : STORIEVERTEL TEGNIEKE
K11: LEEF JOU ROEPING UIT IN DIE SKOOL
K12 : GEBRUIK TEGNOLOGIE IN KINDERBEDIENING

Vir volledige detail oor elke werkswinkel, kliek hier: WERKSWINKEL ONDERWERPE

Om in te skryf, kliek hier vir die inligting en registrasievorm: REGISTRASIE BESONDERHEDE en REGISTRASIEVORM
Stuur jou voltooide registrasievorm na Maryke
Vir enige navrae kontak Maryke by 021-808 9050

Kom kuier en gesels prakties …

Written by Wilma le Roux on . Posted in Jeug en familie, Kursusse, Tieners, VBO

Tieners met Roeping! 

Het jy al ooit gewonder wat ‘n gepaste manier is om tieners bloot te stel aan nood?

Het jy al nagedink oor hoe jy deur jou jeugbediening jongmense kan beïnvloed om anders te dink oor die uitdagings van ons land?

Wil jy graag tieners (of ander mense) in jou plaaslike gemeente help om holisties en geïntegreerd te dink oor hulle eie roeping?

Dan is hierdie kursus vir jou!

Tieners met Roeping! 24 – 25 Jul 2018   Anriëtte de Ridder en Gielie Loubser (* Residensiële kursus = oorslaap 24 Jul)

Hierdie kursus gaan jou help hoe om tieners …

  • Bloot te stel aan ander kulture,
  • Bloot te stel aan die nood van ons land,
  • Toe te rus om holisties en verantwoordelik daaroor te dink
  • en te begelei

om volhoubare verhoudings te bou in ʼn gemeenskap en om relevant te leef in Suid Afrika met hul gawes!

Hierdie kursus sal jou help om na te dink oor “missionale jeugbediening” deur ‘n teoretiese raamwerk te bied, met relevante blootstelling, sodat integrasie kan plaasvind. Hierdie kursus kan tuis in plaaslike gemeentes deur die deelnemers met tieners of ander gemeentelede herhaal word.

Aanbieders:

Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie)

Gielie Loubser (PSD: Gemeentes)

Jaco Botha (PHD student wat navorsing doen oor Post-Koloniale Uitreik)

Gerhard Duvenhage en Zoleka Majola (JAM: Jabulani African Ministries)

Plek

Anathoth, Bottelary-pad

VBO punte:  20

Vir meer inligting kontak Wilma

Vir ‘n program, kliek hier:  Tieners met Roeping_Program

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO10 Tieners met Roeping
en stuur na Wilma vóór 18 Julie

Fuel 1.2

Written by Louisa Crafford on . Posted in Tieners

FUEL 1.2 vrygestel – Oplossing vir Tiener Byeenkomste!

Produk van Lifeway. Volg op Fuel 1.1. Pakket bestaan uit 3 CD’s en 2 DVD’s.

Dit kan vir 12 sessies gebruik word. Samestelling is so dat dit aangepas kan word vir verskillende behoeftes. Kan ook gebruik word vir selgroepe of tuis-Bybelstudie groepe.

Koste: R300 (posgeld uitgesluit). Bestel by: Jeugkantoor (Louisa) 021/9577199 of jeug@kaapkerk.co.za

Jeug FUEL

Written by Louisa Crafford on . Posted in Tieners

’n Oplossing vir Tiener byeenkomste : Fuel 1.1

Vir jare weet ons Tieners bly die moeilikste mark om materiaal voor te skep. Die Jeugkantoor het een produk wat kan help. Lifeway, ’n wonderlike reeks wat in SA kan werk.
“FUEL” ’n pakket met 3 CD’s en 2 DVD’s verskaf 12 byeenkomste elk met 3 verskillende produkte: 1.“The spark”, professionele video snit as inleiding. 2.“Fanning the Flame” ‘n sessie wat tieners self aanbied. 3. “Combustion” – die Bybel storie deur ’n teoloog aangebied. ’n Stel bestaan uit 3 CD’s en 2 DVD’s. Aankoop prys $149.95, maar ons het die regte bekom om dit vir R300 (posgeld uitgesluit) te verkoop in Suid-Afrika.Reaksie: “Fuel = ‘n uitstekende produk! Is daar ‘n vooruitsig dat die res van die Fuel-reeks bekom kan word?” Kontak Jeugkantoor 021/957 7199 of jeug@kaapkerk.co.za